DANIËL 9 SE PROFETIESE SKAT

Daniël 9 se inhoud bevat die kosbare en meestal onontdekte Skat van die tydstip waarop die Gesalfde (JaHUsha), JaHUaH se Verbond met Abraham sou kom bekragtig het.  Daniël was ‘n geliefde man en JaHUaH vertrou diè Skat aan hom toe.  Dit is ons voorreg vandag om die besondere Skat “uit te grawe” of uit te pluis, want dis diep weggebêre onder valse verklarings en misleiding, van toeka af tot nou.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TOEPASSING VAN DIE TORAH IN DIE ORDE VAN MELGISèDEK Lering 13 Kritiese Openbaringe oor die Laaste Ses Jaar

Dit wat in die reeks van twaalf as “Toepassing van Torah” aangebied is, het nagevolge wat  ewigdurend sal wees.  Wie jy sal kies om na te volg, sal jou oordeel bepaal. Stel uself voor dat mens eendag sal opstaan, net om te vind dat mens Satan aanbid het met die viering van Kersfees, Paasfees, Deepavali, Channukah of watter Mensgemaakte “Fees” ookal.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

JERIGO Deel 5 Die Merkwaardige Monument van die Huis van Ragab met die Rooi Tou

In die boek van Josua ontmoet ons een van die heldinne van die Woord.  Ragab, ‘n prostituut in hierdie Kanaänitiese stad van Jerigo, is uitsonderlik vanweë haar geloof in die Elohiem van Israel en ook vanweë haar plek in die geslagslyn van JaHUsha die Gesalfde.  As ons die kort gedeelte van haar lewe van naderby ondersoek, lei dit tot ‘n dieper insig in die Verlossingsplan van JaHUaH wat, soos die Rooi Tou dit hier simboliseer, ‘n Skarlakendraad is wat dwarsdeur die Skrif loop.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THEY DIVIDED UP MY LAND

From the time of Joshua, Judah lived in YHVH’s Land as the Fellaheen Peasants of Palestine. When the Ashkenazi arrived from Eastern Europe “they scattered my people among the nations” with almost a million in 1948. Then the World “divided up my land” that is U.N. 181 – Partition of Palestine Plan – in November 1947.

For Full PDF, click here.

GILGAL EN GALILEA

Daar is so baie van die Evangelie verskans in dit wat gebeur het met Josua en die volk toe hulle die Beloofde Land moes ingaan soos ook hier by Gilgal.  JaHUaH wys pertinent die ooreenkoms uit tussen die Trek deur die Rooi See en die Trek deur die Jordaan.  Ons het gesien dat die Jordaan ‘n plek van Oorgang was.  Die Rooi See is dit ook.  Die Paasfees is gehou vòòr die uittog uit Egipte en die Trek deur die Rooi See, maar by die Jordaan is dit gehou nàdat hulle deur is.  Simbolies is die Beginpunt en die Eindpunt dieselfde, dit ontmoet mekaar soos wat gebeur as mens ‘n sirkel trek.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

CALENDAR RESTORATION

we are following the “World’s Roman Caesar Papal Calendar”.

It is obviously not YHVH’s Calendar and even Judaism goes there to get it’s 7th Day Sabbath. Whoever is in charge, is in charge of the calendar.  A Calendar tells you when to work and when to worship.  WHEN you worship tells heaven and the on-looking universe WHO you worship, so getting the day right is THAT important.

For Full PDF, click here.

DIE DERDE DAG VAN LEWENDMAKING

Met die skepping het die plantegroei in Gen. 1 as die eerste nuwe lewe uit die grond begin uitspruit op die derde dag (Gen. 1:11 – 13), wat in die die N.T. verband hou met geestelike Israel as ‘n ‘nuwe skepping’ (Gal. 6:15 – 16). 

Die derde dag eggo dan voort in die Woord as ‘n patroon van goddelike ingryping, ‘n nuwe begin en restorasie (in Gen 22:4 en verder aan is Isak op die derde dag van die dood verlos, in Gen. 42:17 – 18 het Josef se broers op die derde dag van hulle aanhouding ‘n opdrag gekry waardeur hulle sou kon ‘lewe’). 

Jona was ook vir drie dae en drie nagte in die vis se maag en tog het hy gelewe.  JaHUsha verwys daarna as ‘n teken i.v.m. Homself en Sy opstanding uit die dood (Jona 1:17, Matt. 12:40, 16:4).

JaHUsha is opgewek uit die dood op die derde dag volgens hierdie ‘patroon’ van die bogenoemde skrifte, sê 1 Kor. 15:14.

Toe Josua die leierskap by Moses oorgeneem het en die volk in die Beloofde Land moes inlei, het hy ‘n ontmoeting met JaHUaH gehad (Jos. 1:1 – 9).  Hy het gedurende daardie ontmoeting opdrag gekry om die volk gereed te maak sodat hulle na  drie dae deur die Jordaan sou trek.

Dit is ook ‘n boodskap vir ons, so wat beteken dit vir ons vandag in die uitlewing van ons geloof?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE BALFOUR DEKLARASIE

Een honderd jaar gelede (2 November 1917) het Athur Balfour (die Britse Buitelandse Sekretaris) die Balfour Deklarasie geskryf aan Lord Walter Rothschild. Dit word tans  gevier en herdenk in Brittanje en Israel, terwyl die Palestyne dit nie heeltemal so positief onthou nie.  Hulle verwag ten minste ‘n apologie weens dit wat hulle te beurt geval het as gevolg daarvan al sê die Deklarasie…

Vir Volledige PDF, kliek hier.