JONA, JAHUAH SE POSDUIF

Jona se naam is ook betekenisvol.  Dit beteken:  “Duif”.  Hy was ‘n profeet wat gestuur was met ‘n boodskap vir Ninevè. ‘n Duif het ‘n uitstaande eienskap naamlik, diè van ‘n boodskapdraer. Duiwe is deur die eeue heen doeltreffend gebruik om boodskapdraers te wees, aangesien hulle altyd hulle weg huistoe kon kry.  Hulle is ook letterlik as posduiwe gebruik, om boodskappe heen en weer te “pos”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BERGLAND

Geestelik is ons òf op die Berg, besig om boontoe te klim, òf onder  in die vallei waar die meeste mense is.  Ons maak self daardie keuse (Ps. 95:7 – 8, Heb. 4:7). Die Bergland is in die woestyn, dis ‘n alleen-plek.  Net jy en een of twee metgeselle op die pad boontoe, julle en… die Groot Herder (Heb. 13:20).  Dis juis hier waar die  Woord oopgebreek word.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

EK EN JY, DIE SAADKORING

Daar is gelowiges wat vasval in hulle geestelike lewe. Hulle val vas in ‘n sekere kerk, of dogma of siening of sisteem.  Dit het sy doel gedien, maar net totdat die plafon daarvan bereik is en sodra JaHUaH hulle iets wil leer wat ‘n bietjie  buite die raamwerk is as wat die betrokke sisteem dit toelaat, laat hulle hulle inperk en raak dan nutteloos in daardie opsig.  Hulle sal net binne die bepaalde ruimte van die toelaatbaarheid van die betrokke sisteem kan funksioneer.  Maar hulle is darem daar, gestoor vir latere gebruik.  Daar is dus darem nog moontlikhede al is hulle vir ‘n bepaalde tyd nutteloos vir sekere gebruike. Maar die Woord fokus ook op “brood”. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BEGINSEL VAN DIE TWEEDE BO DIE EERSTE

Meeste van ons sal saamstem dat daar twee geboortes vir die mens bestaan, naamlik ‘n fisiese geboorte en ‘n geestelike geboorte. Elke mens wat lewe is fisies gebore voordat hy kon bestaan.  Dis die natuurlike of vleeslike geboorte. Maar dan is daar ook die geestelike geboorte, naamlik wedergeboorte.  Elkeen wat waarlik weergebore is, weet dat sy wedergeboorte aanvanklik nie daar was tydens sy fisiese geboorte nie.  Dit het op een of ander stadium in sy lewe nà sy fisiese geboorte gebeur.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BANIER VAN JAHUAH

JaHUaH het vir ons simboliese “woordprente” wat die kernwaarhede van ons geloof uitbeeld in sy Woord versteek, veral in die eerste vyf boeke wat Moses opgeteken het. 

Dis soos versteekte juwele binne-in die geskrewe geskiedenis.  Ons moet dus nie net letterlik lees nie, maar ons moet ook die woordprentjies lees, omdat dit die Nuwe Testament bevestig en ontplooi.  So word JaHUsha as Messias, Sy Koninkryk van die Hemel sowel as ‘n geestelike Israel, as kernwaarhede uitgebeeld en is ons dan in staat om ‘n geestelike waarheid vanuit die bekende fisiese geskiedenis te verstaan.

In Ex. 17:8 – 16 waar Moses op die klip sit met sy staf omhoog, kry ons ‘n belangrike woordprentjie oor dit wat JaHUsha vir ons kom doen het wat soos ‘n Banier omhoog gehou moet word.  Dit gaan gepaard met die woordprentjie wat dit net vooraf gaan, naamlik diè van die water uit die rots in Ex. 17:1 – 7.

Lees ook: NEHUSTAN, DIE SLANG OP DIE PAAL

Vir volledige PDF, kliek hier.