Valentynsdag is in wese heidens. Dit kan op geen manier op DEUR Gelowiges in JaHUsha gevier word nie en word selfs deur ander godsdienste verbied. In Indië word ’n Hindoe wat Valentynsdag vier, vervolg. So ook Moslems in Saoedi-Arabië.
Die handelswêreld het Valentynsdag so beset, dat niks wat ’n mens ook al mag sê, dinge sal verander nie. Nie eens Bybelse aanhalings nie. Daar word soveel geld uit Valentynsdag gemaak, dat kritiek as geestelike oorgevoeligheid afgemaak word.
Dis te verstane dat dit vandag, veral in die tydsgewrig waarin ons verkeer, belangrik is om aan verhoudings te werk, veral getroudes. Dis belangrik dat ons vir mekaar tyd moet maak, maar ons kan op ’n spesiale dag besluit waarop ons ons geliefdes wil bederf sonder om Valentynsdag of die simboliek van die ou Babiloniese afgodery daarvoor te gebruik.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
