EK EN JY, DIE SAADKORING

Daar is gelowiges wat vasval in hulle geestelike lewe. Hulle val vas in ‘n sekere kerk, of dogma of siening of sisteem.  Dit het sy doel gedien, maar net totdat die plafon daarvan bereik is en sodra JaHUaH hulle iets wil leer wat ‘n bietjie  buite die raamwerk is as wat die betrokke sisteem dit toelaat, laat hulle hulle inperk en raak dan nutteloos in daardie opsig.  Hulle sal net binne die bepaalde ruimte van die toelaatbaarheid van die betrokke sisteem kan funksioneer.  Maar hulle is darem daar, gestoor vir latere gebruik.  Daar is dus darem nog moontlikhede al is hulle vir ‘n bepaalde tyd nutteloos vir sekere gebruike. Maar die Woord fokus ook op “brood”. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE OLYFBOOM

Die Olyfboom waarvan ons in Rom. 11 lees, se fondasie is in die Torah.  Nogtans is die interpretasie nie heeltemal soos wat dit via die Hebreeuse Wortels komende van hulle leraars vanuit Judaïsme geleer word nie, in diè sin dat hulle dit sien as ‘n fisiese Levitiese vervulling in stede van die geestelike Melgisèdekvervulling.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BALFOUR DEKLARASIE

Een honderd jaar gelede (2 November 1917) het Athur Balfour (die Britse Buitelandse Sekretaris) die Balfour Deklarasie geskryf aan Lord Walter Rothschild. Dit word tans  gevier en herdenk in Brittanje en Israel, terwyl die Palestyne dit nie heeltemal so positief onthou nie.  Hulle verwag ten minste ‘n apologie weens dit wat hulle te beurt geval het as gevolg daarvan al sê die Deklarasie…

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BEGINSEL VAN DIE TWEEDE BO DIE EERSTE

Meeste van ons sal saamstem dat daar twee geboortes vir die mens bestaan, naamlik ‘n fisiese geboorte en ‘n geestelike geboorte. Elke mens wat lewe is fisies gebore voordat hy kon bestaan.  Dis die natuurlike of vleeslike geboorte. Maar dan is daar ook die geestelike geboorte, naamlik wedergeboorte.  Elkeen wat waarlik weergebore is, weet dat sy wedergeboorte aanvanklik nie daar was tydens sy fisiese geboorte nie.  Dit het op een of ander stadium in sy lewe nà sy fisiese geboorte gebeur.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE “TWEEDE” WET OP DIE DRUMPEL VAN DIE BELOOFDE LAND

Die woord “Deuternomium” is Grieks en dit beteken “Tweede Wet”.  Die woord sou “Devarim”in Hebreeus wees, wat “Woorde” beteken. Volgens hierdie vers is daar iets meer as die Woorde wat by Horeb gespreek is, maar met die lees van die hele boek van Deuternomium, lyk dit asof dit oorwegend ‘n herhaling is van dit wat by Sinai gegee is en ook ‘n oorsig is van die geskiedenis vandat hulle uit Egipte uit is, maar die woordjie “BEHALWE” hier in Deut. 29:1 dui daarop dat daar nou ‘n uitbreiding gevolg het.   Laat ons kyk.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

CROSS THE SPIRITUAL JORDAN WITH YAHUSHA

The Jordan River is on the entrance to the Promised Land.  As with physical Israel, we as Scriptural Israel have to cross the Spiritual Jordan at the edge of time to enter the spiritual Promised Land. 

They had the physicalיהושׁע (translated as Joshua)to lead them to cross the Jordan, we need  YaHUsha (יהושׁע), (the same Hebrew spelling), to cross the Spiritual Jordan.

For Full PDF, click here.

COUNTERFEIT DECEPTION

An interesting aspect of the days we are living through is the “sameness” between movements like the Macabees/Edom/Esau takeover of Jerusalem before Messiah and the Zionism of today concerning Jerusalem, “The Land” and the “People” intent on restoring “Jewish” Sovereignty and the “Jewish” Religion with the Temple, Animal Sacrifices.

For Full PDF, click here

THE BEAST AND ITS IMAGE

Have you ever compared the Images of Dan. 2 and 3 to the Image of the Beast in Rev. 13?  The book of Daniel was sealed (Dan. 12:4) but was revealed by YaHUsha in the Book of Revelation (Rev. 1:1).  The Image of Dan. 3 represented Nebuchadnezzar and his kingdom….but Nebuchadnezzar became like a Beast (Dan. 4:25 – 33, Dan. 5:20 – 21).  Nebuchadnezzar means:  “May Nabu guard my boundary stones” or “May Nebo protect the crown”.

For Full PDF, click here.

DIE DIER EN SY BEELD

Het u al die Beelde van Daniël 2 en 3 vergelyk met die Beeld van die Dier in Open. 13?  Die boek van Daniël was verseël (Dan. 12:4) maar is deur JaHUsha geopenbaar in die Boek van Openbaring (Open. 1:1).  Die Beeld van Dan. 3 het Nebukadnesar en sy koninkryk verteenwoordig … maar Nebukadnesar het later soos  ‘n Dier geword weens sy selfverheffing (Dan. 4:25 – 33, Dan. 5:20 – 21).  Nebukadnesar beteken:  “May Nabu guard my boundary stones” of “May Nebo protect the crown”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.