THE BOOK OF DANIEL: THE PROPHECY THAT GAVE THE EXACT YEAR OF THE MESSIAH

The Book of Daniel contains a prophecy most people have never examined carefully — and it gives a specific number of years, from a specific historical decree, to the arrival of a specific person.

When you run the math, it lands on the exact generation of YaHUsha of Nazareth.

In this video, we walk through Daniel chapter 9, verses 24–27 — the prophecy of the 70 Weeks — line by line, in the original Hebrew.

We trace the timeline from the decree to rebuild Jerusalem under Artaxerxes in 445 BC, through 483 prophetic years, to the moment YaHUsha rode into Jerusalem.

We examine why ancient rabbis tried to stop people from reading it, why the Dead Sea Scrolls contain more copies of Daniel than almost any other book, and what the phrase “cut off, but not for himself” reveals about the nature of the Messiah’s death — written five centuries before the cross.

If you’ve heard the story of Daniel but never looked at the numbers, this is where it gets real.

Made with AI.  Sounds or visuals were altered or fully generated.

A video by: deepmadesimple.

THE FIRST RESURRECTION AND SECOND DEATH OF REV. 20

The exact phrase “first resurrection” occurs word-for-word in the entire Bible only in Rev. 20:4 – 6. This is accompanied by a Second Death and a Final Judgment .

As with the ‘thousand years’ in Rev. 20 which we have already looked at, there are two different views in relation to the ‘first resurrection’ of verses 5 and 6, namely …

  1. The literal (physical) view of Premillennialism (Chiliasm),
  2. The symbolic (spiritual) view of Amillennialism and Postmillennialism (Anti-Chiliasm)

For Full PDF, click here.

For a Deep Dive Podcast on this document, click here.

A Short Video overview:

DIE EERSTE OPSTANDING EN TWEEDE DOOD VAN OPEN. 20

Open. 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. 

Dis die kosbare seën wat uitgespreek is in verband met die lees en hoor van Openbaring.

Hierdie seën word herhaal in Open. 22:7.  Kom ons gaan kyk dan waarheen lei hierdie saligspreking  ons i.v.m. die Eerste Opstanding en Tweede dood sodat ons dit in ons harte kan bewaar.

Die presiese frase ”eerste opstanding” kom woord-vir-woord in die hele Bybel slegs in Openbaring 20:4 – 6  voor.   Dit gaan gepaard met ‘n Tweede dood en ‘n Finale oordeel.

Soos ook met die ‘Duisend jaar’ in Open. 20 waarna ons reeds gekyk het, is daar twee verskillende sienings in verband met vers 5 en 6 se ‘eerste opstanding’ nl.

  • Die letterlike (fisiese) siening van Premillennianisme (Chiliasme),
  • Die simboliese (geestelike) siening van Amelliannisme en Postmillennialisme (Anti-chiliasme).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

DIE NEIGING OM PAULUS EN HEBREËRS TE BEVRAAGTEKEN

Wanneer mense in aanraking kom met die leringe van die Hebreeuse wortels, is dit nie te lank nie voordat een of ander leermeester aan daardie kant hulle doelbewus of subtiel gaan probeer wegkry van die fundamentele boeke van Paulus asook Hebreërs ens. totdat mens naderhand aan die anderkant uitkom met so te sê geen Nuwe Testament nie. 

So word mens se geloof in JaHUsha as Messias boek vir boek stelselmatig weggekalwe.  Die rede daarvoor is dat die onderhouding van die wette van Moses (die Levietese wette) deur hulle groter gemaak word as JaHUsha en Sy gebooie, so sonder dat mens dit aanvanklik  regtig agterkom en hierdie boeke weerlê juis die lering van die Levities-georiënteerde Hebreeuse wortels baie uitdruklik. 

Vir die Volledige PDF, kliek hier:

YAHUSHA BEFORE GENESIS – WHERE WAS HE BEFORE THE WORLD WAS MADE

Where was YaHUsha before the world began?

Before Bethlehem, before Genesis, before “Let there be light” — YaHUsha already existed.

Not waiting. Not wondering. Ruling. Loving. Creating. Choosing.

In this powerful journey through Scripture and eternity, discover what the Bible really says about Messiah’s existence before time — and what it means for your life today.

Watch now this video of ‘The Living Gospel’.

DIE BOEK VAN MELEÁGI: AGTERGROND EN PROFESIE

Die skrywer is onbekend.  Die naam beteken:  ‘My Boodskapper’.

Die boek is ‘n dialoog tussen JaHUaH en Israel.  Dis ‘n ernstige vermaning om terug te keer na die Verbond.  Dis ook ‘n belofte van die Messias wat sal kom, asook van die Voorloper van Messias nl. Johannes die Doper.

Dis ook ‘n belangrike laaste Ou Testamentiese profesie oor 70 n.C. se verbranding van Jerusalem en die Tempel as die einde van fisiese Israel.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE GOEIE HERDER

Deur Homself die Goeie Herder te noem het JaHUsha Homself as die Verlosser van Israel verklaar. 

Alhoewel die titel “Goeie Herder” net in die Nuwe Testament gevind word, het JaHUsha doelbewus uitgereik na die Ou Testament met hierdie woorde toe Hy besig was om in die teenwoordigheid van Sy dissipels met die Fariseërs te praat. 

Hy wou hulle laat verstaan dat Hy die Messias is waarvan die Ou Testamentiese skrifte geprofeteer het, maar die Fariseërs het Hom nie geglo nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE GOOD SHEPHERD

By calling Himself the Good Shepherd, YaHUsha declared Himself the Saviour of Israel. 

Although the title “Good Shepherd” is only found in the New Testament, YaHUsha deliberately reached out to the Old Testament with these words when He was talking to the Pharisees in the presence of His disciples. 

He wanted them to understand that He is the Messiah of whom the Old Testament scriptures prophesied, but the Pharisees did not believe Him.

For Full PDF, click here.

DIE PAD VANAF MITZRAYIM (Egipte) NA YERUSHALAYIM (Jerusalem)

Ons geestelike reis is ook vanaf ‘n Egipte na ‘n Jerusalem, daarom die ooreenkoms in die Hebreeuse name van Egipte en Jerusalem.  Die Hebreeuse woord vir Egipte is “Mitzrayim”.

Die uitgange van beide “Mitzrayim” en “Yerushalayim” is “-ayim”.  Dit is die grammatikale “dual”-uitgang in Hebreeus, wat aandui dat iets “dubbeld” is, bv. …..

As in previous periods, the dual marker in Modern Hebrew is the ending יים- -áyim, which indicates the component ‘two’. It occurs in newly formed common nouns like מספרייםmisparayim ‘scissors’, מכנסיים mix̱nasayim ‘trousers, משקפיים mišqafayim ‘(eye) glasses’, אופנייםʾofanayim ‘bicycle’. Many of these newly formed nouns are pluralia tantum, some of which are formed in miCCaCayim pattern. A few place names are also formed in the same way, e.g., גבעתייםgivʿatayim ‘(having) two hills’, בארותיים beʾerotayim ‘(having) two wells’, as in the past (Schwarzwald 1996)

Die uitgange van die name “Mitzrayim” en “Yerushalayim” dui dus aan dat dit plekke is wat tweeledig is, omdat daar ‘n aardse Egipte en Jerusalem sowel as ‘n geestelike Egipte en Jerusalem is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BOAS EN RUT

Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis.  Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense.  Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens. 

Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing.  Hulle verhaal is eenvoudig.  Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem.  Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het.   Opgesom is die verhaal as volg …

Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem.  Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem.  Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan.  Naomi het bitter en gestroop teruggekeer.  Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk.  Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het.  Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het.  JaHUsha, ons Losser,  is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.

Die name in die boek van Rut is veelseggend.

Vir Volledige PDF, kliek hier.