EEN WEDERKOMS, VERSKILLENDE VISIOENE Open. 20:7 – 15 saamgelees met Open. 19:11 – 21

Hoe moet Open. 19 en Open. 20 se onderskeie “gevegte” geïnterpreteer word rakende die wederkoms? 

Is dit verskillende “gevegte” of is dit dieselfde gebeure?

Om hierdie vraag te antwoord moet mens eers uitklaar hoe Openbaring geskryf is en in watter verhouding dit met res van die Woord staan, want daar is verskillende opinies.

As mens stelselmatig die inligting in hierdie dokument noukeurig volg is die verwagting dat daar lig vir die leser sal opgaan oor die boek van Openbaring se samestelling.

JaHUsha het deur Johannes vir ons die wederkoms in al sy fasette kom wys.

Dit is ‘n donderslag in die natuur (die Seëls/Basuine), dit is die vernietiging van wêreldstelsels (Armageddon), dit is ‘n ryp oes wat bymekaargemaak word (Hoofstuk 14), dit is ‘n triomfantlike militêre oorwinning oor die dier (Hoofstuk 19), en laastens is dit die finale vernietiging van Satan tot by die wortel (Hoofstuk 20).

Die boek is letterlik: “Die Openbaarmaking van die Wederkoms van JaHUsha ons Messias”.

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

DIE GROOT VERSOENDAG, HEMELVAART EN DIE WEDERKOMS  (Open. 20 vervolg)

Die Hemelvaart en die Wederkoms van JaHUsha sluit baie mooi aan by die skaduwee van die Groot Versoendag in Lev. 16, sowel as by Open. 20:9 – 15 wat die Wederkoms betref.

Op die Groot Versoendag is dit die Hoëpriester wat bemiddeling vir die hele volk se sondes moes doen. Wanneer hy die Allerheiligste binnegegaan het, het hy wat die Volk betref “verdwyn”, soos wat JaHUsha verdwyn het terwyl Sy  dissipels nog staan en kyk het.

Die Hemelvaart was die oomblik toe JaHUsha (as ons Groot Hoëpriester) die hemelse Allerheiligste binnegegaan het as “Versoening vir ons”.

In die oë van die wêreld is Hy egter “weg”, maar Hy is besig om Hoëpriesterlike se diens vir ons te verrig in die hemelse Tabernakel.

As Hemelvaart die “binnegaan van die Allerheiligste” was, dan is die Wederkoms die “uitkom” daaruit, of dan die “verskyning” soos wat Aäron telkens uit die Allerheiligste gekom het terwyl die Volk in spanning vir hom gewag het.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

DIE ONTBINDING VAN SATAN EN GOG EN MAGOG SE OORLOG VAN MISLEIDING IN OPEN. 20

Ons het reeds gesien dat die Duisend jaar nie letterlik is nie, maar wel simbolies is van die tydperk tussen JaHUsha Messias se Eerste koms en Wederkoms. 

Ons het ook reeds na die betekenis van die duisendjarige binding van “die ou duiwel en die Satan” gekyk (wat die Nuwe Testamentiese era van die verkondiging van die evangelie behels), maar ons het nog nie gekyk na dit wat gebeur wanneer hy weer losgelaat word nie (en dis nog toekomstig, hoewel die dekor al in ‘n baie groot mate opgestel is soos alreeds hierbo uitgewys is).

Die tyd wanneer “die duisend jaar voleindig is” is wanneer die hele tydperk van die Nuwe Testamentiese evangelie-verkondiging verby is.  Die tyd daarvoor het dan uitgeloop.

Die totale verlossingsplan nl. die evangelie of “verborgenheid”, het dan sy klimaks bereik en dit raak dan tyd om “die oes te kom afsny” wat dit opgelewer het. 

Dit word verduidelik in ‘n “Tussenspel-hoofstuk”, nl. Open. 10.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse en Engelse Video-oorsig wat mekaar aanvul:

DIE EERSTE OPSTANDING EN TWEEDE DOOD VAN OPEN. 20

Open. 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. 

Dis die kosbare seën wat uitgespreek is in verband met die lees en hoor van Openbaring.

Hierdie seën word herhaal in Open. 22:7.  Kom ons gaan kyk dan waarheen lei hierdie saligspreking  ons i.v.m. die Eerste Opstanding en Tweede dood sodat ons dit in ons harte kan bewaar.

Die presiese frase ”eerste opstanding” kom woord-vir-woord in die hele Bybel slegs in Openbaring 20:4 – 6  voor.   Dit gaan gepaard met ‘n Tweede dood en ‘n Finale oordeel.

Soos ook met die ‘Duisend jaar’ in Open. 20 waarna ons reeds gekyk het, is daar twee verskillende sienings in verband met vers 5 en 6 se ‘eerste opstanding’ nl.

  • Die letterlike (fisiese) siening van Premillennianisme (Chiliasme),
  • Die simboliese (geestelike) siening van Amelliannisme en Postmillennialisme (Anti-chiliasme).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

BESINNING OOR DIE DUISEND JAAR

Ons kry die idee van ‘n tydperk van ‘n duisend jaar vanuit Openbaring 20.  Dit gaan gepaard met:

1) die bind en ontbind van die duiwel (vers 2 – 3),

2) die heerskappy van JaHUsha as Messias saam met die martelare (vers 4 – 6),

3) die eerste opstanding (vers 5 – 6),

4) Gog en Magog (vers 7 – 10) en

5) die Tweede dood (vers 6, 11 – 15)

INLEIDING

Om die duisend jaar te kan interpreteer moet mens verstaan hoe die agtergrond van die boek van Openbaring verband hou met die res van die Skrif.  Die eerste en laaste boeke van die Skrif (Genesis en Openbaring) word dikwels beskryf as die twee“boekstutte”van die Bybel.  Soos boekstutte aan die begin en einde van ’n ry boeke, hou hierdie twee boeke die hele Bybelse waarheid bymekaar.   

Daarom is daar vele direkte aspekte uit Genesis wat weer in Openbaring verskyn as spieëlbeelde.  Genesis wys vir ons hoe alles geskape was en toe “gebreek het”, terwyl Openbaring uitbeeld hoedat JaHUaH Elohiem alles weer herstel.  Mens kan die hele Bybel dan in ‘n neutedop sò opsom:

  1. Genesis:  Skepping en die sondeval
  2. Res van die Bybel:  JaHUaH Elohiem se plan van verlossing
  3. Openbaring:  Herstelling van alles

Openbaring as die laaste boekstut behels dan die einde en finale herstelvan alles nà ‘n lang voorafgaande stryd.  Dis egter ‘n apokaliptiese skrywe en daarom is dit uiters simbolies weens die baie beeldspraak.  Hierdie beeldspraak se betekenis moet dan vanuit die voorafgaande res van die Skrif gekry word, want soos hierbo gesien is dit nie losstaande nie.  

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse KI Video-oorsig:

SCOFIELD SE INTERPRETASIE VAN GOG EN MAGOG

Die gewilde siening oor wie Gog is, is afkomstig van C.I. Scofield se Refence Bible wat al baie herdruk is.

Dit verdeel die Bybel in dispensasies wat nie strook met die Waarheid van die Woord nie.

Voor Scofield was Darby die oorspronklike outeur van die hierdie ‘Stelsel van Dispensasies’.

Scofield se dispensasies loop hand aan hand met Sionisme.

Maar wat sê die Woord oor Gog en Magog en wat was die siening vòòr Scofield en Sionisme.

Hierdie dokument moet saam gelees word met die volgende dokumente:

Vir die Volledige PDf, kliek hier.

IS GEN. 15 SE GRONDGEBIED VIR EWIG

Gen. 15:18  Op dié dag het JaHUaH met Abram ‘n verbond gesluit en gesê:  Aan jou nageslag geeEk hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

Die evangelie in die Nuwe Testement rus op hierdie Verbond in Gen. 15 as ‘n fondasie en word dit dan ‘n “Ewige Verbond” genoem.  

Maar kom ons kyk na die woordjie ‘ewig’.  Dit is die Hebreeuse woord ‘olam’ en het nie altyd die betekenis van ‘n oneindigheid wat nooit ophou nie, maar dit  beteken heel partykeer ‘n langdurige tyd wat “buite sig” is, in ander woorde: ‘n onbepaalde lang tyd. 

Orals waar ‘Olam’ gebruik is, beteken dit dan nie noodwendig bloot ‘oneindigheid’ nie.    As iets wel oorgedra is vanuit die O.T. na die N.T., ja dan is dit wel ter sprake.  As dit nie oorgedra is nie, dan word daardie aspek in die N.T. egter geestelik vervul, soos hier met die geografiese gebied wat aan Abraham en sy nageslag belowe is.

In die Nuwe Testament sien ons dat die fokus  vanaf ‘n geografiese gebied verskuif het na …. ‘n Persoon, nl. JaHUsha Messias en Hy het die Hemelse koninkryk verkondig … nie die aardse nie.  Die Koninkryk van die Hemel is geestelik, net soos wat die “sterre van die hemel”-nageslag geestelik is.  Die dissipels het gesukkel om dit te verstaan.

Vir Volledig PDF, kliek hier.

LUISTER NA DIE STEM VAN DIE WOORDE VAN JAHUAH

1 Sam. 15:1 … luister dan nou na die stem van die woorde van JaHUaH. (1953 Afrikaanse Vertaling)

Hierdie vers is nie in alle vertalings so direk uit die oorspronklike Hebreeus vertaal nie. 

Baie vertalings laat een spesifieke woord uit, dan sê dit net ‘luister na die woorde van JaHUaH’ en dit sê nie spesifiek: ‘na die stem van die woorde’ nie, maar ‘die stem’-gedeeltekan nie sommer net uitgelaat word nie. 

Ons gaan dan so ‘n bietjie nader na ‘n paar spesifieke woorde moet kyk.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BET-EL (Huis van El) – skematiese uitbeelding

Volgens Heb. 3:1 – 6 is daar ‘n onderskeid tussen die Huis van Moses en die Huis van die Seun.

Bet-El beteken ‘Huis van El’.   

In die meegaande skets word daar uitgebeeld hoedat die ‘Huis van El’ onderskeidelik eers die Huis van Moses was totdat die Huis van die Seun gemanifesteer het met die koms van JaHUsha Messias.  

Tog het dit in die Paradys begin en eindig dit weer in die Paradys volgens Open. 21 – 22.

Dit word stap vir stap uitgebeeld in ‘n skematiese uitbeelding van die Huis van Elohiem, saam met verduidelikende aantekeninge.

Vir Volledige PDF, kliek hier.