Ons het reeds gesien dat die Duisend jaar nie letterlik is nie, maar wel simbolies is van die tydperk tussen JaHUsha Messias se Eerste koms en Wederkoms.
Ons het ook reeds na die betekenis van die duisendjarige binding van “die ou duiwel en die Satan” gekyk (wat die Nuwe Testamentiese era van die verkondiging van die evangelie behels), maar ons het nog nie gekyk na dit wat gebeur wanneer hy weer losgelaat word nie (en dis nog toekomstig, hoewel die dekor al in ‘n baie groot mate opgestel is soos alreeds hierbo uitgewys is).
Die tyd wanneer “die duisend jaar voleindig is” is wanneer die hele tydperk van die Nuwe Testamentiese evangelie-verkondiging verby is. Die tyd daarvoor het dan uitgeloop.
Die totale verlossingsplan nl. die evangelie of “verborgenheid”, het dan sy klimaks bereik en dit raak dan tyd om “die oes te kom afsny” wat dit opgelewer het.
Dit word verduidelik in ‘n “Tussenspel-hoofstuk”, nl. Open. 10.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.
Kort Afrikaanse en Engelse Video-oorsig wat mekaar aanvul:
