‘N GROOT STEM SOOS VAN ‘N BASUIN

Die blaas van die laaste basuin hou o.a. verband met die eerste opstanding en is ‘n toekomstige tydperk waarna ons as Gelowiges uitsien, maar dis ‘n proses om daar te kan uitkom.  Om die groter prentjie in hierdie verband te kan verstaan moet ons gaan kyk hoe die sewe basuine van Openbaring geanker is in die Torah en wat Paulus vir ons dan op grond daarvan na vore gebring het en dit dan weer vergelyk met dit wat JaHUsha “geopenbaar” het aan Johannes daar op Patmos. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE TWEELING VAN DIE EINDTYD IN BARENSNOOD VIR EERSGEBOORTEREG

Daar is ‘n tweeledige magsstryd tussen Lig en Duisternis wat al hoe meer na die oppervlak kom wat pynlik is vir ons as die bewoners van hierdie wêreld.  Dit manifesteer soos geboortepyne soos wat ‘n tweeling in een skoot is en stoei oor watter een eerste gebore moet word. Daar was twee stelle tweelinge wat vir ons beduidend is, nl. diè van Rebekka en diè van Tamar. 

Hierdie 2 tweelinge in die Torah hou verband met die groter profetiese plan wat vir ons aandui hoedat daar ‘n oorgang vanaf ons huidige Era sal wees na die volgende Era, nl. ons “Ingang in die Beloofde Land” (Open. 21 – 22) wat die Koninkryk van Elohiem is. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE KOP-AAN-KOP BOTSING BY KARMEL

Ons onthou Karmel as die plek waar Elia deur middel van ‘n publieke kompetisie die volk laat verstaan het wie is die ware Elohiem,  wie is die ware Magtige van Israel.  Dit was ‘n botsing tussen die vals profete van Baäl en Ashera en die Een Ware Elohiem van Israel.

Dit gaan by Karmel oor die Denke van die gelowige, m.a.w. hoe mens iets insien of verstaan. Vir ons is die Karmelkonflik “tussen ons ore”.

Vir Volledige PDF, kliek hier

DIE KRAG VAN DIE BLOED

Daar is iets wonderbaars omtrent die bloed van JaHUsha.  Dis bonatuurlik want Hy het nie die DNA van ‘n aardse vader gehad nie, omdat die Afgesonderde Gees vir Maria oorskadu het.

Bloed is “Dam” in Hebreeus.  Daar is in die Hebreeus konneksies met hierdie woord wat mens nie raaksien in vertalings nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE TWO GROUPS OF PEOPLE IN LUKE 15:11 – 32 … JUDAH AND EPHRAIM?

Luke 15:11 – 32 speaks of two groups of people.  Who these two groups are, is another matter as there is a wrong interpretation out there and interpretation becomes then Doctrine and Belief, whether it is correct or incorrect.

To identify the two groups, we have to look at the full context of this parable which is known as the “Parable of the Prodigal Son”.

YaHUsha repaired the breach between Judah and Ephraim/Israel (Acts 2:14, 22, 36) and brought forth the united Kingdom of Israel, the true and Scriptural Israel, which is the New “YaH”rushalayim (Gal. 4:22 – 31, Gal. 6:15 – 16, Rev. 21).

For Full PDF, click here.

DIE BOOM VAN DIE LEWE EN DIE AMANDELTAK

Die Boom van die Lewe is bonatuurlik en simbolies veelsydig en die Woord sê dan nie direk dat dit van ‘n spesifieke spesie was nie.  So is daar verskeie soorte bome in die Skrif wat binne hulle eie konteks elkeen die Boom van die Lewe kan simboliseer waarvan die Amandelboom die een is wat vir ons in hierdie studie die boom van fokus is.

Dit word duideliker dat amandels simbolies is van die vooruitsien of hoop op die Opstanding uit die dood en die Ewige Lewe, iets wat net moontlik is as ons kan “eet” van die Boom van die Lewe.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

JEREMIAH – Overview

Watch this overview video by The Bible Project on the book of Jeremiah, which breaks down the literary design of the book and its flow of thought.

Jeremiah announces that Elohim will judge Israel’s sins with an exile to Babylon. And then, he lives through the horror of his predictions.

Jeremiah then also prophesied that YaHUaH will plant again and rebuild Scriptural Israel, Jer. 30 – 33.

JEREMIAH – Overview