DIE GROOT VERSOENDAG, HEMELVAART EN DIE WEDERKOMS  (Open. 20 vervolg)

Die Hemelvaart en die Wederkoms van JaHUsha sluit baie mooi aan by die skaduwee van die Groot Versoendag in Lev. 16, sowel as by Open. 20:9 – 15 wat die Wederkoms betref.

Op die Groot Versoendag is dit die Hoëpriester wat bemiddeling vir die hele volk se sondes moes doen. Wanneer hy die Allerheiligste binnegegaan het, het hy wat die Volk betref “verdwyn”, soos wat JaHUsha verdwyn het terwyl Sy  dissipels nog staan en kyk het.

Die Hemelvaart was die oomblik toe JaHUsha (as ons Groot Hoëpriester) die hemelse Allerheiligste binnegegaan het as “Versoening vir ons”.

In die oë van die wêreld is Hy egter “weg”, maar Hy is besig om Hoëpriesterlike se diens vir ons te verrig in die hemelse Tabernakel.

As Hemelvaart die “binnegaan van die Allerheiligste” was, dan is die Wederkoms die “uitkom” daaruit, of dan die “verskyning” soos wat Aäron telkens uit die Allerheiligste gekom het terwyl die Volk in spanning vir hom gewag het.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

DIE ONTBINDING VAN SATAN EN GOG EN MAGOG SE OORLOG VAN MISLEIDING IN OPEN. 20

Ons het reeds gesien dat die Duisend jaar nie letterlik is nie, maar wel simbolies is van die tydperk tussen JaHUsha Messias se Eerste koms en Wederkoms. 

Ons het ook reeds na die betekenis van die duisendjarige binding van “die ou duiwel en die Satan” gekyk (wat die Nuwe Testamentiese era van die verkondiging van die evangelie behels), maar ons het nog nie gekyk na dit wat gebeur wanneer hy weer losgelaat word nie (en dis nog toekomstig, hoewel die dekor al in ‘n baie groot mate opgestel is soos alreeds hierbo uitgewys is).

Die tyd wanneer “die duisend jaar voleindig is” is wanneer die hele tydperk van die Nuwe Testamentiese evangelie-verkondiging verby is.  Die tyd daarvoor het dan uitgeloop.

Die totale verlossingsplan nl. die evangelie of “verborgenheid”, het dan sy klimaks bereik en dit raak dan tyd om “die oes te kom afsny” wat dit opgelewer het. 

Dit word verduidelik in ‘n “Tussenspel-hoofstuk”, nl. Open. 10.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse en Engelse Video-oorsig wat mekaar aanvul:

THE UNBINDING OF SATAN AND THE GOG AND MAGOG WAR OF DECEPTION IN REVELATION 20

We have already seen that the thousand years are not literal, but rather symbolic of the period between the First Coming and the Second Coming of YaHUsha Messiah.  

We have also examined the meaning of the thousand-year binding of “the old devil and Satan” (which encompasses the New Testament’s era of the proclamation of the gospel), but we have not yet looked at what happens when he is released again (an event that still lies in the future, although the stage has already been largely set, as previously pointed out).

The time when “the thousand years are completed” is the moment the entire period of New Testament gospel proclamation comes to an end.  The time allotted for it has then run out.

The entire plan of salvation — namely, the gospel or “mystery”, will have thus reached its climax and the time has come to “reap the harvest” it has produced.  

This is explained in another “interlude chapter,” namely Revelation 10.

For Full PDF, click here.

For a Deep Dive Podcast on this document, click here.

The following video is a short summary of the document as generated by AI.

THE BOOK OF DANIEL: THE PROPHECY THAT GAVE THE EXACT YEAR OF THE MESSIAH

The Book of Daniel contains a prophecy most people have never examined carefully — and it gives a specific number of years, from a specific historical decree, to the arrival of a specific person.

When you run the math, it lands on the exact generation of YaHUsha of Nazareth.

In this video, we walk through Daniel chapter 9, verses 24–27 — the prophecy of the 70 Weeks — line by line, in the original Hebrew.

We trace the timeline from the decree to rebuild Jerusalem under Artaxerxes in 445 BC, through 483 prophetic years, to the moment YaHUsha rode into Jerusalem.

We examine why ancient rabbis tried to stop people from reading it, why the Dead Sea Scrolls contain more copies of Daniel than almost any other book, and what the phrase “cut off, but not for himself” reveals about the nature of the Messiah’s death — written five centuries before the cross.

If you’ve heard the story of Daniel but never looked at the numbers, this is where it gets real.

Made with AI.  Sounds or visuals were altered or fully generated.

A video by: deepmadesimple.

GOG VAN DIE LAND MAGOG, DIE HOOFLEIER VAN MESEG EN TUBAL – ESEG. 38 – 39

Die profesie in Eseg. 38 en 39 word baie uitgedaag in moderne tye.

 As ‘n baie kort opsomming van die boek kan gesê word dat die kern van die boek Esegiël handel oor die meer as een keer se vernietiging van die tempel (Salomo s’n, Herodus s’n …. asook die aanslag op die Hemelse Tabernakel).       

Met die eerste verwoesting van Jerusalem en Salomo se tempel (586 v.C.), was Vernietiger nog nie ‘Gog’ genoem nie..

Profetiese Gog is wel aanwesig m.b.t die vernietiging van Jerusalem en die herboude tempel (wat Herodus gemoderniseer het), sodat dit ‘n finale einde kon bring aan die Ou Testamentiese era, wat in 70 n.C. was.

Profetiese Gog se laaste aanslag is dan op die Nuwe Jerusalem en die Hemelse Tempel/Tabernakel van die Koninkryk van die Hemel (2 Thess. 2:1 – 4) wat betrekking het op die naderende einde van ons huidige era. 

Dat Gog se betrokkenheid in verband met beide die Ou Testamentiese era en Nuwe Testamentiese era se eindes is, word ook bevestig in JaHUsha se profetiese rede in Matt. 24 toe die dissipels vir Hom twee vrae gevra het en hy dit so beantwoord het dat dit onderskeidelik op beide van die twee verskillende eras se eindes dui.

Esegiël se profesie is dus dubbeld gelaag, maar die neiging is om net aan ons era te dink wanneer Gog geïnterpreteer word, daarom benodig ons meer lig in verband met die interpretasie met betrekking tot beide eras.

Om die Ou Testamentiese Era van 70 n.C. net te ignoreer, lei tot ‘n misleidende persepsie wat ongelukkig veroorsaak dat ons saam met Gog werk om vir hom ‘n pad gebaan te kry in ons era.

Vir die Volledig PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Lees hierdie dokument saam met: SCOFIELD SE INTERPRETASIE VAN GOG EN MAGOG

Die volgende video is ‘n kort opsomming van die dokument soos deur KI gegenereer.

                      GOG VAN DIE LAND MAGOG

JOHN NELSON DARBY EN DIE GEHEIME WEGRAPING

Die doktrine van die geheime wegraping was nie van altyd af in plek nie.  John Nelson Darby (1800 – 1882) het dit in 1830 in die kerk ingebring wat gedurende die era was toe daar ander kultusse ook tot stand gekom het (1830 – 1880).

Die 70 weke in Dan. 9 is ‘n aaneenlopende tydperk, maar Premillenianisme onderbreek die lyn net nà week 69 en voeg dan ‘n “tydelike dispensasie van die kerk” daarin. 

Diè “tydelike kerkdispensasie” bestaan volgens hulle gelyktydig te same met fisiese Israel en word dus onderskei van mekaar om sodoende nog steeds plek vir die bestaan van ‘n fisiese Israel te maak.  Die 70e jaarweek gaan (volgens hulle) eers weer aan wanneer die geheime wegraping sal plaasvind tesame met ‘n Antichris wat op die aarde gaan verskyn.  Maar is dit alles waar?

Premillenialisme maak asof die gemeente van JaHUsha (die kerk) iets is wat later “bygevoeg” is (soos ‘n nagedagte) as ‘n “tydelike substituut” asof JaHUsha “nie Sy koninkryk gevestig kon kry nie toe Hy gekom het nie” en asof Hy nie geweet het dat dit sou gebeur nie, en toe die kerkperiode tydelik geïmplimenteer het.  Dis alles vals en ‘n verloëning van die Skrif. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.

Kort Afrikaanse Video-oorsig:

DIE SEWENTIG WEKE VAN DANIËL

Soos hierdie gedeelte in Dan. 9:24 – 27 oor die algemeen vandag deur teoloë (veral in Evangeliese kerke wat fokus op die Wederkoms) verklaar word (veral die 70e jaarweek), is dit uiters misleidend, en diè misleiding het sy oorsprong in Judaisme se eskatologie.   Die profetiese woord word vandag verklaar ten gunste van hulle wat glo dat hulle messias nog moet kom (Judaïsme), terwyl Messias JaHUsha alreeds gekom het.  Nog kom, alreeds gekom … daar lê die verskil.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DANIËL 9:24 – 27 Vers 27 (70e week) Skematies opgesom

Die 70e jaarweek se helfte van die week behels “Tyd, tye en ‘n halwe tyd” wat die VERDRUKKING VAN GELOWIGES (as verteenwoordigers van JHUH/JHUsha) simboliseer, bv. die Profete/Dissipels in die O.T. en N.T. wat vervolg is.

Hierdie skematiese opsomming lig ook die interpretasie van ‘n “geheimsinnige” wegraping voor ‘n “Groot Verdrukking” onder ‘n “toekomstige Antichris” uit wat deur Darby en Scofield die lig gesien het, maar is dit reg?

Dokumente wat hiermee saam gelees moet word, is: TYD, TYE EN ‘N HALWE TYD, DIE ELFDE HORING, THE DAN. 9:25 – 27 PROPHECY

Vir Volledige PDF, kliek hier.

NIMROD, BABEL AND THE BEAST

We read in Scripture about the Beast with the seven heads and from them spring the different horns.

It is interesting that prophecy portrays Babylon as a “beast” in Daniel and in Revelation. Nebuchadnezzar as the king of Babylon became like a beast because he did not honour YaHUaH.

For Full PDF, click here.

DIE ELFDE HORING

Noudat ons gekyk het wie moontlik as die Tien Horings geïdentifiseer kan word, kom die volgende vraag na vore:  Wie of wat is die “Elfde Horing”?

Dit laat ons vanselfsprekend aan die Antichris dink, maar dadelik moet ons waarsku dat ’n mens moet oppas om nie wilde voorspellings te maak nie. Die antichris is al oral gesoek in die Westerse lande, sowel as in Rusland en China.

As die Elfde horing vir ons era kan die Antichris of dan die Seun van die Verderf van 2 Thess. 2, beide ‘n Staat met sy mense asook diè staat se politieke en/of geestelike leier op ‘n gegewe tydstip wees.

Vir Volledige PDF, kliek hier.