Om die einde van alle dinge te verstaan, moet ons die begin eers goed verstaan. Ons moet derhalwe ‘n deeglike kennis van Genesis hê om Openbaring te kan verstaan. Maar Genesis is ook soos ‘n fondasie waarop die hele Skrif gebou is en van die heel eerste letter en woord af, is daar vir ons ‘n kernboodskap.
JaHUaH het van die begin af ‘n “Huis” geskep. “Huis” word op ander plekke in die Woord gebruik as ‘n sinoniem vir “Koninkryk” (Mat. 23:38, Joh. 14:2, Mat. 13:24, 27 52).
Die verhaal van die mens en sy Skepper begin in die Paradys. Dis die eerste Huis wat die Skepper daar gestel het, naamlik die Tuin van Eden (wat “Genot” beteken), wat ook die Koninkryk van Elohiem is. Daar het die mens met JaHUaH gewandel, Hom gesien en met Hom gepraat. Daar was alles wat hulle nodig gehad het om suksesvol te kon lewe. Maar hulle het hierdie Huis verloor as gevolg van hulle sonde van ongehoorsaamheid.
Vir Volledige PDF, kliek hier.