Die profesie in Eseg. 38 en 39 word baie uitgedaag in moderne tye.
As ‘n baie kort opsomming van die boek kan gesê word dat die kern van die boek Esegiël handel oor die meer as een keer se vernietiging van die tempel (Salomo s’n, Herodus s’n …. asook die aanslag op die Hemelse Tabernakel).
Met die eerste verwoesting van Jerusalem en Salomo se tempel (586 v.C.), was Vernietiger nog nie ‘Gog’ genoem nie..
Profetiese Gog is wel aanwesig m.b.t die vernietiging van Jerusalem en die herboude tempel (wat Herodus gemoderniseer het), sodat dit ‘n finale einde kon bring aan die Ou Testamentiese era, wat in 70 n.C. was.
Profetiese Gog se laaste aanslag is dan op die Nuwe Jerusalem en die Hemelse Tempel/Tabernakel van die Koninkryk van die Hemel (2 Thess. 2:1 – 4) wat betrekking het op die naderende einde van ons huidige era.
Dat Gog se betrokkenheid in verband met beide die Ou Testamentiese era en Nuwe Testamentiese era se eindes is, word ook bevestig in JaHUsha se profetiese rede in Matt. 24 toe die dissipels vir Hom twee vrae gevra het en hy dit so beantwoord het dat dit onderskeidelik op beide van die twee verskillende eras se eindes dui.
Esegiël se profesie is dus dubbeld gelaag, maar die neiging is om net aan ons era te dink wanneer Gog geïnterpreteer word, daarom benodig ons meer lig in verband met die interpretasie met betrekking tot beide eras.
Om die Ou Testamentiese Era van 70 n.C. net te ignoreer, lei tot ‘n misleidende persepsie wat ongelukkig veroorsaak dat ons saam met Gog werk om vir hom ‘n pad gebaan te kry in ons era.
Vir die Volledig PDF, kliek hier.
Lees hierdie dokument saam met: SCOFIELD SE INTERPRETASIE VAN GOG EN MAGOG
