Daar is gelowiges wat vasval in hulle geestelike lewe. Hulle val vas in ‘n sekere kerk, of dogma of siening of sisteem. Dit het sy doel gedien, maar net totdat die plafon daarvan bereik is en sodra JaHUaH hulle iets wil leer wat ‘n bietjie buite die raamwerk is as wat die betrokke sisteem dit toelaat, laat hulle hulle inperk en raak dan nutteloos in daardie opsig. Hulle sal net binne die bepaalde ruimte van die toelaatbaarheid van die betrokke sisteem kan funksioneer. Maar hulle is darem daar, gestoor vir latere gebruik. Daar is dus darem nog moontlikhede al is hulle vir ‘n bepaalde tyd nutteloos vir sekere gebruike. Maar die Woord fokus ook op “brood”.
Vir Volledige PDF, kliek hier.