Dit is ‘n term wat voorkom in die boek van Daniël en in die boek van Openbaring. Daniël gee vir ons die profesie en in die boek van Openbaring word die profesie geopenbaar soos wat dit toekomstig sou afspeel t.o.v. die Volgelinge van JaHUsha, nl. die 7 Gemeentes en ook vir diè wat uit hulle sal voortkom.
Dit staan in verband met Dan. 9:24 – 27 se baie belangrike en uistaande profesie en meer spesifiek met die 2 helftes van die 70e jaarweek naamlik vers 26 en 27.
Diè profesie handel oor JaHUsha wat as Gesalfde op ‘n spesifieke tyd in die geskiedenis sou kom en dan ook die rol van Sy Teenstander aan die anderkant.
Dit behels gevolglik ook die verkondiging van die evangelie aangaande JaHUsha aan alle volke, nasies en tale, maar nie net dit nie. Dit handel ook oor die Teenstander se rol om die uitbreiding van JaHUsha se Hemelse koninkryk te kortwiek en vir homself te probeer kaap deur die vervolging van Gelowiges, maar uiteindelik word die Teenstander oorwin.
So het “tyd, tye en ‘n halwe tyd” ‘n fisiese en geskiedkundige betekenis asook ‘n profetiese betekenis. Die profetiese betekenis word m.a.w. gebou op die fisiese gebeure wat histories was en diè geskiedenis moet ondersoek word as ons insig oor die term wil bekom.
Hierdie skrywe lei die leser om te verstaan hoedat tyd, tye en ‘n halwe tyd in verband staan met die Hemelse Koninkryk se Nuwe Testamentiese Kerk (as Geestelike Israel wat ‘n Hemelse Tabernakel het).
Soos die term in die boek van Openbaring voorkom is dit ‘n profetiese tydperk wat al meer as 2 000 jaar lank aan die gang is want dit behels tegelykertyd ook die hele tydperk van die laaste gedeelte van Daniël se Beeld met die Babiloniese kop, nl. diè van die Romeinse Ryk, waar ons nou al by die tone daarvan trek.
Van waar ons ons bevind is diè tydperk dus geskiedkundig, teenswoordig en toekomstig en nie net toekomstig soos gewilde eskatalogie dit versprei nie.
Vir Volledige PDF, kliek hier.