TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 11 Die Finale Toets: Bileam-tipe Assimilasie met die Koninkryk van die Anti-messias

Daar was ‘n Finale Toets vir Israel vir die tydperk vanaf Sinai tot net voordat hulle die Woestyn van die Vlaktes van Moab kon verlaat.  So is daar ook ‘n Finale Toets vir ons wat in Messias JaHUsha is, voordat ons die “Woestyn” van die Volke kan verlaat, waarin ons verban was en waar JaHUaH met ons pleit. Dis die Toets van Assimilasie … wat lei tot kompromie … wat lei tot ‘n “Mengsel”.  Dit is die Taktiek van ons Vyand.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 12 Om die Jordaan oor te steek saam met MelekTzadek JaHUsha

Sommige sal aanhaal:  “Werk jou eie heil uit …”  … maar dan word hulle dissipels van ander mense.  Daar is egter ‘n subtiele onderskeiding.  Maak die Ruach HaKhodesh jou Leraar en wanneer mens dan die WOORD van JaHUaH bestudeer, sal dit ‘n Lamp vir jou word, om jou pad mee te verlig. Ons word geroep om in ‘n direkte verhouding met JaHUaH te wees deur JaHUsha, in die Krag van die Ruach HaKhodesh.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 13 Kritiese Openbaringe oor die Laaste Ses Jaar

Dit wat in die reeks van twaalf as “Toepassing van Torah” aangebied is, het nagevolge wat  ewigdurend sal wees.  Wie jy sal kies om na te volg, sal jou oordeel bepaal. Stel uself voor dat mens eendag sal opstaan, net om te vind dat mens Satan aanbid het met die viering van Kersfees, Paasfees, Deepavali, Channukah of watter Mensgemaakte “Fees” ookal.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

NEHUSTAN Die Slang op die Paal

Ons het die boodskap vanuit Ex. 4:1 – 4 waar Moses se staf ‘n slang geword het, en dan weer ‘n staf…. Dus, soos wat Messias na die Folterpaal gegaan het, het Hy die sonde van die slang vir ons op Hom geneem en die prys betaal en daarna is Hy weer Volmaak opgewekIn Jes. 11:12 – 13 is die Banier se boodskap op ‘n Paal van JaHUaH en dit is wat die uitgeworpenes en die verstrooides van Israel nader trek en waar die naywer van Efraim en die teëstanders van Juda sal eindig in ‘n Herstelde Eenheid.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GEDRAGSKODE VAN DIE KONINKRYK

Die Torah is “instruksie” – dit bring mee dat Torah die instruksies is wat hoort by die spesifieke verbond wat op ‘n gegewe tydstip opereer (letterlik vertaal beteken Torah “om ‘n pyl af te skiet na ‘n merk”). Ons sien baie dikwels in die Skrif dat wanneer Torah of Wet genoem word, dit gekwalifiseerd is om sodoende aan te dui wie se Torah/Wet dit is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.