DIE NEIGING OM PAULUS EN HEBREËRS TE BEVRAAGTEKEN

Wanneer mense in aanraking kom met die leringe van die Hebreeuse wortels, is dit nie te lank nie voordat een of ander leermeester aan daardie kant hulle doelbewus of subtiel gaan probeer wegkry van die fundamentele boeke van Paulus asook Hebreërs ens. totdat mens naderhand aan die anderkant uitkom met so te sê geen Nuwe Testament nie. 

So word mens se geloof in JaHUsha as Messias boek vir boek stelselmatig weggekalwe.  Die rede daarvoor is dat die onderhouding van die wette van Moses (die Levietese wette) deur hulle groter gemaak word as JaHUsha en Sy gebooie, so sonder dat mens dit aanvanklik  regtig agterkom en hierdie boeke weerlê juis die lering van die Levities-georiënteerde Hebreeuse wortels baie uitdruklik. 

Vir die Volledige PDF, kliek hier:

YAHUSHA BEFORE GENESIS – WHERE WAS HE BEFORE THE WORLD WAS MADE

Where was YaHUsha before the world began?

Before Bethlehem, before Genesis, before “Let there be light” — YaHUsha already existed.

Not waiting. Not wondering. Ruling. Loving. Creating. Choosing.

In this powerful journey through Scripture and eternity, discover what the Bible really says about Messiah’s existence before time — and what it means for your life today.

Watch now this video of ‘The Living Gospel’.

DIE BOEK VAN MELEÁGI: AGTERGROND EN PROFESIE

Die skrywer is onbekend.  Die naam beteken:  ‘My Boodskapper’.

Die boek is ‘n dialoog tussen JaHUaH en Israel.  Dis ‘n ernstige vermaning om terug te keer na die Verbond.  Dis ook ‘n belofte van die Messias wat sal kom, asook van die Voorloper van Messias nl. Johannes die Doper.

Dis ook ‘n belangrike laaste Ou Testamentiese profesie oor 70 n.C. se verbranding van Jerusalem en die Tempel as die einde van fisiese Israel.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE GOEIE HERDER

Deur Homself die Goeie Herder te noem het JaHUsha Homself as die Verlosser van Israel verklaar. 

Alhoewel die titel “Goeie Herder” net in die Nuwe Testament gevind word, het JaHUsha doelbewus uitgereik na die Ou Testament met hierdie woorde toe Hy besig was om in die teenwoordigheid van Sy dissipels met die Fariseërs te praat. 

Hy wou hulle laat verstaan dat Hy die Messias is waarvan die Ou Testamentiese skrifte geprofeteer het, maar die Fariseërs het Hom nie geglo nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE GOOD SHEPHERD

By calling Himself the Good Shepherd, YaHUsha declared Himself the Saviour of Israel. 

Although the title “Good Shepherd” is only found in the New Testament, YaHUsha deliberately reached out to the Old Testament with these words when He was talking to the Pharisees in the presence of His disciples. 

He wanted them to understand that He is the Messiah of whom the Old Testament scriptures prophesied, but the Pharisees did not believe Him.

For Full PDF, click here.

DIE PAD VANAF MITZRAYIM (Egipte) NA YERUSHALAYIM (Jerusalem)

Ons geestelike reis is ook vanaf ‘n Egipte na ‘n Jerusalem, daarom die ooreenkoms in die Hebreeuse name van Egipte en Jerusalem.  Die Hebreeuse woord vir Egipte is “Mitzrayim”.

Die uitgange van beide “Mitzrayim” en “Yerushalayim” is “-ayim”.  Dit is die grammatikale “dual”-uitgang in Hebreeus, wat aandui dat iets “dubbeld” is, bv. …..

As in previous periods, the dual marker in Modern Hebrew is the ending יים- -áyim, which indicates the component ‘two’. It occurs in newly formed common nouns like מספרייםmisparayim ‘scissors’, מכנסיים mix̱nasayim ‘trousers, משקפיים mišqafayim ‘(eye) glasses’, אופנייםʾofanayim ‘bicycle’. Many of these newly formed nouns are pluralia tantum, some of which are formed in miCCaCayim pattern. A few place names are also formed in the same way, e.g., גבעתייםgivʿatayim ‘(having) two hills’, בארותיים beʾerotayim ‘(having) two wells’, as in the past (Schwarzwald 1996)

Die uitgange van die name “Mitzrayim” en “Yerushalayim” dui dus aan dat dit plekke is wat tweeledig is, omdat daar ‘n aardse Egipte en Jerusalem sowel as ‘n geestelike Egipte en Jerusalem is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BOAS EN RUT

Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis.  Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense.  Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens. 

Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing.  Hulle verhaal is eenvoudig.  Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem.  Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het.   Opgesom is die verhaal as volg …

Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem.  Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem.  Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan.  Naomi het bitter en gestroop teruggekeer.  Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk.  Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het.  Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het.  JaHUsha, ons Losser,  is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.

Die name in die boek van Rut is veelseggend.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BOAZ AND RUTH

The book of Ruth has only four chapters, but it is rich in meaning.  One thinks of the book as a love story, but it is about more than just the love between two people.  It is a symbolic expression of YaHUaH’s supernatural love for man.

Boaz and Ruth are historically and symbolically two important people in YaHUaH’s unfolding plan of salvation.  Their story is simple.  It takes place in a peaceful time of the judges, although there was a famine that was over by the time Naomi returned to Bethlehem.  The central theme is that of a defenseless widow with no future whom YaHUaH saved through seemingly random events of every day and created a rosy future for her.  Summarized the story is as follows…

Naomi and Elimelech and their two sons temporarily moved to Moab because of a devastating drought in Bethlehem.  After Naomi’s husband and both her sons, Mahlon and Kilion, died there in Moab Naomi, as the only survivor from her family, decided to go back to Bethlehem.  Her one daughter-in-law, Ruth, chose to go with Naomi.  Naomi returned bitter and stripped. Ruth also left everything she knew behind, especially the god of Moab.  She totally left her fate in the hands of Naomi’s Elohim, without her knowing how things would work out for her.  There was no turning back for her and it was there in Bethlehem where Ruth met Boaz who married her.  The book ends with an account of Ruth and Boaz’s children, grandchildren and great-grandchildren as the bloodline of the royal house of Israel that began with David.  YaHUsha, our Redeemer, was born from that lineage as the “Son of David”.

The names in the book of Ruth are meaningful.
For Full PDF, click here.

DIE HOEK VAN DIE KLEDINGSTUK VAN ‘N MAN, ‘N JOOD Sagaria 8:23

Die vertaling van Sag. 8:23 wissel in verskillende Bybels, maar die een wat die beste ooreenkom met die betekenis van die Hebreeuse woord “kanaph” (Strong’s H3671) is in: The Scriptures.

Zech. 8:23  Thus said YHWH of hosts, In those days ten men from all languages of the nations take hold, yea, they shall take hold of the edge (H3671) of the garment of a man, a Yehudite, saying, “Let us go with you, for we have heard that Elohim is with you.”      –  The Scriptures

כָּנָף kânâph,: from H3670; an edge or extremity; specifically (of a bird or army) a wing, (of a garment or bedclothing) a flap, (of the earth) a quarter, (of a building) a pinnacle: – bird, border, corner, end, feather(-ed), flying, (one an-) other, overspreading, quarters, skirt, sort, uttermost part, wing(-ed).

Dit is nie “tzitzit” nie, maar “kanaph”. Wat is die leuen en wat is die waarheid? Watter betekenis het die woord “kanaph” vir ons en watter ander verse in die Woord hou daarmee verband?

Vir die volledige PDF, kliek hier.

SHAVUOT, DIE VERLOWINGSVERBOND

Shávuot is die laaste fees van die lentefeeste.  Die feeste van Israel is die bloudruk vir die vervulling van profesie. Net soos wat die volk Israel dit aanvanklik fisies beleef het en later jaarliks moes gedenk het, is die eerste helfte van die feeste volkome deur JaHUsha vervul.  Die ander helfte, die herfsfeeste, sal grootliks vervul word wanneer Hy weer kom vir Sy Bruid.

Die Israel van Elohiem (Gal. 6:16) het ontstaan as ‘n Koninklike Priesterdom (1 Pet. 2:9, vgl. Ex. 19:6).  Dit is net moontlik as Israel op een of ander wyse aan die Koning, JaHUsha, verbind kan word.  Diè verbintenis is ‘n liefdesverhouding.

Wanneer ‘n paartjie besluit om verloof raak, word hulle ook aan mekaar verbind.  ‘n Verlowing is ‘n verbond.

Vir Volledige PDF, kliek hier.