Sardis was bekend as die “oninneembare” stad. Dit was geleë so te sê op die top van ‘n berg wat net deur een pad bereik kon word. Die stad was dus moeilik bereikbaar want die enkele pad was ook so bewaak dat niemand daardeur kon kom nie. Die res van die berg was so ontoeganklik, dat niemand die stad dus sommer kon inneem nie. Tog was daar in die geskiedenis vyandige magte wat die stad ingeneem het, juis omdat die inwoners nie gewaak het nie.
Omdat ons nie lees dat Sardis se gemeente ‘n stryd gehad het met valse profete en heidense godsdienste nie, beteken dit nie dat hulle nie ‘n stryd gehad het nie. Hulle het ‘n ander probleem gehad … hulle het omdat hulle te veel op hulle gemak was en nie moes stry vir hulle geloof nie, sommer net geestelik verflou en soort van geestelik afgesterf. Hulle het gedink dat hulle lewe, maar hulle was eintlik dood. En net soos wat die onineembare stad van Sardis in die geskiedenis onverhoeds betrap is omdat hulle nie gewaak het nie, so is die gemeente wat hulle geloofslewe betref ook agterlosig. Hulle het nie daaroor gewaak nie en wanneer JaHUsha weer sou kom soos ‘n dief, onverwags, sou hulle nie gereed gewees het nie.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
