SABBAT EN FEESTE VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISÈDEK OP ‘N NUWE EN LEWENDE WYSE

Die Sabbat word gereken as die Hoof “Moedim”.  Saam met die ander feeste in die 1e Maand en 7e Maand, is dit afgesonderde poorte in Tyd.  Dit is dus ‘n goeie plek om te begin as ons insig wil bekom.

Die “Sabbatdag” wat die week afrond, is die 4e Instruksie van die “Tien Woorde”, naamlik om te “Rus” en om nie te “Werk” nie.

Die woorde van hierdie 4e Instruksie en die Skrifte wat daarmee gepaard gaan, veroorsaak groot verskille in die gemoedere en begrip van mense.  Dit varieer vanaf ekstreme Wettisisme tot ‘n “Dankbare Rus” in die “Ewige arms”.

Vir die ware betekenis daarvan moet ons geestelike fokus op die konsep wat uitgebeeld word in die woord “Sabbat” soos wat dit voorkom in Heb. 4, naamlik dat dit handel oor die Ewigheid, die uiteindelike “Rus”.

VirVolledige PDF, kliek hier.

DIE KRAG VAN DIE BLOED

Daar is iets wonderbaars omtrent die bloed van JaHUsha.  Dis bonatuurlik want Hy het nie die DNA van ‘n aardse vader gehad nie, omdat die Afgesonderde Gees vir Maria oorskadu het.

Bloed is “Dam” in Hebreeus.  Daar is in die Hebreeus konneksies met hierdie woord wat mens nie raaksien in vertalings nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BROOD VAN DIE LEWE

Dat JaHUsha die Brood van die Lewe is, verwys na die Geestelike wat ons deelagtig word met die opstanding uit die dood.  Sy fisiese liggaam is “gesaai” sodat ‘n geestelike liggaam opgewek kon word. Netso het Matsah as brood getransformeer na Lechem as brood, soos wat die profetiese voorafverpakking van Deut. 16:3 dit illustreer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 8 Sabbat en Feeste volgens die Orde van Melegisèdek op ‘n “Nuwe en Lewende Wyse”

Wanneer die lig vir ons opgaan aangaande Messias JaHUsha sonder Torah, of die “Torah van Moses” sonder Messias JaHUsha dan gaan ‘n mens deur sekere stadiums van groei in hierdie Waarheid aangaande die realitiet van die Geestelike Koninkryk van die Hemel, teenoor die Letterlike Fisiese Israel wat daar was.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

JERIGO Deel 4 Die Transformasie van Jerigo as Maanstad na … die Jerigo van “Sy Aroma”

Josua is die boek waarin die Oorwinning van die Koninkryk van Elohiem uitgebeeld word.  Israel wat nou verlos was van die tirannie van Egipte bevind hulle nou onder die leierskap van Josua wat op pad is om hulle die Beloofde Land te land te laat inneem soos wat dit aan AbraHam beloof is.  Die manna was op die punt om op te hou en hulle as die Verbondsvolk van JaHUaH kom nou binne bereik van daardie beloftes wat aan die Vaders gedoen is, maar daar is ‘n probleem wat hulle dadelik in die gesig staar:  Die Land wat aan hulle beloof is word deur vyandige volke wat afgode aanbid bewoon.

Vir Vollediger PDF, kliek hier.

JERIGO Deel 5 Die Merkwaardige Monument van die Huis van Ragab met die Rooi Tou

In die boek van Josua ontmoet ons een van die heldinne van die Woord.  Ragab, ‘n prostituut in hierdie Kanaänitiese stad van Jerigo, is uitsonderlik vanweë haar geloof in die Elohiem van Israel en ook vanweë haar plek in die geslagslyn van JaHUsha die Gesalfde.  As ons die kort gedeelte van haar lewe van naderby ondersoek, lei dit tot ‘n dieper insig in die Verlossingsplan van JaHUaH wat, soos die Rooi Tou dit hier simboliseer, ‘n Skarlakendraad is wat dwarsdeur die Skrif loop.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

CIRCUMCISION

We do not have to be circumcised to be able to keep the Feast of Passover in the New/Renewed Covenant.  It was necessary for Physical Israel to be circumcised a second time before they could enter the Physical Promised Land. To enter the Spiritual Promised land of the Kingdom of Heaven, we have to have the Circumcision of the Heart. 

For Full PDF, click here.