DIE VERHAAL VAN DIE AFRIKANERS SE VERLEDE

Ons gedenk jaarliks die uitsonderlike gelofte wat deur ‘n groep Afrikaanse Trekkers (sowel as ‘n Engelsman, ‘n klompie kleurlinge en swartes wat ook in die laer was) gemaak is aan die Almagtige Skepper van die hemel en aarde, onder die leiding van Andries Pretorius daar by Bloedrivier.  Soos ‘n Israel van ouds het diè kernvolkie ‘n verbond met haar Maker gemaak.

Die Afrikaner het weens die omstandighede van daardie tyd vanuit Europa gekom om in “donker Afrika” ‘n lewe te kom maak.  Met hulle geloof in die Almagtige God het hulle Sy lig hier laat begin skyn terwyl hulle ‘n spoor in die geskiedenis agtergelaat het.  ‘n Spoor wat strek oor generasies heen volgens die omstandighede van elke tydperk. 

Daardie spoor word deur Flip Buys, die hoof van Solidariteit, netjies saamgevat in ‘n nie-politiese dokument: “Die verhaal van die Afrikaners se verlede” soos  gepubliseer deur Maroela Media.  Dit dien vir ons en ons kinders as ‘n lig op die pad vorentoe.

Soos hyself sê: 

Daar is vir my drie uitgangspunte as ons oor die verlede praat. Die eerste is om te verduidelik en nie om te verdedig nie.  Die tweede gaan oor Samuel P. Huntington se stelling dat elke gemeenskap homself as die middelpunt van die wêreld sien en sy geskiedenis as die sentrale verhaal van die mensdom skryf.  Daar is gevolglik nie net een “geskiedenis” nie, en ons kant van die verhaal moet ook gehoor word. Die derde uitgangspunt is dat ons die geskiedenis net kan verstaan as ons onsself in die skoene van die mense van daardie tyd plaas.

Konteks is kernbelangrik om die oorwegings wat destyds hulle besluite gerig het, te begryp.

 Afrikaners leef in ’n tyd waar die skadu van die verlede steeds oor ons hang omdat ons ouers, grootouers en skoonouers apartheid ondersteun het, en ons vir die gevolge van daardie beleid verantwoordelik gehou word.

Daarom wil ek kortliks my eie familiegeskiedenis geslagmatig vanaf die Anglo-Boereoorlog gebruik om met ’n meer persoonlike inslag na ons ouers, grootouers en skoonouers se besluite te kyk, omdat dit terselfdertyd die geskiedenis van die meeste van ons se families is.  

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

WIE WAS DIE VOORTREKKERS

Destyds is die Voortrekkers “Emigrante-Boere” genoem. Die naam Voortrekkers is in 1840 vir die eerste keer gebruik. 

Het jy geweet daar was ’n paar Britte wat die Voortrekkers tydens sommige veldtogte teen die Zoeloes gehelp het? Hulle was Alexander Biggar (van wie twee seuns deur die Zoeloes vermoor is), eerwaarde Parker en Robert Joyce. Biggar is in die geveg aan die Wit-Umfolozirivier dood. 

Tydens die Groot Trek was Europeërs, Noord-Amerikaners en Australiërs ook besig om te trek: vooruit en verder weg.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER, 16 DESEMBER 1838

Hierdie video hersien die gebeure van die Slag van Bloedrivier. Die gelofte van Bloedrivier, soos dit in 1838 afgelê is, was ‘n geskiedkundige baken. Hierdie mense se gelofte tot Elohiem is uit nood gebore. Hulle het op die Almagtige, die Skepper van die Hemel en die Aarde, vertrou. Die herdenking van diè dag, waar dit eintlik gegaan het as ‘n stryd tussen Lig en Duisternis, is dus tot eer van JaHUaH wat getrou is aan Sy Woord soos ook in Joh. 3:16. Sy gedagte is hoër as die mens s’n (Jes. 55). Oor diè geestelike en evangeliese diepte wat ingebou is in die gebeure van daardie dag, sien die dokument: DIE BERSEBA VAN 16 DESEMBER 1838.

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER, 16 DESEMBER 1838

DIE BERSEBA VAN 16 DESEMBER 1838

Van die begin af is verkondig dat JaHUaH al die nasies in AbraHam sal seën.

Gen. 22:17 – 18  “dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is;  en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.”

In die Nuwe Testament word dit op ‘n paar plekke bevestig dat nie net een volk nie, maar alle nasies die voorreg het om deel te word van die belofte aan AbraHam deur geloof in JaHUsha ons Messias soos bv. in Galasiërs en vele ander plekke.

Gal. 3:8  “En die Skrif wat vooruit gesien het dat Elohim die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan AbraHam die evangelie verkondig met die woorde:  In jou sal al die volke geseën word.”

Maar wat het by Bloedrivier gebeur dat hierdie Skrifte op daardie dag betrekking kan hê?

Vir Volledige PDF, kliek hier.