DIE FEES VAN BASUINE

Die Fees van die Basuine is die vooruitskouing van al die Basuine. Dit is ‘n periode van tyd wat ‘n beginpunt van die Einde voorstel.  Dit gaan dus gepaard met die Dag van JaHUaH.

Daar was al verskeie sulke “dae” van JaHUaH, maar wat Israel betref is die oorsprong van die Dag van JaHUaH die Eksodus uit Egipte uit en die wonderbaarlike ingryping en bonatuurlike bevryding deur JaHUaH terwyl Hy met Farao en Egipte klaargespeel het.

Die basuine kom ons dan vir die eerste keer teë  by Sinai, nà die Uittog uit Egipte.  Die Basuin wat al harder en harder in Ex. 19… vergelyk dit met die sewe opeenvolgende basuine van Openbaring?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BROOD VAN DIE LEWE

Dat JaHUsha die Brood van die Lewe is, verwys na die Geestelike wat ons deelagtig word met die opstanding uit die dood.  Sy fisiese liggaam is “gesaai” sodat ‘n geestelike liggaam opgewek kon word. Netso het Matsah as brood getransformeer na Lechem as brood, soos wat die profetiese voorafverpakking van Deut. 16:3 dit illustreer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 8 Sabbat en Feeste volgens die Orde van Melegisèdek op ‘n “Nuwe en Lewende Wyse”

Wanneer die lig vir ons opgaan aangaande Messias JaHUsha sonder Torah, of die “Torah van Moses” sonder Messias JaHUsha dan gaan ‘n mens deur sekere stadiums van groei in hierdie Waarheid aangaande die realitiet van die Geestelike Koninkryk van die Hemel, teenoor die Letterlike Fisiese Israel wat daar was.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 9 Dit is beter om by JaHUaH te skuil as om op mense te vertrou

Paulus sê in 1 Kor. 5:8 “Laat ons dan feesvier (die “Moed” hou) …”.  Hierdie Poort in tyd om  met JaHUaH te ontmoet, is nog steeds op ons van toepassing. Word ons geroep om JaHUaH se “Moed” te hou as ‘n “Chag” volgens die “Torah van Moses” soos wat Judaïsme doen … of … word ons geroep om dit te hou op die Nuwe en Lewende Weg in Messias.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

JERIGO Deel 4 Die Transformasie van Jerigo as Maanstad na … die Jerigo van “Sy Aroma”

Josua is die boek waarin die Oorwinning van die Koninkryk van Elohiem uitgebeeld word.  Israel wat nou verlos was van die tirannie van Egipte bevind hulle nou onder die leierskap van Josua wat op pad is om hulle die Beloofde Land te land te laat inneem soos wat dit aan AbraHam beloof is.  Die manna was op die punt om op te hou en hulle as die Verbondsvolk van JaHUaH kom nou binne bereik van daardie beloftes wat aan die Vaders gedoen is, maar daar is ‘n probleem wat hulle dadelik in die gesig staar:  Die Land wat aan hulle beloof is word deur vyandige volke wat afgode aanbid bewoon.

Vir Vollediger PDF, kliek hier.