Gal. 5:22 – 23 But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, forbearance, kindness, goodness, faithfulness, gentleness and self-control. Against such things there is no law.
For Full PDF, click here.
Gal. 5:22 – 23 But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, forbearance, kindness, goodness, faithfulness, gentleness and self-control. Against such things there is no law.
For Full PDF, click here.
In Hand. 2 lees ons van die uitstorting van die Afgesonderde Gees toe die dissipels toegerus was met verskillende tale om die goeie nuus aangaande JaHUsha aan die mense daar teenwoordig te kon vertel in elkeen se eie taal. Drome en gesigte is ook soos ‘n “taal” waardeur die Gees met mens kommunikeer en Petrus het die profeet Joël aangehaal toe hy aan die mense wou verduidelik het wat gaande was.
Weens Hand. 2:16 – 18 het drome en gesigte ook op ons as Geestelike Israel betrekking. Deur drome kan ons dikwels instruksies vanaf JaHUaH kry. Ons kan ook gewys word op ons foute of gewaarsku word wanneer ons op ‘n verkeerde pad is en wat die beste manier is om vorentoe te beweeg van daar af (Job 33:16). ‘n Droom kan deur JaHUaH gebruik word om ‘n dieper indruk van Sy wil te maak, soos wanneer ‘n seël of iets dergeliks in was gedruk word om ‘n afdruk te maak (Job 33:16).
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Vir drie en ‘n half jaar was JaHUsha en Sy dissipels meestal die hele tyd bymekaar. Voordat Hy van hulle weggeneem sou word, het Hy hulle veral nader aan die tyd begin voorberei vir wanneer Hy nie meer daar sal wees nie en hulle belowe dat Hy vir hulle “die Helper” sal stuur.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Vyftig dae nàdat die Eerstelinggerf van gars gewuif is moes die Fees van weke gevier word deur o.a. twee gesuurde brode as Eerstevrugte te wuif in die tyd van die koringoes. As die einde van die garsoes dus in sig is, dan is die oes van die koring die volgende fokus en daarvoor moet hulle 7 weke aftel (49 dae) en die dag nà die 49e dag word die Fees van Weke dan gevier as ‘n sabbat op die vyftigste dag. Ons kyk in hierdie studie wat die profetiese betekenis van die vyftigste dag is.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
In hierdie studie oor die Ewige Verbond gaan ons eers na Hebreërs in die Nuwe Testament, dan na Abraham in die Torah en dan na Daniël se sewetalle of “shavuot” wat soos ‘n brug tussen die twee funksioneer.
Abraham en Daniël 9 het iets belangriks in gemeen met betrekking tot JaHUsha as die Geslagte Lam wat soos ‘n Bersèba vir ons is.
Ons moet in die Woord grawe om diè Put van lewende water te ontdek.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Die Boom van die Lewe is bonatuurlik en simbolies veelsydig en die Woord sê dan nie direk dat dit van ‘n spesifieke spesie was nie. So is daar verskeie soorte bome in die Skrif wat binne hulle eie konteks elkeen die Boom van die Lewe kan simboliseer waarvan die Amandelboom die een is wat vir ons in hierdie studie die boom van fokus is.
Dit word duideliker dat amandels simbolies is van die vooruitsien of hoop op die Opstanding uit die dood en die Ewige Lewe, iets wat net moontlik is as ons kan “eet” van die Boom van die Lewe.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Om Shavuot te verstaan moet ons heeltemal teruggaan na die Aartsvaders in Genesis en sien hoedat dit opbouend ‘n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22.
Vir PDF, kliek hier.
Dat JaHUsha die Brood van die Lewe is, verwys na die Geestelike wat ons deelagtig word met die opstanding uit die dood. Sy fisiese liggaam is “gesaai” sodat ‘n geestelike liggaam opgewek kon word. Netso het Matsah as brood getransformeer na Lechem as brood, soos wat die profetiese voorafverpakking van Deut. 16:3 dit illustreer.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Die beeld wat ons van suurdeeg het is oor die algemeen dat dit iets is wat negatief is, soos “sonde”, en dit is dit inderdaad. Maar is daar ‘n breër betekenis van suurdeeg? Ons ontleed die Hebreeuse woord met sy wortel vir meer insig.
Vir Volledige PDF, kliek hier.