VERBRYSELD? OMHELS DIE SMIRNAS IN JOU LEWE

Smirna beteken:  “mirre” of “soet geur”.  Mirre is ‘n plant met ‘n aangename geur, maar ‘n bitter smaak.  Om te sterf aan die SELF het ‘n lieflike geur vir JaHUaH en vir almal om jou, behalwe vir jouself.  Jy sal self nie bewus wees van die aangename geur nie, omdat dit vir jou op daardie oomblik bitter smaak.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

JONA, JAHUAH SE POSDUIF

Jona se naam is ook betekenisvol.  Dit beteken:  “Duif”.  Hy was ‘n profeet wat gestuur was met ‘n boodskap vir Ninevè. ‘n Duif het ‘n uitstaande eienskap naamlik, diè van ‘n boodskapdraer. Duiwe is deur die eeue heen doeltreffend gebruik om boodskapdraers te wees, aangesien hulle altyd hulle weg huistoe kon kry.  Hulle is ook letterlik as posduiwe gebruik, om boodskappe heen en weer te “pos”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GILGAL EN GALILEA

Daar is so baie van die Evangelie verskans in dit wat gebeur het met Josua en die volk toe hulle die Beloofde Land moes ingaan soos ook hier by Gilgal.  JaHUaH wys pertinent die ooreenkoms uit tussen die Trek deur die Rooi See en die Trek deur die Jordaan.  Ons het gesien dat die Jordaan ‘n plek van Oorgang was.  Die Rooi See is dit ook.  Die Paasfees is gehou vòòr die uittog uit Egipte en die Trek deur die Rooi See, maar by die Jordaan is dit gehou nàdat hulle deur is.  Simbolies is die Beginpunt en die Eindpunt dieselfde, dit ontmoet mekaar soos wat gebeur as mens ‘n sirkel trek.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE OORSTEEK VAN DIE JORDAAN

Wie ons ken as Josua, Moses se opvolger, se naam in die Hebreeus word dieselfde gespel as diè van JaHUsha in die Hebreeus.  Josua het die Volk oor die Jordaan geneem en ons kan die geestelike Jordaan aan die einde van tyd net oorgaan saam met JaHUsha.  Dis die enigste weg na die Beloofde Land van die Koninkryk van die Hemel. Die waarskuwing is weereens om nie verstrik te raak in die fisiese Torah van Moses nie en sodoende nie die Jordaan dan sal kan oorsteek aan die einde van die Tyd nie (net soos wat Moses dit nie kon doen nie). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GORDYN EN DIE SKEIDSMUUR VAN SONDE

Die gordyn was ook simbolies van Messias self (soos alles in die Tabernakel), as die enigste weg na die Vader (Joh. 14:6).  Dit kan gesien word aan die feit dat die hoëpriester die Allerheiligste moes ingaan DEUR die gordyn.  Ons sien dat Sy vlees “geskeur” is vir ons, net soos wat die gordyn vir ons geskeur is.  Dat die gordyn van bo na onder geskeur is, is ‘n skriftuurlike feit en dit opsigself spreek van bonatuurlike ingrype. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BERGLAND

Geestelik is ons òf op die Berg, besig om boontoe te klim, òf onder  in die vallei waar die meeste mense is.  Ons maak self daardie keuse (Ps. 95:7 – 8, Heb. 4:7). Die Bergland is in die woestyn, dis ‘n alleen-plek.  Net jy en een of twee metgeselle op die pad boontoe, julle en… die Groot Herder (Heb. 13:20).  Dis juis hier waar die  Woord oopgebreek word.

Vir Volledige PDF, kliek hier.