FEES VAN BASUINE, ONS HORING VAN VERLOSSING

Die Fees van Basuine vorm deel van die Fees van Tabernakels. Die Fees van Tabernakels was gevier aan die einde van die oesseisoen en is ook genoem die Fees van Insameling.  Teen hierdie tyd was die hele oes afgehandel en die mense het gerus.

Die betekenis is duidelik … JaHUaH wou hê dat Sy Verbondsvolk moet leer om in Hom te rus.  As Geestelike en Skriftuurlike Israel van Elohiem (Gal. 6:15 – 16) is JaHUaH se doelwit vir Gelowiges in JaHUsha Messias dus dat ons in JaHUsha sal rus vind.

JaHUaH het in die Ou Testament trompette gebruik om met Sy verbondsvolk te kommunikeer.  Hulle was altyd ontsettend bevrees as Hy direk met hulle gepraat het.   Hy het dus met hulle gepraat deur die gebruik van trompette. Vir die Volk was die geluid van die basuin dan verteenwoordigend van die “stem” van JaHUaH, asook van Sy mag wanneer daar oorlog gevoer was. 

Oorspronklik is twee silwer trompette geblaas, maar dit is later vervang met die shofar.  Dit is geblaas om die mense bymekaar te maak vir aanbidding, of om kamp op te breek en verder te trek asook om alarm te maak om gereed te maak vir oorlog.

Omdat JaHUaH so met die mense gepraat het, en basies trompette gebruik het om “hulle gevegte vir hulle te veg”, het hulle Hom begin noem: “die Horing van Verlossing“.

JaHUsha is die ware Kommandeur van die leër van JaHUaH (Open. 19:11- 16). Toe Sagaria gehoor het dat die Gesalfde (Messias) gebore is, het hy hierdie profetiese woorde gespreek …

“Geloofd sy JaHUaH, die Elohiem van lsrael, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeg gebring het, en ‘n Horing van Verlossing opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg — soos Hy gespreek het deur die mond van sy afgesonderde profete van ouds af — redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat.”  (Luk. 1:68 – 69)

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE DEURTOG DEUR DIE JORDAAN EN DIE TWAALF KLIPPE

Die 12 klippe wat 12 mans, een uit elke stam, moes dra in Jos. 4, is ook vir ons ‘n monument wat vir ons die betekenis inhou dat JaHUsha se Versoening vir ons die komende Oordeel afwend, weens die Verbond waarvan die Verbondsark die simbool is hier.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GILGAL EN GALILEA

Daar is so baie van die Evangelie verskans in dit wat gebeur het met Josua en die volk toe hulle die Beloofde Land moes ingaan soos ook hier by Gilgal.  JaHUaH wys pertinent die ooreenkoms uit tussen die Trek deur die Rooi See en die Trek deur die Jordaan.  Ons het gesien dat die Jordaan ‘n plek van Oorgang was.  Die Rooi See is dit ook.  Die Paasfees is gehou vòòr die uittog uit Egipte en die Trek deur die Rooi See, maar by die Jordaan is dit gehou nàdat hulle deur is.  Simbolies is die Beginpunt en die Eindpunt dieselfde, dit ontmoet mekaar soos wat gebeur as mens ‘n sirkel trek.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE OORSTEEK VAN DIE JORDAAN

Wie ons ken as Josua, Moses se opvolger, se naam in die Hebreeus word dieselfde gespel as diè van JaHUsha in die Hebreeus.  Josua het die Volk oor die Jordaan geneem en ons kan die geestelike Jordaan aan die einde van tyd net oorgaan saam met JaHUsha.  Dis die enigste weg na die Beloofde Land van die Koninkryk van die Hemel. Die waarskuwing is weereens om nie verstrik te raak in die fisiese Torah van Moses nie en sodoende nie die Jordaan dan sal kan oorsteek aan die einde van die Tyd nie (net soos wat Moses dit nie kon doen nie). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE DERDE DAG VAN LEWENDMAKING

Met die skepping het die plantegroei in Gen. 1 as die eerste nuwe lewe uit die grond begin uitspruit op die derde dag (Gen. 1:11 – 13), wat in die die N.T. verband hou met geestelike Israel as ‘n ‘nuwe skepping’ (Gal. 6:15 – 16). 

Die derde dag eggo dan voort in die Woord as ‘n patroon van goddelike ingryping, ‘n nuwe begin en restorasie (in Gen 22:4 en verder aan is Isak op die derde dag van die dood verlos, in Gen. 42:17 – 18 het Josef se broers op die derde dag van hulle aanhouding ‘n opdrag gekry waardeur hulle sou kon ‘lewe’). 

Jona was ook vir drie dae en drie nagte in die vis se maag en tog het hy gelewe.  JaHUsha verwys daarna as ‘n teken i.v.m. Homself en Sy opstanding uit die dood (Jona 1:17, Matt. 12:40, 16:4).

JaHUsha is opgewek uit die dood op die derde dag volgens hierdie ‘patroon’ van die bogenoemde skrifte, sê 1 Kor. 15:14.

Toe Josua die leierskap by Moses oorgeneem het en die volk in die Beloofde Land moes inlei, het hy ‘n ontmoeting met JaHUaH gehad (Jos. 1:1 – 9).  Hy het gedurende daardie ontmoeting opdrag gekry om die volk gereed te maak sodat hulle na  drie dae deur die Jordaan sou trek.

Dit is ook ‘n boodskap vir ons, so wat beteken dit vir ons vandag in die uitlewing van ons geloof?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

CROSS THE SPIRITUAL JORDAN WITH YAHUSHA

The Jordan River is on the entrance to the Promised Land.  As with physical Israel, we as Scriptural Israel have to cross the Spiritual Jordan at the edge of time to enter the spiritual Promised Land. 

They had the physicalיהושׁע (translated as Joshua)to lead them to cross the Jordan, we need  YaHUsha (יהושׁע), (the same Hebrew spelling), to cross the Spiritual Jordan.

For Full PDF, click here.