Die woorde “Josua, Jordaan en Jerigo”, begin almal met ‘n “yod”, wat “hand” is in die Antieke Hebreeus, en eintlik die arm en die hand behels. Dit konnekteer direk aan JaHUsha as die Reddende Regterhand van JaHUaH.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Die woorde “Josua, Jordaan en Jerigo”, begin almal met ‘n “yod”, wat “hand” is in die Antieke Hebreeus, en eintlik die arm en die hand behels. Dit konnekteer direk aan JaHUsha as die Reddende Regterhand van JaHUaH.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Om die Israel van Elohiem te wees gaan gepaard met ‘n hartsbenydenis waarvan die fisiese besnydenis ‘n simbool was. Net besnedenes kon die fisiese Beloofde Land ingaan, netso kan net diegene wie se harte besny is, die geestelike Beloofde Land binnegaan.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Wanneer ons met die Messiaanse beweging in aanraking kom is daar ‘n groot gevaar. Mens word ontmoet met leringe wat verwarring in die geloofslewe bring wat heeltemal bo-oor JaHUsha, ons Messias, loop. Dit vat die Verbond mis, en dit lei mense op ‘n pad wat gevaarlik styl loop in die oog van die JaHUaH. Dit lei tot die aanvaarding van en onderwerping aan ‘n vals priesterskap. Dit gee krag aan daardie vals priesterskap. Dit beroof die gelowige van JaHUsha ons Messias as ons Groot Hoë Priester in die Orde van Melgisèdek. Dit beroof selfs mense van die ewige lewe. Die ergste is dat diè gelowiges salig onbewus is van die gevaar waarin hulle verkeer en dat hulle glodat hulle al hoe meer in die “waarheid” groei.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Die eerste stad wat Josua en die Volk moes inneem nadat hulle die Jordaan oorgesteek het, was Jerigo. Hierdie geskiedkundige feit het enorme spirituele betekenis vir ons vandag. Die reis begin in Egipte. Die profetiese bloed van die lammetjie aan die deurposte toe hulle in Egipte was, is baie jare later vervul in Jerusalem toe JaHUsha as die Lam van Elohiem dààr gesterf het.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Jerigo is genoem die “Ir-haTamarim”, die Palmstad, Deut. 34:3. “Ir” is “stad”. Strongs’s H8559 “Tamar”, is ‘n Dadel/Dadelpalm of Palmboom en “Tamarim” is die meervoudsvorm, naamlik “Palmbome”. Die wortelwoord van “Tamar” is vanaf ‘n ongebruikte woord wat beteken “to be erect”. Om regop/opreg te wees is ‘n eienskap van die Regverdige wat in Engels uitgedruk word as “Upright”.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Die Gees van JaHUaH is waar Hy woon en soos die Gees beweeg het, onderskei ons Sy verskikllende woonplekke. Die naam “Jerigo” wil ons kom leer oor die Gees se Beweegroete vanaf een tydelike woning na die volgende …. totdat dit tot rus kom in die Ewige Woning van die Nuwe Jerusalem daarbo.
Vir Vollediger PDF, kliek hier.
Josua is die boek waarin die Oorwinning van die Koninkryk van Elohiem uitgebeeld word. Israel wat nou verlos was van die tirannie van Egipte bevind hulle nou onder die leierskap van Josua wat op pad is om hulle die Beloofde Land te land te laat inneem soos wat dit aan AbraHam beloof is. Die manna was op die punt om op te hou en hulle as die Verbondsvolk van JaHUaH kom nou binne bereik van daardie beloftes wat aan die Vaders gedoen is, maar daar is ‘n probleem wat hulle dadelik in die gesig staar: Die Land wat aan hulle beloof is word deur vyandige volke wat afgode aanbid bewoon.
Vir Vollediger PDF, kliek hier.
In die boek van Josua ontmoet ons een van die heldinne van die Woord. Ragab, ‘n prostituut in hierdie Kanaänitiese stad van Jerigo, is uitsonderlik vanweë haar geloof in die Elohiem van Israel en ook vanweë haar plek in die geslagslyn van JaHUsha die Gesalfde. As ons die kort gedeelte van haar lewe van naderby ondersoek, lei dit tot ‘n dieper insig in die Verlossingsplan van JaHUaH wat, soos die Rooi Tou dit hier simboliseer, ‘n Skarlakendraad is wat dwarsdeur die Skrif loop.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Om vanaf Jerigo, die oudste en laagste stad benede seevlak na Jerusalem te gaan wat heelwat hoër bo seevlak is, het vir ons ‘n geestelike betekenis. Dis om opwaarts te beweeg. Die Israeliete het by Jerigo begin toe hulle die Beloofde Land ingeneem het en Jerusalem as die plek waar die Tempel gebou was, was die uiteindelike bestemming.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Ons het nou gesien dat JaHUsha die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel het t.o.v. die pad tussen Jerusalem en Jerigo, maar wat het by Jerigo self gebeur met betrekking tot JaHUsha?
Vir Volledige PDF, kliek hier.