Open. 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Dis die kosbare seën wat uitgespreek is in verband met die lees en hoor van Openbaring.
Hierdie seën word herhaal in Open. 22:7. Kom ons gaan kyk dan waarheen lei hierdie saligspreking ons i.v.m. die Eerste Opstanding en Tweede dood sodat ons dit in ons harte kan bewaar.
Die presiese frase ”eerste opstanding” kom woord-vir-woord in die hele Bybel slegs in Openbaring 20:4 – 6 voor. Dit gaan gepaard met ‘n Tweede dood en ‘n Finale oordeel.
Soos ook met die ‘Duisend jaar’ in Open. 20 waarna ons reeds gekyk het, is daar twee verskillende sienings in verband met vers 5 en 6 se ‘eerste opstanding’ nl.
- Die letterlike (fisiese) siening van Premillennianisme (Chiliasme),
- Die simboliese (geestelike) siening van Amelliannisme en Postmillennialisme (Anti-chiliasme).
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Vir ‘n “Deep Dive” Potgooi, kliek hier.
Kort Afrikaanse Video-oorsig:
