Die boek Amos handel oor die volk Israel se vervalle toestand. Hulle was ver van JaHUaH af en in afgodery vasgevang. In Amos 7:8 en 8:2 sê JaHUaH by monde van Amos dat Hy hulle nie meer gaan oorsien nie (“nie meer by hulle sal verby gaan nie”) en vergelyk Hy hulle “einde” met ‘n afgeplukte mandjie somervrugte. In Hebreeus klink “somervrugte” en “einde” baie dieselfde. JaHUaH het dus met woordspeling aangedui dat Hy die streep getrek het en dat fisiese Israel se einde in sig was. Die seisoen vir hulle was verby en hulle sou “afgepluk” word soos somervrugte aan die einde van die seisoen.
Vir volledige PDF, kliek hier.
