DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER, 16 DESEMBER 1838

Hierdie video hersien die gebeure van die Slag van Bloedrivier. Die gelofte van Bloedrivier, soos dit in 1838 afgelê is, was ‘n geskiedkundige baken. Hierdie mense se gelofte tot Elohiem is uit nood gebore. Hulle het op die Almagtige, die Skepper van die Hemel en die Aarde, vertrou. Die herdenking van diè dag, waar dit eintlik gegaan het as ‘n stryd tussen Lig en Duisternis, is dus tot eer van JaHUaH wat getrou is aan Sy Woord soos ook in Joh. 3:16. Sy gedagte is hoër as die mens s’n (Jes. 55). Oor diè geestelike en evangeliese diepte wat ingebou is in die gebeure van daardie dag, sien die dokument: DIE BERSEBA VAN 16 DESEMBER 1838.

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER, 16 DESEMBER 1838

DIE TABERNAKEL VAN DAWID SE RESTORASIE

Die boek Amos handel oor die volk Israel se vervalle toestand.  Hulle was ver van JaHUaH af en in afgodery vasgevang.  In Amos 7:8 en 8:2 sê JaHUaH by monde van Amos dat Hy hulle nie meer gaan oorsien nie (“nie meer by hulle sal verby gaan nie”) en vergelyk Hy hulle “einde” met ‘n afgeplukte mandjie somervrugte.  In Hebreeus klink “somervrugte” en “einde” baie dieselfde.  JaHUaH het dus met woordspeling aangedui dat Hy die streep getrek het en dat fisiese Israel se einde in sig was.   Die seisoen vir hulle was verby en hulle sou “afgepluk” word soos somervrugte aan die einde van die seisoen.

Vir volledige PDF, kliek hier.

IN DIE HUIS VAN MY VADER

“In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

Dit was JaHUsha se woorde aan Sy dissipels in Joh. 14.

Dit was gebaseer op die gebruike van daardie tyd waar ‘n Bruidegom sy verloofde vir eers sou verlaat om vir haar ‘n huis te gaan berei by sy vader se huis.  As die plek vir die bruid klaar berei en gereed was, het die bruidegom sy bruid in die nag gaan haal (om en by middernag).  Wanneer hy en sy vriende naby aan die huis van die bruid was, het hulle geroep en ook met die ramshoring geblaas om die bruid en haar bruidsmeisies te laat weet dat hulle moes uitkom om die bruidegom tegemoet te gaan (vgl. Matt. 25). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GEBOORTE VAN JAHUSHA MESSIAS TYDENS DIE LOOFHUTTEFEES

Saam met die instruksie om die Fees van Tabernakels (die Loofhuttefees) te vier, het ook die opdrag gekom om vrolik te wees.  Dis ‘n tyd om vrolik te wees as die Verlosser van die wêreld gebore word. 

Weens wêreldwye Kersfeesvierings is die skriftuurlike herdenking van JaHUsha se koms na die wêreld  feitlik heeltemal uitgewis.  JaHUsha se geboortedag was nie op 25 Desember nie.  Dit is ‘n datum wat ‘n ander betekenis verteenwoordig.

Sien ook: DIE WARE OORSPRONG VAN KERSFEES

Vir Volledige PDF, kliek hier.

SABBAT EN FEESTE VOLGENS DIE ORDE VAN MELGISÈDEK OP ‘N NUWE EN LEWENDE WYSE

Die Sabbat word gereken as die Hoof “Moedim”.  Saam met die ander feeste in die 1e Maand en 7e Maand, is dit afgesonderde poorte in Tyd.  Dit is dus ‘n goeie plek om te begin as ons insig wil bekom.

Die “Sabbatdag” wat die week afrond, is die 4e Instruksie van die “Tien Woorde”, naamlik om te “Rus” en om nie te “Werk” nie.

Die woorde van hierdie 4e Instruksie en die Skrifte wat daarmee gepaard gaan, veroorsaak groot verskille in die gemoedere en begrip van mense.  Dit varieer vanaf ekstreme Wettisisme tot ‘n “Dankbare Rus” in die “Ewige arms”.

Vir die ware betekenis daarvan moet ons geestelike fokus op die konsep wat uitgebeeld word in die woord “Sabbat” soos wat dit voorkom in Heb. 4, naamlik dat dit handel oor die Ewigheid, die uiteindelike “Rus”.

VirVolledige PDF, kliek hier.

DIE FEES VAN TABERNAKELS OP DIE NUWE EN LEWENDE WEG

Ons wat in Messias is word geroep om Sukkkot as die “Moed” van JaHUaH Elohiem te hou (Lev. 23:2), maar gaan ons dit doen volgens die “Feestelike vergadering”, nl. die “Chag” van die Torah van Moses (Lev. 23:39 – 44), OF gaan ons fokus op die Voltooide werk van Messias JaHUsha wat as die “WOORD” in ‘n Menslike Liggaam gekom het om JaHUaH se Wil te kom doen (Ps. 40, Heb. 10), terwyl Hy met ons kom “Tabernakel/Sukkot” het en dan so die “Moed” van JaHUaH hou?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

VOOR DIE TROON

Ons lees van die Groot Versoendag in Lev. 23:27 – 32 en in Lev. 16.  Dit moes vanaf die aand van die negende dag tot die aand van die tiende dag van die sewende maand gehou word, nadat die Laaste Basuin op die eerste dag van dieselfde maand geblaas het.  Die Groot Versoendag is reeds gedeeltelik vervul in JaHUsha Messias (Heb. 10) vir ons wat nog fisies in ons “tydelike tentwonings” woon (2 Kor.5), maar reeds tog al geestelik in hemelse plekke is (Ef. 2:6)

Toekomstig sal daar ‘n laaste deel van vervulling wees wanneer ons voor die Troon van JaHUaH sal staan na die eerste opstanding, as die Verlostes van die aarde (die Gemeente van Eersgeborenes, Heb. 12:23).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE OPSTANDINGSOES MET DIE BLAAS VAN DIE LAASTE BASUIN

Die jaarlikse siklus van die feeste wat volgens Lev. 23 deur Israel gevier moes word, werp duidelike lig op die raadsplan van JaHUaH vir die mensdom.  Hierin kan ons die verlossingsplan volg vanaf die folterpaal en die reiniging van ons sondes, na die opstandingslewe en die vervulling met die Afgesonderde Gees, gevolg deur die lang pad van die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van die Hemel aan al die nasies, tot by die insameling van die oes met die wederkoms van JaHUsha die Gesalfde, wat aan die anderkant ook die uitstorting van Sy toorn behels.

Daar is drie vername oesfeeste.  Daar is die eersteling van die garsoes en die eerstelinge van die koringoes en dan lees ons ook van die oes van die druiwe en die pars daarvan.

In Lev. 23 was JaHUsha se opstanding uit die dood gesimboliseer deur die Eerstelinggerf want Hy die eerste was om uit die dood uit op te staan.  Eerstevrugte wat sodoende toegewy is aan JaHUaH, het die hele oes wat nog sou kom verteenwoordig (Rom. 11:16).  Die hele oes behoort dan aan JaHUaH en is dan afgesonderd en geseënd. 

Die graanoeste se eerstelinge simboliseer dus dat omdat JaHUsha opgewek is, gelowiges in Hom ook opgewek sal word.

Joh. 11:25 – 26  JaHUsha sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE WINGERD VAN DIE AARDE EN DIE WARE WYNSTOK

Wanneer mens na die eindtydse oeste van Open. 14 kyk, is dit belangrik om te verstaan dat die wingerd van Open. 14 nie die “Ware Wynstok” is nie, maar die wingerd wat die Vyand gekaap het.

JaHUaH het Israel as ‘n wingerd geplant (Jes. 5:7), maar daardie wingerd is deur die Vyand binnegedring en verontreinig en het toe wilde druiwe voortgebring wat bedwelmende drank opgelewer het wat na die dood lei, die ewige dood, maar JaHUsha is die Ware Wynstok wat ware drank oplewer wat vir ons die ewige lewe gee.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

‘N NUWE SKEPSEL

Persoonlike getuienis van Johan Botha … van Hengelaar tot Visser van Mense.

Jer 18:6  “Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek JaHUaH. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” 

2 Kor. 5:16 – 17  “Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Messias na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 
Daarom, as iemand in Messias is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Persoonlike Getuienis van Johan Botha