Om georganiseerd te kan lewe het ons ‘n kalender nodig. Die woord ‘kalender’ behels die kunsmatige indeling van tyd in kleiner en groter eenhede, soos dit gegrond is op die hemelliggame wat Elohiem daargestel het vir diè doel.
In die Woord is die Israeliete se feestye dan ook gekoppel aan die saai en oes van hulle graan en vrugte, waarop die volk dan bymekaar moes kom om JaHUaH as hulle Elohiem te eer, maar heidense nasies het hulle afgode vereer.
Weens hierdie afhanklikheid van gesaaides vir hulle voortbestaan het heidense nasies hulle waarnemings van wat in die ruimte aangaan gebruik om hulle afgode mee te aanbid wat hulle dan vanselfsprekend gekoppel het aan die son, maan en sterre. Offerandes is gebring, waaronder ook mense as offers. Daarom het JaHUaH Israel uitdruklik beveel om nie die hemelliggame te aanbid nie.
Die sterrekundiges van die verskillende bevolkings het hierdie kalenders beraam. Die bewegings van die son, die maan en die sterre was hulle natuurlike riglyne. Aanvanklik het die maan met sy baie opvallende veranderings gesorg vir maankalenders. Die meeste eertydse kalenders was dus maankalenders (bv. Indië, die Midde-Ooste, later ook Griekeland en Rome), maar Egipte het weer ‘n sonkalender gehad wat gepaard gegaan het met die Nyl se vloede wat broodnodig was vir wanneer die plantseisoen vir hulle sou kon begin.
Vir die Volledige PDF, kliek hier.
