DIE HOEK VAN DIE KLEDINGSTUK VAN ‘N MAN, ‘N JOOD Sagaria 8:23

Die vertaling van Sag. 8:23 wissel in verskillende Bybels, maar die een wat die beste ooreenkom met die betekenis van die Hebreeuse woord “kanaph” (Strong’s H3671) is in: The Scriptures.

Zech. 8:23  Thus said YHWH of hosts, In those days ten men from all languages of the nations take hold, yea, they shall take hold of the edge (H3671) of the garment of a man, a Yehudite, saying, “Let us go with you, for we have heard that Elohim is with you.”      –  The Scriptures

כָּנָף kânâph,: from H3670; an edge or extremity; specifically (of a bird or army) a wing, (of a garment or bedclothing) a flap, (of the earth) a quarter, (of a building) a pinnacle: – bird, border, corner, end, feather(-ed), flying, (one an-) other, overspreading, quarters, skirt, sort, uttermost part, wing(-ed).

Dit is nie “tzitzit” nie, maar “kanaph”. Wat is die leuen en wat is die waarheid? Watter betekenis het die woord “kanaph” vir ons en watter ander verse in die Woord hou daarmee verband?

Vir die volledige PDF, kliek hier.

SHAVUOT, DIE VERLOWINGSVERBOND

Shávuot is die laaste fees van die lentefeeste.  Die feeste van Israel is die bloudruk vir die vervulling van profesie. Net soos wat die volk Israel dit aanvanklik fisies beleef het en later jaarliks moes gedenk het, is die eerste helfte van die feeste volkome deur JaHUsha vervul.  Die ander helfte, die herfsfeeste, sal grootliks vervul word wanneer Hy weer kom vir Sy Bruid.

Die Israel van Elohiem (Gal. 6:16) het ontstaan as ‘n Koninklike Priesterdom (1 Pet. 2:9, vgl. Ex. 19:6).  Dit is net moontlik as Israel op een of ander wyse aan die Koning, JaHUsha, verbind kan word.  Diè verbintenis is ‘n liefdesverhouding.

Wanneer ‘n paartjie besluit om verloof raak, word hulle ook aan mekaar verbind.  ‘n Verlowing is ‘n verbond.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE GROOT VERSOENDAG Opsomming

Daar is ‘n lang speling van sowat 4 maande tussen die eerste feeste van die jaar en die laaste 3 feeste van die jaar, waartydens die oes ingesamel moet word. 

JaHUsha het gesê dat die lande al “wit is vir die oes” (Joh. 4:35).  Dit is nou nog die tyd wat die nasies  het om in te kom (Rom. 11:25) in die “Gemeente van Nasies” as Verheerlikte Israel, die Bruid.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

THE FEASTS – YAHUAH’S PLAN FOR REDEMPTION

The feasts represent YaHUaH’s plan of redemption for mankind.  With the feasts we can follow the Plan of Salvation from the Stake for the cleansing of our sins, to the Resurrection life and the filling with His Set Apart Spirit, followed by the long road of proclaiming the Good News of the Kingdom of Heaven to all nations (Mark 1:14 – 16, Matt. 28:8 – 20), up to the gathering of the harvest with the Return of YaHUsha, which on the other side also involves the pouring out of His wrath (Rev. 11:18, Rev. 14:8 – 11, Matt. 25:31 – 46).

For Full PDF, click here.

DIE FEESTE – JAHUAH SE VERLOSSINGSPLAN

Die Feeste verteenwoordig die raadsplan van JaHUaH vir die mensdom.  Hierin kan ons die verlossingsplan volg vanaf die folterpaal en die reiniging van ons sondes, na die opstandingslewe en die vervulling met die Afgesonderde Gees, gevolg deur die lang pad van die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van die Hemel aan al die nasies (Mark. 1:14 – 16, Matt. 28:8 – 20), tot by die insameling van die oes met die wederkoms van JaHUsha die Gesalfde, wat aan die anderkant ook die uitstorting van Sy toorn behels (Open. 11:18, Open. 14:8 – 11, Matt. 25:31 – 46).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TYD, TYE EN ‘N HALWE TYD

Dit is ‘n term wat voorkom in die boek van Daniël en in die boek van Openbaring.  Daniël gee vir ons die profesie en in die boek van Openbaring word die profesie geopenbaar soos wat dit toekomstig sou afspeel t.o.v. die Volgelinge van JaHUsha, nl. die 7 Gemeentes en ook vir diè wat uit hulle sal voortkom.

Dit staan in verband met Dan. 9:24 – 27 se baie belangrike en uistaande profesie en meer spesifiek met die 2 helftes van die 70e jaarweek naamlik vers 26  en 27.

Diè profesie handel oor JaHUsha wat as Gesalfde op ‘n spesifieke tyd in die geskiedenis sou kom en dan ook die rol van Sy Teenstander aan die anderkant.  

Dit behels gevolglik ook die verkondiging van die evangelie aangaande JaHUsha aan alle volke, nasies en tale, maar nie net dit nie.  Dit handel ook oor die Teenstander se rol om die uitbreiding van JaHUsha se Hemelse koninkryk te kortwiek en vir homself te probeer kaap deur die vervolging van Gelowiges, maar uiteindelik word die Teenstander oorwin.

So het “tyd, tye en ‘n halwe tyd” ‘n fisiese en geskiedkundige betekenis asook ‘n profetiese betekenis.  Die profetiese betekenis word m.a.w. gebou op die fisiese gebeure wat histories was en diè geskiedenis moet  ondersoek word as ons insig oor die term wil bekom.

Hierdie skrywe lei die leser om te verstaan hoedat tyd, tye en ‘n halwe tyd in verband staan met die Hemelse Koninkryk se Nuwe Testamentiese Kerk (as Geestelike Israel wat ‘n Hemelse Tabernakel het)

Soos die term in die boek van Openbaring voorkom is dit ‘n profetiese tydperk wat al meer as 2 000 jaar lank aan die gang is want dit behels tegelykertyd ook die hele tydperk van die laaste gedeelte van Daniël se Beeld met die Babiloniese kop, nl. diè van die Romeinse Ryk, waar ons nou al by die tone daarvan trek. 

Van waar ons ons bevind is diè tydperk dus geskiedkundig, teenswoordig en toekomstig en nie net toekomstig soos gewilde eskatalogie dit versprei nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BAPTISM OF THE BELIEVER

In the Torah, the New Testament baptism has the “Baptism into Moses” as its foundation, namely when the Israelites crossed the Red Sea.  It is symbolic of our deliverance from the ”slavery of Egypt” (our sins) by YaHUsha our Passover Lamb, namely through His death and resurrection. 

The Israelites were protected and kept while crossing the Sea, but the Egyptians who did not have the blood of Passover lambs, drowned in that same water. 

This refers back to Noah’s flood that cleansed the earth of sinners and sin, but those who were inside the Ark were preserved amidst the situation.

However, we cannot always connect it with water everywhere we read about “baptism” in the Word, because more often it refers to the “spiritual baptism” into “YaHUsha’s death”.  

But the baptism with water has a very important place, especially with regard to symbolising the inauguration into the Priesthood of the Melchizedek Order.

For Full PDF, click here.

Also see: INFANT BAPTISM

DIE DOOP VAN DIE GELOWIGE

In die Torah het die Nuwe Testamentiese doop die “Doop in Moses” as fondasie, naamlik toe die Israeliete deur die Rooi See getrek het. 

Dit is ‘n simboliese bevestiging van die Vereenselwiging met ons Paaslam, JaHUsha, se sterwe en opstanding as ons Verlosser uit ons “Egiptiese slawerny”.  Die Israeliete het behoue deur daardie water gekom, terwyl die Egiptenare wat nie die bloed van Paaslammers gehad het nie, verdrink het in dieselfde water.  Dit verwys weer terug na Noag se vloed wat die aarde skoongemaak het van sondaars en sonde, maar die wat binne-in die Ark was, was binne-in die situasie bewaar.

Ons kan egter ook nie orals waar ons van “doop” in die Woord lees dit altyd met water verbind nie, want meer dikwels verwys dit na die “geestelike doop in JaHUsha se dood”. 

Die doop met water het egter ook ‘n baie belangrike plek, veral m.b.t. die inwyding tot die Melgisèdekorde se Priesterkap.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Sien ook: DIE KINDERDOOP

DIE EWIGE VERBOND SE SHAVUOT

In hierdie studie oor die Ewige Verbond gaan ons eers na Hebreërs in die Nuwe Testament, dan na Abraham in die Torah en dan na Daniël se sewetalle of “shavuot” wat soos ‘n brug tussen die twee funksioneer.

Abraham en Daniël 9 het iets belangriks in gemeen met betrekking tot JaHUsha as die Geslagte Lam wat soos ‘n Bersèba vir ons is. 

Ons moet in die Woord grawe om diè Put van lewende water te ontdek.    

Vir Volledige PDF, kliek hier.