“ONSKULDIG” teenoor “SKULDIG”

Pontius Pilatus was ‘n Romein.  Rome het die Son aanbid soos wat ons dit lateraan van Konstantyn sou erf.  Maar … Pilatus het toe sy hande in onskuld gewas (Matt. 27:24) en gesê dat JaHUshaNIE SKULDIG WAS NIE (Luk. 23:4, Joh. 18:38) terwyl hy Hom wou vrylaat (Joh. 18:39). Teenoor … Juda(s) wat die onskuldige JaHUsha verloën het

Vir Volledige PDF, kliek hier.

MISLEIDING SEDERT GENESIS

Die tema van die owerspelige vrou waarvan ons uiteindelik lees in Open. 17, het sy onstaan sedert Genesis.  Dit was in die  Tuin van Eden waar Eva verlei is deur die Slang, die Engel van die lig wat genoem word Lucifer en Satan.  Paulus waarsku dat daardie Engel van die lig nog steeds werksaam is net soos wat dit in die tuin was.  Dit geskied deur valse apostels, bedrieglike arbeiders wat lering bring, boodskappers van die Satan wat hulle voordoen as apostels van Messias.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

KRAAIE OF ARABIERE

Die Hebreeuse woord vir kraaie kan net sowel vertaal word as Arabiere.  Oorspronklike Hebreeus het nie vokale gehad nie, net konsonante en die Masorete het later vokale ingevoeg, volgens wat hulle sou reken die woord moet lees.  Die woord vir “kraai” en “arabier” het presies dieselfde konsonante en die woord kon dus met “arabier” ook vertaal gewees het, maar ons vertalings is byna almal van die Masoretiese teks af gemaak, en is dus vertaal as “kraaie”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

EXODUS 19 – 34

Ex. 19.5 – 6 was the “Offer” of the MelekTzadek Order “IF” they obeyed YHVH fully and kept “MY (YHVH’s) Covenant” as finally happened when Messiah/Shiloh came. Compare Ex. 19.6 with 1 Pet. 2 especially verse 9 and other places. But the people rejected this through ignorance and Fear. (Resulting in the Ruach not being poured out on them). They ran away, stood at a distance and told Moses to be their intermediary, Ex. 20.18 -19.

For Full PDF, click here.

EK EN JY, DIE SAADKORING

Daar is gelowiges wat vasval in hulle geestelike lewe. Hulle val vas in ‘n sekere kerk, of dogma of siening of sisteem.  Dit het sy doel gedien, maar net totdat die plafon daarvan bereik is en sodra JaHUaH hulle iets wil leer wat ‘n bietjie  buite die raamwerk is as wat die betrokke sisteem dit toelaat, laat hulle hulle inperk en raak dan nutteloos in daardie opsig.  Hulle sal net binne die bepaalde ruimte van die toelaatbaarheid van die betrokke sisteem kan funksioneer.  Maar hulle is darem daar, gestoor vir latere gebruik.  Daar is dus darem nog moontlikhede al is hulle vir ‘n bepaalde tyd nutteloos vir sekere gebruike. Maar die Woord fokus ook op “brood”. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE OLYFBOOM

Die Olyfboom waarvan ons in Rom. 11 lees, se fondasie is in die Torah.  Nogtans is die interpretasie nie heeltemal soos wat dit via die Hebreeuse Wortels komende van hulle leraars vanuit Judaïsme geleer word nie, in diè sin dat hulle dit sien as ‘n fisiese Levitiese vervulling in stede van die geestelike Melgisèdekvervulling.

Vir Volledige PDF, kliek hier.