DIE AANGESIG VAN JAHUAH

In Dan. 9:17 bid Daniël dat JaHUaH se Aangesig oor hulle moet skyn, maar in Ex. 33:20, 23 het JaHUaH vir Moses gesê dat hy nie Sy Aangesig mag sien en bly lewe nie. Op Daniël se gebed het JaHUsha as die “Aangesig van JaHUaH” Sy lig kom laat skyn in Jerusalem om barmhartigheid te bring (Dan. 9:4, Luk. 1:72 – 73) en dis die boodskap waarmee  Gabriël gekom het wat ‘n besondere en baie belangrike boodskap was wat te doen het met die Gesalfde, JaHUsha, wat sou kom om die Gen. 15 Verbond met Abraham te kom bekragtig.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DANIËL 9 SE PROFETIESE SKAT

Daniël 9 se inhoud bevat die kosbare en meestal onontdekte Skat van die tydstip waarop die Gesalfde (JaHUsha), JaHUaH se Verbond met Abraham sou kom bekragtig het.  Daniël was ‘n geliefde man en JaHUaH vertrou diè Skat aan hom toe.  Dit is ons voorreg vandag om die besondere Skat “uit te grawe” of uit te pluis, want dis diep weggebêre onder valse verklarings en misleiding, van toeka af tot nou.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE LAND IS MYNE

Baie gelowiges verstaan nie regtig dat die aarde aan JaHUaH behoort en wat dit beteken nie. JaHUaH het aan eertydse Israel gesê dat die land wat Hy hulle belowe het, Syne is en dat hulle net vreemdelinge en bywoners in die land sal wees. Dis waarom sekere profesië voorwaardelik is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 1 ‘n Os wat graan dors mag jy nie muilband nie

Paulus neem die letterlike instruksie aangaande die behandeling van osse in die “Torah van Moses” en pas dit toe as ‘n “Torah beginsel” in die Hernude Verbond binne die volkome offer van die gestorte bloed van Messias.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 2 Die Praktiese Implikasies van Gehoorsaamheid aan JaHUaH nadat die Torah ontdek is

Nou kom die moeilike deel.  Ons wil die Torah onderhou soos dit uiteengesit is in die eerste vyf boeke van Moses, maar daar duik probleme op as ons probeer om “Moses” te lewe. Daar is ‘n hele paar moeilike instruksies wat ons mee moet deel. Hoe nou gemaak?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 3 Die Ongelyke juk

Wanneer lig gekontrasteer word met duisternis, handel dit oor die twee Koninkryke wat teenoor mekaar staan. Messias as ons Geregtigheid staan ook teenoor Satan wat die leraar is Torahloosheid (Belial).  Daar kan dus geen harmonie wees tussen ‘n Gelowige en ‘n Ongelowige nie.  Ons as ‘n Tempel vir Elohiem kan dan geen gemeenskap hê met afgode nie, want dit is duiwels volgens 1 Kor. 10:19 – 20.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 4 Twee Soorte Saad in jou Wingerd

Jy mag nie twee soorte saad in jou wingerd saai nie. Wanneer ons hierdie skrif aan ons lewens in Messias wil toepas, kom daar baie interessante dinge na vore.  Ons moet dit in gedagte hou dat in die Torah van Moses, die Torah sodanig gegee is dat daar  letterlike en fisiese dinge GEDOEN moes word.  Messias het toe gekom en Hy het begin om die vervulling van die Torah te “leer”.  Dit het Hy gedoen deur meestal gelykenisse te vertel.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 5 Onrein Geestelike Voedsel vanuit Valse Leringe

Ons mag nie twee soorte saad in ons wingerd saai nie. Ons wil hierdie gedeelte van die Torah toepas op die “Wingerd” waarin ons lewe.  Dit behels dit waaraan ons blootgestel word in ons lewens, m.a.w. ons lewenstyl, ons vriende, ons werk, ons omgewing of enige iets waarmee ons assosieer. Die Tuin vergelyk met die gemoed (mind).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 6 Hoe Godsdienstige Mengsels die Smal Weg beïnvloed

Deut. 22:11 ” Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk aantrek nie.” Om te verstaan hoe hierdie Torah toegepas word, moet ons begin by hierdie Torah maar voortgaan tot so ver as Openbaring.  Die mense wat Moses alleenlik volg, wat sonder die MelekTzadekskrifte is, het dit nie.  Maar selfs as hulle daarna sou verwys (soos die Anti-Evangeliste wat die Skrifte verdraai), verhoed die feit dat hulle Messias verloën, dat hulle hierdie Torah kan toepas.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 7 Torah volgens die Orde van Melegisèdek op ‘n “Nuwe en Lewende Wyse” in ons Melgisèdek-Tempel

In die Torah en spesifiek in die Torah van Moses was al die instruksies oor “Hoe” die Torah van “JaHUaH Elohiem” toegepas moet word neergeskryf en duidelik gedefinieer, sodat elkeen dit kon hou.  Wanneer ons egter by die Nuwe Testament kom, vind ons dat hierdie duidelike Instruksies nà Messias JaHUsha se Offerdood, nie uitgeleef kan word sonder ‘n Tempel, sonder ‘n Levitiese Priesterskap en sonder die sisteem van Diere-offerandes nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.