DIE WINGERD VAN DIE AARDE EN DIE WARE WYNSTOK

Wanneer mens na die eindtydse oeste van Open. 14 kyk, is dit belangrik om te verstaan dat die wingerd van Open. 14 nie die “Ware Wynstok” is nie, maar die wingerd wat die Vyand gekaap het.

JaHUaH het Israel as ‘n wingerd geplant (Jes. 5:7), maar daardie wingerd is deur die Vyand binnegedring en verontreinig en het toe wilde druiwe voortgebring wat bedwelmende drank opgelewer het wat na die dood lei, die ewige dood, maar JaHUsha is die Ware Wynstok wat ware drank oplewer wat vir ons die ewige lewe gee.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE EARTHLY ESCHATOLOGICAL VIEW VERSUS THE HEAVENLY

Messiah YaHUsha came proclaiming:   “The Kingdom of Heaven/Elohim is at hand (nigh)” … with EliYaHU/John the Baptist preparing the way for the Restoration of the MelekTzadek Order of Priesthood to REPLACE the temporary Levitical, which happened at the Stake when Caiaphas tore his High Priest Robe of Office and the Temple curtain was miraculously torn.

But today we have two systems.

For Full PDF, click here.

‘N NUWE SKEPSEL

Persoonlike getuienis van Johan Botha … van Hengelaar tot Visser van Mense.

Jer 18:6  “Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek JaHUaH. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” 

2 Kor. 5:16 – 17  “Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Messias na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 
Daarom, as iemand in Messias is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Persoonlike Getuienis van Johan Botha

THE SPIRITUAL MAP OF THE EYE IN THE INTERCRANIAL ANATOMY

We are fearfully and wonderfully made (Ps. 139:14). The eye in the intercranial anatomy is a Scriptural Spiritual map of YaHUsha’s teachings.

Mat 6:22 -23 “The light of the body is the eye: if therefore thine eye be single, thy whole body shall be full of light. 
But if thine eye be evil, thy whole body shall be full of darkness. If therefore the light that is in thee be darkness, how great is that darkness!” 

The Spiritual Map of the Intercranial Anatomy

MANDLA – Two Journeys, One Destination

“Mandla” is the Zulu word for “Power”. Rural general surgeon Servaise de Kock approached us at Kerugma Productions in 2011 with the script and invited us to film the movie at the rural KwaZulu-Natal hospital he worked at. His vision was to produce, release and distribute the movie to especially rural areas. MANDLA is an authentically South African production and should be understood in this context. Overseas viewers may find the conditions in the hospital scenes (eg. scarcity of linen) strange, but we trust the reality of some conditions will not distract from the main message.

The movie is followed by a few interesting interviews and a “Behind the Scenes” section. In short the movie is about … Mandla enjoys the pleasures of life but is aware of an emptiness that is not filled. Then tragedy strikes and he needs to make a decision… Fiona has an unplanned pregnancy. She wants to get rid of the “blob of tissue,” when she realizes that maybe there is more to it … We all get to a point of need where we have to decide which way to go. Where are you heading?

This DVD was produced by Kerugma Productions, a faith-based venture that strives to proclaim the gospel of Jesus Christ by means of high quality media productions. For more information, please visit our website http://www.kerugma.org.

MANDLA – Two Jouneys, One Destination

SEUNS VAN BELIAL

Hofni en Pinehas, word “seuns van Belial” genoem.  Hulle het nie aan JaHUaH behoort nie.  Hulle het Hom nie “geken” nie en het in rebellie nie Sy torah gehou nie terwyl hulle as priesters in die Huis van JaHUaH gedien het. 

Hulle is vir ons tipes van die Torahlose van 2 Thess. 2 wat in die geestelike tempel sit wat as seun van die verderf geopenbaar sal word voor die wederkoms van JaHUsha.

So sal mens Torahloos wees as mens nie die Torah van Messias JaHUsha hou nie, maar wel die Torah van Moses probeer hou … wat die Eindtydse lokval van Satan is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE WURGGREEP VAN DUISTERNIS

In Hand. 16:9 – 40 kry ons ‘n skriftuurlike voorbeeld van hoe Duisternis die werk in die Koninkryk van Lig wil blokkeer deur ‘n persoon met ‘n namaaksel van die Afgesonderde Gees te stuur as ‘n strik en ‘n hindernis, terwyl diè persoon self ook ‘n slagoffer van Duisternis is.  Hoe Paulus die situasie onderskei en hanteer het, is vir ons geestelike riglyne t.o.v. ons roeping as Gestuurdes, maar ook t.o.v. die een wat ‘n slagoffer is en smag na vrymaking uit die mag van Duisternis.

Paulus-hulle was op pad om te gaan bid, word toe genooi na gelowige Lidia se huis, en dis toe dat hulle die slavin met die waarsêende gees teëkom.  Paulus het onderskei dat dit ‘n gees vanaf die Vyand is en het dit aangespreek om die slavin te verlaat.  Daarna het hulle as gevolg daarvan ‘n weerwraakaanval ondervind, maar het dit oorwin sonder om self in die vyand se mag te kom soos wat die bedoeling sekerlik was.

Na afloop van alles het hulle weer voortgegaan met hulle onderbreekte missie en na Lidia se huis toe gegaan om die koninkrykswerk voort te sit.

Ons ontleed stap-vir-stap wat diè gedeelte vir ons in die praktyk leer, beide in die rol van die gelowige as ‘n Gestuurde/Apostel en in die rol van die slavin as gebinde slagoffer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GEESTELIKE VERNUWING

deur Dr. Louis Kroon

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom. 12:2

In hierdie video verduidelik dr. Louis Kroon prakties vanuit die Woord hoe om geestelike vernuwing te verkry te midde van gevestigde patrone van gekontamineerde denke. In sy eie woorde sê hy:

“As gelowige glo ek dat die waarhede wat vir ons in die Skrif opgeskryf is, mense werklik vrymaak en hulle ook help om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Dr. Louis Kroon

DROME EN GESIGTE AS PADWYSERS

In Hand. 2 lees ons van die uitstorting van die Afgesonderde Gees toe die dissipels toegerus was met verskillende tale om die goeie nuus aangaande JaHUsha aan die mense daar teenwoordig te kon vertel in elkeen se eie taal.  Drome en gesigte is ook soos ‘n “taal” waardeur die Gees met mens kommunikeer en  Petrus het die profeet Joël aangehaal toe hy aan die mense wou verduidelik het wat gaande was.

Weens Hand. 2:16 – 18 het drome en gesigte ook op ons as Geestelike Israel betrekking. Deur drome kan ons dikwels instruksies vanaf JaHUaH kry.  Ons kan ook gewys word op ons foute of gewaarsku word wanneer ons op ‘n verkeerde pad is en wat die beste manier is om vorentoe te beweeg van daar af (Job 33:16).  ‘n Droom kan deur JaHUaH gebruik word om ‘n dieper indruk van Sy wil te maak, soos wanneer ‘n seël of iets dergeliks in was gedruk word om ‘n afdruk te maak (Job 33:16). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.