SHAVUOT, DIE VERLOWINGSVERBOND

Shávuot is die laaste fees van die lentefeeste.  Die feeste van Israel is die bloudruk vir die vervulling van profesie. Net soos wat die volk Israel dit aanvanklik fisies beleef het en later jaarliks moes gedenk het, is die eerste helfte van die feeste volkome deur JaHUsha vervul.  Die ander helfte, die herfsfeeste, sal grootliks vervul word wanneer Hy weer kom vir Sy Bruid.

Die Israel van Elohiem (Gal. 6:16) het ontstaan as ‘n Koninklike Priesterdom (1 Pet. 2:9, vgl. Ex. 19:6).  Dit is net moontlik as Israel op een of ander wyse aan die Koning, JaHUsha, verbind kan word.  Diè verbintenis is ‘n liefdesverhouding.

Wanneer ‘n paartjie besluit om verloof raak, word hulle ook aan mekaar verbind.  ‘n Verlowing is ‘n verbond.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE DENKE VAN MESSIAS

Om die denke van Messias te hê is om geestelike dinge deur Sy Gees te kan onderskei wat die natuurlike mense nie kan raaksien of verstaan nie.  Elohiem het van die begin af lig en duisternis geskei. Ons moet dus kan skeiding maak tussen Lig en Duisternis, tussen goed en sleg.

Die mens (“adam” in Hebreeus) is uit die aarde (“adamah” in Hebreeus) gemaak, daarom moet die mens soos met die aarde ‘n Nuwe Skepsel/Skepping word.  

Vir Volledige PDF, kliek hier.