Om die korrekte datums te kry, moet die datum vir die Maart-Equinox eerstens geneem word (Ex. 12:2).
2 Kron. 24:23 en Ex. 34:22 sê die Tequfah/Omtrek is die “einde” van die jaar en natuurlik ook die begin van die jaar, wat by die Equinox sal wees.
Kry dan die Eerste Volmaan daarnà (wat Dag 15 sal wees, want dit was die dag waarop die Israeliete Egipte verlaat het, Ex. 12:31 – 39, Ps. 81:4, Ps. 104:9) en dan tel mens terug tot by die Nuwe Maan wat die Donker Maan is, om sodoende by die begin van die Maand uit te kom.
Daarna word daar weer vorentoe getel tot by die veertiende dag vir die Levitiese Pasga, hoewel die Verbondsmaal wat JaHUsha ingestel het op Dag 13 was, sodat Hy die volgende dag, presies op die regte tyd op JaHUaH se Kalender, die Paaslam kon wees op Dag 14. Daarom gedenk ons die “Melgisèdekorde Pasga” of dan die Nuwe Verbondsmaal, op Dag 13.
Dit is ook belangrik om te onthou dat ‘n dag twaalf ure het op JaHUaH se Kalender, so ook ‘n Nag (Gen. 1:16, Joh. 11:9). ‘n Dag begin dus nie die vorige nag om twaalfuur nie, of die vorige aand met sononder nie.
Dag 13 en Dag 14 is die tydperk van “Tussen die aande” waarvoor voorsiening gemaak is in die Ou Testamentiese Teks.
Daar was ‘n “oorskakeling” in Torah vanaf Levities na Melgisèdek.
Messias JaHUsha het die Levitiese Pasga gehou nà sonsondergang op die 13e dag, en daarna het Hy die Nuwe Verbond met die Melgisèdek-Verbondsmaal ingestel, wat Hy daaropvolgend met Sy bloed bekragtig het op die Pasga ‘tussen die aande’ (Ex. 12:6).
Ex. 12:6 “En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.”
Teen die aand = tussen die aande = בֵּין הָעַרְבּיִם
בֵּין = tussen
עֶרֶב = aand (enkv.) – Strong’s H6153
הָעַרְבּיִם = aande (meervoud)
Dit lyk dan asof ons Afrikaanse Bybel nie die letterlike vertaling gebruik het nie, maar dit is wel in die Hollandse Bybel (1884) reg vertaal:
Ex. 12:6 “En gij zult het in bewaring hebben tot den veertiende dag dezer maand; en die gansche gemeente der vergadering van Israël zal het slagten tussechen twee avonden.”
Dit is dus dag totdat die son sak, en dan is dit aand voordat dit “nag” word en dit alles duur dan 24 uur tot by die volgende aand met sononder.
Vir verdere informasie en agtergrond, sien ook die dokumente: CALENDAR RESTORATION, KALENDER EN PASGA en PASGA OF NAGMAAL.
Vergelyk ook: “FEESTE – KALENDER” en “TABEL VIR DIE TEKEN VAN JONA“.
Vir die Tabel, kliek hier.