‘N SKRIFTUURLIKE DAG

Wanneer begin ‘n dag in die Woord?  Hoe lank is ‘n dag in die Woord? 

Dit is twee belangrike vrae om te vra en om dit so reg as moontlik te kan antwoord moet ons na die Woord self gaan en nie na hedendaagse Babiloniese Judaïsme se populêre verklaring van Gen. 1 nie.

Die gewilde opsie is om Gen. 1:5 te gebruik en dit so te verklaar dat mens sal wil glo dat ‘n dag die vorige aand begin, maar is dit reg?

Met die Babiloniese infiltrering sedert die ballingskap van Juda na Babilon, is daar voortdurende restorasie wat gedoen moet word.

JaHUsha het gesê dat daar 12 ure in die dag is. In die begin het Elohiem skeiding gemaak tussen Lig en Duisternis, tussen die Dag en die Nag, mag ons dit weer verenig as ons die lengte van ‘n dag wil bereken?

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

A SCRIPTURAL DAY

When does a day start in Scripture?  How long is a day in Scripture?

These are two important questions to ask and to be able to answer them as correctly as possible we must go to the Bible itself and not to contemporary Babylonian Judaism’s popular interpretation of Gen. 1.

With the Babylonian infiltration since the exile of Judah to Babylon, constant restoration  must be done regarding the truth about “all things”, because Babylon had passed on to us as well.  The truth that was there from the beginning must now gradually be “erected” again (e.g. the Name of the Almighty and our Saviour), but there are still more truth that must be restored.

What did YaHUsha say in relation of the length of a day?

In the beginning Elohim separated Light and Darkness, He made a clear division between Day and Night.  

With the Sabbath as the seventh Day, the truth emerges clearly.  The Word speaks directly of the Sabbath as a ‘day’ and nothing else added to it.  It says nothing about the ‘previous evening’.

For Full PDF, click here.

WEDDINGS OF ANCIENT ISRAEL, A picture of the Messiah

What does Scripture mean when it refers to Believers as a Bride and YaHUsha as a Bridegroom? The people of Ancient Israel understood what YaHUsha was going to do because they understood the model of the wedding.

The analogy between a wedding and Messiah and the Church/Congregation, is described in Ephesians 5:31 – 32:

“For this reason a man will leave his father and mother and be united to his wife, and the two will become one flesh. This is a profound mystery – but I am talking about Messiah and the church.”

This document overviews the practices of an ancient Jewish betrothal and wedding. In parallel it shows how YaHUsha has fulfilled the betrothal portion of the wedding and how He may fulfill the remainder when He comes again for His bride, namely all the Believers in Him as the Renewed Spiritual Israel.

The origin of the document is unfortunately not known.

For full PDF, click here.

CHEMISTRY OF THE BLOOD

The virgin birth of the Messiah was a necessity due to the fact that sin is in the blood.  The Messiah had to be a “son” of Adam but at the same time also a sinless Man.  YaHUaH found a way through which YaHUsha as the Messiah would be born from a woman (but not with the help of a man) and thus He was perfectly human but did not share in Adam’s sin, since He had not a drop of blood from Adam (i.e. the blood from a human being) in His veins.

A foetus gets its blood when the father’s sperm comes into play.  The mother does not contribute to the blood or blood type.  Mary got pregnant through the power of the Set Apart Spirit and not by means of an earthly man.

In the fullness of time, Elohim sent His own Son, born of a woman, into the world to shed His precious blood once and for all at the end of His life.  After that, no more sacrifices are needed.  The blood of the sacrificial animals of the Old Testament, perished and was soon gone, but the blood that was shed on Golgotha ​​is set apart blood and imperishable.  It is indestructible and very precious.   Peter said:

“Forasmuch as ye know that ye were not redeemed with corruptible things, as silver and gold, from your vain conversation received by tradition from your fathers;   But with the precious blood of Messiah, as of a lamb without blemish and without spot”    (1 Pet. 1:18, 19)

Read this booklet from years ago as it was published by Orcutt Christian Church on the internet for more information. It was written by a medical doctor dr. M.R. de Haan who was also a Believer.  Though the real titles of YaHUaH and YaHUsha were not used in those years, we can exchange it ourselves while reading as there is wonderful information in this booklet.

For Full PDF, click here.

DIE SKEIKUNDE VAN DIE BLOED

Die maagdelike geboorte van die Messias was ‘n noodsaaklikheid weens die feit dat die sonde in die bloed is. Die Messias moes ’n “seun” van Adam wees maar terselfdertyd ook ‘n sondelose Man.  JaHUaH het ‘n weg gevind waardeur JaHUsha as die Messias, gebore sou word uit ’n vrou (maar nie met behulp van ’n man nie) en so was Hy tog ‘n volmaakte mens wat nie in Adam se sonde gedeel het nie, aangesien Hy geen druppel bloed van Adam (d.w.s. ‘n mens) in Sy are gehad het nie.

‘n Fetus kry sy bloed wanneer die sperm van die vader ter sprake kom. Die moeder dra nie by tot die bloed of bloedgroep nie. Maria is deur die Afgesonderde Gees bevrug en nie deur ‘n aardse man nie.

In die volheid van tyd het Elohiem Sy eie Seun, wat uit ‘n vrou gebore is, die wêreld ingestuur om aan die einde van Sy lewe vir eens en vir altyd Sy kosbare bloed te stort.  Daarna is daar geen offerande meer nodig nie.  Die bloed van die offerdiere van die Ou Testament wat bederfbaar was, het tot niet gegaan en was spoedig weg, maar die bloed wat op Golgota gestort was, is afgesonder en onverganklik.  Dis onbederfbaar en baie kosbaar.  Petrus het gesê:

“Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer en goud, losgekoop is . . . nie, maar deur die kosbare bloed van Messias”.     (1 Pet. 1:18, 19)

Lees die kort boekie vir meer inligting soos wat dit deur ‘n mediese dokter verduidelik word.

(Hierdie is wel ‘n vertaalde boekie van jare gelede deur dr. M.R. de Haan wat beide ‘n mediese dokter asook ‘n gelowige was, waar die regte titels van JaHUaH en JaHUsha nie in daardie tyd gebruik was nie, maar hier is wonderbare inligting hierin en ons is tog by magte om die regte titels wel in te lees volgens die kennis wat ons tot dusver gekry het.

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

BOAS EN RUT

Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis.  Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense.  Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens. 

Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing.  Hulle verhaal is eenvoudig.  Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem.  Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het.   Opgesom is die verhaal as volg …

Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem.  Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem.  Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan.  Naomi het bitter en gestroop teruggekeer.  Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk.  Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het.  Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het.  JaHUsha, ons Losser,  is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.

Die name in die boek van Rut is veelseggend.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BOAZ AND RUTH

The book of Ruth has only four chapters, but it is rich in meaning.  One thinks of the book as a love story, but it is about more than just the love between two people.  It is a symbolic expression of YaHUaH’s supernatural love for man.

Boaz and Ruth are historically and symbolically two important people in YaHUaH’s unfolding plan of salvation.  Their story is simple.  It takes place in a peaceful time of the judges, although there was a famine that was over by the time Naomi returned to Bethlehem.  The central theme is that of a defenseless widow with no future whom YaHUaH saved through seemingly random events of every day and created a rosy future for her.  Summarized the story is as follows…

Naomi and Elimelech and their two sons temporarily moved to Moab because of a devastating drought in Bethlehem.  After Naomi’s husband and both her sons, Mahlon and Kilion, died there in Moab Naomi, as the only survivor from her family, decided to go back to Bethlehem.  Her one daughter-in-law, Ruth, chose to go with Naomi.  Naomi returned bitter and stripped. Ruth also left everything she knew behind, especially the god of Moab.  She totally left her fate in the hands of Naomi’s Elohim, without her knowing how things would work out for her.  There was no turning back for her and it was there in Bethlehem where Ruth met Boaz who married her.  The book ends with an account of Ruth and Boaz’s children, grandchildren and great-grandchildren as the bloodline of the royal house of Israel that began with David.  YaHUsha, our Redeemer, was born from that lineage as the “Son of David”.

The names in the book of Ruth are meaningful.
For Full PDF, click here.

VALENTYNSDAG ONTMASKER – Vir Kinders

Valentynsdag het ‘n heidense oorsprong, net soos wat Kersfees ook ‘n heidense oorsprong het. Dit is dus nie Bybels om hierdie fees te vier nie. Dit gaan ook nie regtig oor dit wat die wêreld daarvan maak nie. As mens sou weet wat diè dag werklik behels, sal ons dit nog wil vier?

En hoe verduidelik ons dit dan vir ons kinders as ons wel die lig gesien het?

Hier is ‘n eenvoudige kort video wat dit vir groot en klein kortliks opsom wat die heidense oorsprong van Valentynsdag behels. 

Hierdie video is op die internet geplaas deur: Kinders-van-YHWH.

VALENTYNSDAG ONTMASKER – vir kinders. Kinders-van YHWH

DIE VERHAAL VAN DIE AFRIKANERS SE VERLEDE

Ons gedenk jaarliks die uitsonderlike gelofte wat deur ‘n groep Afrikaanse Trekkers (sowel as ‘n Engelsman, ‘n klompie kleurlinge en swartes wat ook in die laer was) gemaak is aan die Almagtige Skepper van die hemel en aarde, onder die leiding van Andries Pretorius daar by Bloedrivier.  Soos ‘n Israel van ouds het diè kernvolkie ‘n verbond met haar Maker gemaak.

Die Afrikaner het weens die omstandighede van daardie tyd vanuit Europa gekom om in “donker Afrika” ‘n lewe te kom maak.  Met hulle geloof in die Almagtige God het hulle Sy lig hier laat begin skyn terwyl hulle ‘n spoor in die geskiedenis agtergelaat het.  ‘n Spoor wat strek oor generasies heen volgens die omstandighede van elke tydperk. 

Daardie spoor word deur Flip Buys, die hoof van Solidariteit, netjies saamgevat in ‘n nie-politiese dokument: “Die verhaal van die Afrikaners se verlede” soos  gepubliseer deur Maroela Media.  Dit dien vir ons en ons kinders as ‘n lig op die pad vorentoe.

Soos hyself sê: 

Daar is vir my drie uitgangspunte as ons oor die verlede praat. Die eerste is om te verduidelik en nie om te verdedig nie.  Die tweede gaan oor Samuel P. Huntington se stelling dat elke gemeenskap homself as die middelpunt van die wêreld sien en sy geskiedenis as die sentrale verhaal van die mensdom skryf.  Daar is gevolglik nie net een “geskiedenis” nie, en ons kant van die verhaal moet ook gehoor word. Die derde uitgangspunt is dat ons die geskiedenis net kan verstaan as ons onsself in die skoene van die mense van daardie tyd plaas.

Konteks is kernbelangrik om die oorwegings wat destyds hulle besluite gerig het, te begryp.

 Afrikaners leef in ’n tyd waar die skadu van die verlede steeds oor ons hang omdat ons ouers, grootouers en skoonouers apartheid ondersteun het, en ons vir die gevolge van daardie beleid verantwoordelik gehou word.

Daarom wil ek kortliks my eie familiegeskiedenis geslagmatig vanaf die Anglo-Boereoorlog gebruik om met ’n meer persoonlike inslag na ons ouers, grootouers en skoonouers se besluite te kyk, omdat dit terselfdertyd die geskiedenis van die meeste van ons se families is.  

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

HERMON, DIE BERG VAN VERHEERLIKING

Geleë 25 myl (40 km) noord van die See van Galilea en aan die voet van die berg Hermon, is Caesarea Philippi. 

Dit is ook die ligging van een van die grootste fonteine ​​wat die Jordaanrivier voed.  Die Banias-waterval in daardie omgewing, wat minder as 30 voet (10 m) hoog is, word in twee strome verdeel deur ‘n boom wat aan die bokant groei.

Caesarea Philippi is in die Griekse tyd gevestig.  Die dorp is gebou rondom die bron wat die Jordaan voed, wat naby is aan ‘n grot en aan die heiligdomme wat aan Pan gewy is.  Pan is die Griekse god vir afgeleë plekke. As gevolg van Pan  word hierdie area ook Paneas genoem, of in Arabies: Banias.

Herodes die Grote het ‘n tempel van wit marmer by die grot gebou. Ná sy dood het sy seun, Herodes Filippus II (of Filippus die Tetrarch), ’n stad op die terrein gebou.  In 14 n.C. het hy die stad Caesarea Philippi genoem, ter ere van homself en keiser/Caesar Augustus.

Die oorvloedige watervoorraad het die gebied baie vrugbaar en aantreklik gemaak vir godsdienstige aanbidding.  Dis waarom talle tempels is in die Hellenistiese en Romeinse tydperk in hierdie stad gebou is.

Bekend as Baäl Hermon en Baäl Gad in die Ou Testamentiese tydperk, is hierdie terrein later Panias genoem na die Griekse god Pan wat hier aanbid is.

Die fontein wat uit die groot grot ontstaan het, het die middelpunt van heidense aanbidding geword.  In die begin van die 3de eeu v.C., is offers in die grot gegooi as offerandes aan die god Pan. Pan, die half-man half-bok god van verskrikking (“paniek”), word dikwels uitgebeeld as al spelende op sy fluit.

’n Opelug-heiligdom is vir Pan gebou langs die bron van water wat uit die grot gekom het. Aangrensend aan die “heilige” grot is ‘n rotsagtige platorand met ‘n reeks uitgekapte nisse.  Dit is bekend deur die uitbeeldings op munte van die stad, dat standbeelde van die godheid in hierdie nisse geplaas is.  Een nis het ‘n beeldhouwerk van Echo, die bergnimf, gehuisves as Pan se gemaal. ‘n Ander nis het ‘n standbeeld van Pan se pa, Hermes gehuisves, seun van die nimf Maia.  Inskripsies in die nisse noem diegene wat groot skenkings gegee het.

JaHUsha het hierdie area laat in Sy bediening besoek saam met Sy dissipels terwyl hulle op pad was na Jerusalem waar Hy gekruisig sou word, Markus 8:27.

In teenstelling met die Rots waarop heidense tempels gebou is, het JaHUsha toe verklaar: “Op hierdie rots, sal Ek my kerk bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorwin nie”.

Daar is geen rekord dat JaHUsha die stad binnegegaan het nie, maar die groot belydenis van Petrus en die Verheerliking op die berg daarna, het albei in die omgewing van hierdie stad plaasgevind (Matt. 16:13), wat toe bekend was as Caesarea Filippi.

Vir die Volledige PDF, kliek hier.