Tydens die bruilofsfees by Kana het JaHUsha sy eerste wonderwerk gedoen deur die water in wyn te verander. Die nuwe wyn is in kontras met die water van die ou (Levitiese) gebruike. JaHUsha het later voortgegaan om die hernude Pasga-simboliek van die brood en wyn aan hulle bekend te stel.
Wat in hierdie komende dokument beskryf word as “die Kerk”, is die Nuwe Skepsel in Messias JaHUsha as die “Israel van Elohiem” (Gal. 6:15 – 16).
Dit is dus nie bloot die fisiese Israel van die Ou Testamentiese bedeling nie (hoewel hulle ‘n voorbeeld en tipe was, 1 Kor. 10:1 – 11), want nie almal is ”Israel” wat uit fisiese Israel is nie (Rom. 9:6 – 8).
Die Israel van Elohiem in Gal. 6:15 – 16 is “in” JaHUsha wat die Hoof is, met die Gelowiges in Hom as Sy Liggaam. Hy is as “Seun” uit Egipte geroep (Matt. 2:15) net soos wat dit met fisiese Israel as die “seun”van JaHUaH gebeur het met die uittog uit Egipte (Hos. 11:1, Hos. 12:14, Ex. 4:22 – 23). JaHUsha was ook in die woestyn soos wat fisiese Israel was (Matt. 4:1 -11).
Met die gebeure by die Bruilof in Kana word die verheerlikte “My Verbond” van die Melgisedekorde-priesterskap as die “beste wyn” gesimboliseer en profeties geïmplimenteer, want ‘n huweliksluiting is ‘n verbond tussen twee partye.
Die Melgisedekorde wat deur Eersgeborenes geopereer het was onderbreek toe die Levitiese priesterorde ingestel was as gevolg van die aanbidding van die Goue Kalf terwyl Moses op die berg was. Eersgeborenes is toe losgekoop en uitgeruil met Leviete (Num. 3), maar dit sou net duur totdat JaHUsha ‘n finale regstelling en ‘n transformasie van die priesterskap as Sy “dienaars” sou kom maak het, soos wat dit hier inderdaad simbolies gebeur deur middel van die Bruilof in Kana se “dienaars”.
Die water hier by Kana simboliseer die fisiese Levitiese bedeling en die verandering na wyn verteenwoordig die transformasie na die geestelike as die “beter wyn”. Dit is inderdaad die “Beste Wyn” wat tot laaste gelos is.
‘n Bruilof gaan oor ‘n verbondsluiting. Die Bruilof in Kana sinspeel op die “My-Verbond” tussen Elohiem en Sy getransformeerde Israel (Gal. 6:15 – 16) en op die Bruilof van die Lam (vergelyk Ex. 19:1 – 25) wat ‘n koninkryk VAN priesters behels, nie ‘n koninkryk MET Levitiese priesters nie (vergelyk Ex. 19:5 – 6 met 1 Pet. 2:9). Die Melgisedekorde (beste wyn) gaan gepaard met die “My-Verbond” as die Ewige Verbond en dit staan teenoor die “‘n-Verbond” wat die fisiese en uitgediende Levitiese sisteem is (water). Daar was van die begin af ‘n onderskeid tussen die twee verbonde. (Sien: VERBONDE, VERSKILLEND OF DIESELFDE)
Lees nou: DIE PROFETIESE BETEKENIS VAN DIE BRUILOF IN KANA
Vir Volledige PDF, kliek hier.