GOG VAN DIE LAND MAGOG, DIE HOOFLEIER VAN MESEG EN TUBAL – ESEG. 38 – 39

Die profesie in Eseg. 38 en 39 word baie uitgedaag in moderne tye.

 As ‘n baie kort opsomming van die boek kan gesê word dat die kern van die boek Esegiël handel oor die meer as een keer se vernietiging van die tempel (Salomo s’n, Herodus s’n …. asook die aanslag op die Hemelse Tabernakel).       

Met die eerste verwoesting van Jerusalem en Salomo se tempel (586 v.C.), was Gog nie betrokke nie.

Gog is wel deur JaHUaH toegelaat om Jerusalem en die herboude tempel (wat Herodus gemoderniseer het), te vernietig sodat dit ‘n finale einde kon bring aan die Ou Testamentiese era, wat in 70 n.C. was.

En dan is Gog se laaste aanslag ook op die Nuwe Jerusalem en die Hemelse Tabernakel van die Koninkryk van die Hemel (2 Thess. 2:1 – 4) wat betrekking het op die naderende einde van ons huidige era. 

Dat Gog se betrokkenheid in verband met beide die Ou Testamentiese era en Nuwe Testamentiese era se eindes is, word ook bevestig in JaHUsha se profetiese rede in Matt. 24 toe die dissipels vir Hom twee vrae gevra het en hy dit so beantwoord het dat dit onderskeidelik op beide van die twee verskillende eras se eindes dui.

Esegiël se profesie is dus dubbeld gelaag, maar die neiging is om net aan ons era te dink wanneer Gog geïnterpreteer word, daarom benodig ons meer lig in verband met die interpretasie met betrekking tot beide eras.

Om die Ou Testamentiese Era van 70 n.C. net te ignoreer, lei tot ‘n misleidende persepsie wat ongelukkig veroorsaak dat ons saam met Gog werk om vir hom ‘n pad gebaan te kry in ons era.

Vir die Volledig PDF, kliek hier.

JOHN NELSON DARBY EN DIE GEHEIME WEGRAPING

Die doktrine van die geheime wegraping was nie van altyd af in plek nie.  John Nelson Darby (1800 – 1882) het dit in 1830 in die kerk ingebring wat gedurende die era was toe daar ander kultusse ook tot stand gekom het (1830 – 1880).

Die 70 weke in Dan. 9 is ‘n aaneenlopende tydperk, maar Premillenianisme onderbreek die lyn net nà week 69 en voeg dan ‘n “tydelike dispensasie van die kerk” daarin. 

Diè “tydelike kerkdispensasie” bestaan volgens hulle gelyktydig te same met fisiese Israel en word dus onderskei van mekaar om sodoende nog steeds plek vir die bestaan van ‘n fisiese Israel te maak.  Die 70e jaarweek gaan (volgens hulle) eers weer aan wanneer die geheime wegraping sal plaasvind tesame met ‘n Antichris wat op die aarde gaan verskyn.  Maar is dit alles waar?

Premillenialisme maak asof die gemeente van JaHUsha (die kerk) iets is wat later “bygevoeg” is (soos ‘n nagedagte) as ‘n “tydelike substituut” asof JaHUsha “nie Sy koninkryk gevestig kon kry nie toe Hy gekom het nie” en asof Hy nie geweet het dat dit sou gebeur nie, en toe die kerkperiode tydelik geïmplimenteer het.  Dis alles vals en ‘n verloëning van die Skrif. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE SEWENTIG WEKE VAN DANIËL

Soos hierdie gedeelte in Dan. 9:24 – 27 oor die algemeen vandag deur teoloë (veral in Evangeliese kerke wat fokus op die Wederkoms) verklaar word (veral die 70e jaarweek), is dit uiters misleidend, en diè misleiding het sy oorsprong in Judaisme se eskatologie.   Die profetiese woord word vandag verklaar ten gunste van hulle wat glo dat hulle messias nog moet kom (Judaïsme), terwyl Messias JaHUsha alreeds gekom het.  Nog kom, alreeds gekom … daar lê die verskil.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DANIËL 9:24 – 27 Vers 27 (70e week) Skematies opgesom

Die 70e jaarweek se helfte van die week behels “Tyd, tye en ‘n halwe tyd” wat die VERDRUKKING VAN GELOWIGES (as verteenwoordigers van JHUH/JHUsha) simboliseer, bv. die Profete/Dissipels in die O.T. en N.T. wat vervolg is.

Hierdie skematiese opsomming lig ook die interpretasie van ‘n “geheimsinnige” wegraping voor ‘n “Groot Verdrukking” onder ‘n “toekomstige Antichris” uit wat deur Darby en Scofield die lig gesien het, maar is dit reg?

Dokumente wat hiermee saam gelees moet word, is: TYD, TYE EN ‘N HALWE TYD, DIE ELFDE HORING, THE DAN. 9:25 – 27 PROPHECY

Vir Volledige PDF, kliek hier.

NIMROD, BABEL AND THE BEAST

We read in Scripture about the Beast with the seven heads and from them spring the different horns.

It is interesting that prophecy portrays Babylon as a “beast” in Daniel and in Revelation. Nebuchadnezzar as the king of Babylon became like a beast because he did not honour YaHUaH.

For Full PDF, click here.

DIE ELFDE HORING

Noudat ons gekyk het wie moontlik as die Tien Horings geïdentifiseer kan word, kom die volgende vraag na vore:  Wie of wat is die “Elfde Horing”?

Dit laat ons vanselfsprekend aan die Antichris dink, maar dadelik moet ons waarsku dat ’n mens moet oppas om nie wilde voorspellings te maak nie. Die antichris is al oral gesoek in die Westerse lande, sowel as in Rusland en China.

As die Elfde horing vir ons era kan die Antichris of dan die Seun van die Verderf van 2 Thess. 2, beide ‘n Staat met sy mense asook diè staat se politieke en/of geestelike leier op ‘n gegewe tydstip wees.

Vir Volledige PDF, kliek hier

THE ELEVENTH HORN

Now that we have looked at who could possibly be identified as the Ten Horns, the following question arises:  Who or what is the “Eleventh Horn”?

It obviously reminds us of the Antichrist, but we must immediately warn that one must be careful not to make wild predictions. The antichrist has been sought everywhere in Western countries, as well as in Russia and China.

The Eleventh horn for our era, as the Antichrist or the Son of Perdition of 2 Thess. 2, can be both a State with its people as well as that state’s political and/or spiritual leader at a given time.

For Full PDF, click here

THE TEN HORNS OF THE BEAST

Now that the heads of the beast were identified in the previous document (see: THE HEADS OF THE BEAST), this document is an attempt to identify the horns of the beast according to the history that developed  after that on the territory of the original Roman Empire as the sixth head of the beast.

Horns as a depiction of war power, were worn by kings on their heads, but it later softened to crowns with points.

It gives us an understanding of the prophetic symbolism of the horns.  It has to be compared to the various ruling powers that came into being after the fall of the Roman Empire, as the horns correspond to the ten toes of the Image of Dan. 2.  The toes clearly still fall into the category of the ancient Roman Empire according to the dream of Nebuchadnezzar.

For Full PDF, click here.

DIE TIEN HORINGS VAN DIE DIER

Nadat die koppe van die dier geïdentifiseer is in die vorige dokument (sien:  DIE KOPPE VAN DIE DIER), is hierdie dokument ‘n poging om die horings van die dier te identifiseer na aanleiding van die geskiedenis wat verderaan voortgevloei het uit die oorspronklike Romeinse Ryk as die sesde kop van die dier.

Horings as uitbeelding van oorlogsmag, is deur konings op hulle koppe gedra, maar dit het later versag tot krone met puntjies.

Dit gee ons ‘n begrip van die profetiese simboliek van die horings.  Dit moet met die verskillende heersende moondhede wat nà die val van die Romeinse Ryk tot stand gekom het vergelyk word, aangesien die horings ooreenstem met die tien tone van die Beeld van Dan. 2.  Die tone val duidelik daar nog in die kategorie van die ou Romeinse Ryk volgens die droom van Nebukadneser.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE HEADS OF THE BEAST

The belief in a dragon or monster from the water or from the sea is as old as mankind itself.  Dragons are still revered in the East, but there are also tribes in Africa that still believe in a seven-headed snake that stays in the water and can turn you into a nasty witch doctor.

Daniel sees in Dan. 7:7 a monster with ten horns that rose from the sea (Dan. 7:3) which was symbolic of the later Roman world empire of the New Testament.

Revelation 12:3 connects to the prophecy of Daniel 7:7 when the devil is depicted as a dragon with seven crowned heads and ten horns.

For Full PDF, click here.