Meeste van ons sal saamstem dat daar twee geboortes vir die mens bestaan, naamlik ‘n fisiese geboorte en ‘n geestelike geboorte. Elke mens wat lewe is fisies gebore voordat hy kon bestaan. Dis die natuurlike of vleeslike geboorte. Maar dan is daar ook die geestelike geboorte, naamlik wedergeboorte. Elkeen wat waarlik weergebore is, weet dat sy wedergeboorte aanvanklik nie daar was tydens sy fisiese geboorte nie. Dit het op een of ander stadium in sy lewe nà sy fisiese geboorte gebeur.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
