DIE OPSTANDINGSOES MET DIE BLAAS VAN DIE LAASTE BASUIN

Die jaarlikse siklus van die feeste wat volgens Lev. 23 deur Israel gevier moes word, werp duidelike lig op die raadsplan van JaHUaH vir die mensdom.  Hierin kan ons die verlossingsplan volg vanaf die folterpaal en die reiniging van ons sondes, na die opstandingslewe en die vervulling met die Afgesonderde Gees, gevolg deur die lang pad van die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van die Hemel aan al die nasies, tot by die insameling van die oes met die wederkoms van JaHUsha die Gesalfde, wat aan die anderkant ook die uitstorting van Sy toorn behels.

Daar is drie vername oesfeeste.  Daar is die eersteling van die garsoes en die eerstelinge van die koringoes en dan lees ons ook van die oes van die druiwe en die pars daarvan.

In Lev. 23 was JaHUsha se opstanding uit die dood gesimboliseer deur die Eerstelinggerf want Hy die eerste was om uit die dood uit op te staan.  Eerstevrugte wat sodoende toegewy is aan JaHUaH, het die hele oes wat nog sou kom verteenwoordig (Rom. 11:16).  Die hele oes behoort dan aan JaHUaH en is dan afgesonderd en geseënd. 

Die graanoeste se eerstelinge simboliseer dus dat omdat JaHUsha opgewek is, gelowiges in Hom ook opgewek sal word.

Joh. 11:25 – 26  JaHUsha sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

SABBATH AND FEASTS ACCORDING TO THE MELEKTZADEK “New and Living way”

In the Hebrew Roots movement virtually all are “Taught” to follow the “Torah of Moses”. They then attempt the impossible task of “Doing” this “Torah of Moses”, end up frustrated with the incompleteness and so some even Teach contrary to Scripture that “We Keep/Do the one’s that we can do”….. whereas the Torah instruction is to “Keep ALL this Torah”.

Some then go on to find the influence of the Oral Teachings of the Rabbi’s on the “Torah of Moses” giving the Traditions and Doctrines that we initially accepted as Scripture … only to find them to be “interpretations” with unscriptural origins.

To gain true understanding, we need to work with the principles elucidated in the examples and the teachings laid out for us in the MelekTzadek Scriptures (N.T.) so that we can apply Torah to our lives.

For Full PDF, click here.

THE FEAST OF TABERNACLES

It is better to take refuge in יהוה Than to trust in man.” – Psalm 118:8 

“Let us keep the Feast (Moed) …..”

This is what Shaul says in 1 Cor.  5:8.  This Portal of time to meet with YHWH still applies to us.

This is a good place to start when considering Succot/Tabernacles as the Moedim are the Moedim of YHWH.

Are we called to Keep YHWH’s Moed as a Chag according to the “Torah of Moses” as Judaism does ….or …. in the New and Living Way in Messiah.

For Full PDF, click here.

DIE VYFTIGSTE DAG

Vyftig dae nàdat die Eerstelinggerf van gars gewuif is moes die Fees van weke gevier word deur o.a. twee gesuurde brode as Eerstevrugte te wuif in die tyd van die koringoes.  As die einde van die garsoes dus in sig is, dan is die oes van die koring die volgende fokus en daarvoor moet hulle 7 weke aftel (49 dae) en die dag nà die 49e dag word die Fees van Weke dan gevier as ‘n sabbat op die vyftigste dag. Ons kyk in hierdie studie wat die profetiese betekenis van die vyftigste dag is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

‘N GROOT STEM SOOS VAN ‘N BASUIN

Die blaas van die laaste basuin hou o.a. verband met die eerste opstanding en is ‘n toekomstige tydperk waarna ons as Gelowiges uitsien, maar dis ‘n proses om daar te kan uitkom.  Om die groter prentjie in hierdie verband te kan verstaan moet ons gaan kyk hoe die sewe basuine van Openbaring geanker is in die Torah en wat Paulus vir ons dan op grond daarvan na vore gebring het en dit dan weer vergelyk met dit wat JaHUsha “geopenbaar” het aan Johannes daar op Patmos. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE KRAG VAN DIE BLOED

Daar is iets wonderbaars omtrent die bloed van JaHUsha.  Dis bonatuurlik want Hy het nie die DNA van ‘n aardse vader gehad nie, omdat die Afgesonderde Gees vir Maria oorskadu het.

Bloed is “Dam” in Hebreeus.  Daar is in die Hebreeus konneksies met hierdie woord wat mens nie raaksien in vertalings nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

FEES VAN TABERNAKELS Die Hemelbrood het onder ons kom Tabernakel

Die feeste het vir ons in die Orde van Melgisèdek ‘n geestelike betekenis en boodskap, ook wat ‘n mens se persoonlike geestelike wandel betref. 

Dit het net een nag geneem om Israel uit Egipte te kry na die hou van die eerste Pasga, maar dit het 40 jaar geneem om Egipte uit Israel uit te kry. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

FEES VAN TABERNAKELS Opsomming

Tydens die Fees van Tabernakels moes die Israeliete sewe dae lank in hutte woon met die 1e dag en die 8e dag as ‘n rusdag, Lev. 23:39 – 43.  Ons is egter nie meer in die Levitiese Priesterskap nie, so hoe vier ons dit in die Orde van Melgisèdek waar die Torah nou geestelik is, Rom. 7:14.

Ons het die fisiese geskiedenis van die Israeliete en hulle uittog uit Egipte wat vir ons die geestelike waarheid aandui, 1 Kor. 10:11.  Die Beloofde Land het eintlik nog altyd die geestelike in gedagte gehad, Heb. 11: 8 – 10.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GROOT VERSOENDAG IN DIE ORDE VAN MELGISÈDEK

Wanneer Moses die opdrag gee dat die Groot Versoendag op die 10e van die 7e maand gehou moet word (Lev. 23: 26 – 32), kom die opdrag om te “verootmoedig”.   Dis dìe woord wat tradisioneel vertolk is as “vas”.  Die woord vir vas is egter “Tsum” (Strong’s 6684) en dis nie wat hier staaan nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.