Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis. Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense. Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens.
Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing. Hulle verhaal is eenvoudig. Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem. Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het. Opgesom is die verhaal as volg …
Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem. Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem. Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan. Naomi het bitter en gestroop teruggekeer. Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk. Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het. Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het. JaHUsha, ons Losser, is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.
Die name in die boek van Rut is veelseggend.
Vir Volledige PDF, kliek hier.