JERIGO Deel 2 Die Palmstad van Elim

Jerigo is genoem die “Ir-haTamarim”, die Palmstad, Deut. 34:3.  “Ir” is “stad”.  Strongs’s H8559 “Tamar”, is ‘n Dadel/Dadelpalm of Palmboom en “Tamarim” is die meervoudsvorm, naamlik “Palmbome”.  Die wortelwoord van “Tamar” is vanaf ‘n ongebruikte woord wat beteken “to be erect”.  Om regop/opreg te wees is ‘n eienskap van die Regverdige wat in Engels uitgedruk word as “Upright”. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIT IS MY NAAM VIR EWIG

“Wat is U Naam?” 

Hierdie passievolle woorde het van Moses gekom toe hy goddelike bevestiging gesoek het nadat hy opdrag ontvang het om voor Farao te gaan staan en te eis dat die Israeliete vrygelaat moes word.  Deur die eeue heen is die vraag nog steeds op mense se lippe: “Wie is die Allerhoogste, die Hoë en Verhewene wat uniek is?  Met watter naam moet mens Hom beskryf, en wat is Sy naam om Hom mee aan te roep?”

Vir Volledige PDF, kliek hier.