“JY HET JOU EERSTE LIEFDE VERLAAT”, GEMEENTE VAN EFESE!

Open. 2:1  Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars: 
Open. 2:2  Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; 
Open. 2:3  en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. 
Open. 2:4  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het
Open. 2:5  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. 
Open. 2:6  Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. 
Open. 2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. 

JaHUsha se woorde aan die gemeente in Efese spreek ook boekdele vir ons vandag. Elkeen van ons het ‘n oor, en daarom behoort ons, net soos die ander ses gemeentes, ook te luister na wat die Gees aan die gemeente te Efese gesê het. Luister gerus hoe JaHUsha ons almal so goed ken dat Hy tien dinge noem waarin Hy ons prys vir alles wat ons vir Hom doen. Maar daar was EEN ding wat Hy teen die gemeente van Efese gehad het, en ons wat ‘n oor het, moet hoor wat JaHUsha ook vir ons hierin sê …

Hierdie DVD is vervaardig deur Kerugma Produksies, ‘n geloofsonderneming wat daarna streef om die evangelie van Jesus Christus deur middel van hoë gehalte media produkte te versprei. Vir meer inligting besoek gerus http://www.kerugma.org

Neil Olwagen – Die Sewe Gemeentes van Openbaring 2 & 3 – Aan die Kerk van Jesus Christus in Efese

DIE GEMEENTE VAN EFESE

Efese is ‘n baie indrukwekkende argeologiese plek in Turkye.  Dit is waarskynlik nie later nie as die tiende eeu v. C. deur die Grieke gekoloniseer en hulle het hulle eie godin, naamlik Artemis, saam met hulle na Efese gebring met die gevolg dat die godin Artemis en haar tempel vir meer as ‘n duisend jaar lank ‘n fokuspunt was in Efese.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

IN DIE NAAM VAN

In Matt. 28:18 – 20 vind ons JaHUsha se laaste en Groot Opdrag wat ook die doop insluit.

Daar is kontroversie oor JaHUsha se woorde: “doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Afgesonderde Gees”, omdat dit op ander plekke in die Woord waar daar “doop” betrokke is nie so gestel word nie.

Dit lyk dan asof JaHUsha se woorde in Matt. 28:19 weerspreek wat in ander verse staan, en so word daar dan beweer dat Matt. 28:19 bygevoeg is.  

Is iets bygevoeg of ontbreek ons insig in ons Verlosser se identiteit?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE DOOP VAN DIE GELOWIGE

In die Torah het die Nuwe Testamentiese doop die “Doop in Moses” as fondasie, naamlik toe die Israeliete deur die Rooi See getrek het. 

Dit is ‘n simboliese bevestiging van die Vereenselwiging met ons Paaslam, JaHUsha, se sterwe en opstanding as ons Verlosser uit ons “Egiptiese slawerny”.  Die Israeliete het behoue deur daardie water gekom, terwyl die Egiptenare wat nie die bloed van Paaslammers gehad het nie, verdrink het in dieselfde water.  Dit verwys weer terug na Noag se vloed wat die aarde skoongemaak het van sondaars en sonde, maar die wat binne-in die Ark was, was binne-in die situasie bewaar.

Ons kan egter ook nie orals waar ons van “doop” in die Woord lees dit altyd met water verbind nie, want meer dikwels verwys dit na die “geestelike doop in JaHUsha se dood”. 

Die doop met water het egter ook ‘n baie belangrike plek, veral m.b.t. die inwyding tot die Melgisèdekorde se Priesterkap.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

Sien ook: DIE KINDERDOOP

TABEL VIR DIE BEREKENING VAN DIE DATUM VAN PASGA EN DIE NUWE JAAR

Om die korrekte datums te kry, moet die datum vir die Maart-Equinox eerstens geneem word (Ex. 12:2).

2 Kron. 24:23 en Ex. 34:22 sê die Tequfah/Omtrek is die “einde” van die jaar en natuurlik ook die begin van die jaar, wat by die Equinox sal wees.

Kry dan die Eerste Volmaan daarnà (wat Dag 15 sal wees, want dit was die dag waarop die Israeliete Egipte verlaat het, Ex. 12:31 – 39, Ps. 81:4, Ps. 104:9) en dan tel mens terug tot by die Nuwe Maan wat die Donker Maan is, om sodoende by die begin van die Maand uit te kom.

Daarna word daar weer vorentoe getel tot by die veertiende dag vir die Levitiese Pasga, hoewel die Verbondsmaal wat JaHUsha ingestel het op Dag 13 was, sodat Hy die volgende dag, presies op die regte tyd op JaHUaH se Kalender, die Paaslam kon wees op Dag 14. Daarom gedenk ons die “Melgisèdekorde Pasga” of dan die Nuwe Verbondsmaal, op Dag 13.

Dit is ook belangrik om te onthou dat ‘n dag twaalf ure het op JaHUaH se Kalender, so ook ‘n Nag (Gen. 1:16, Joh. 11:9). ‘n Dag begin dus nie die vorige nag om twaalfuur nie, of die vorige aand met sononder nie.

Dag 13 en Dag 14 is die tydperk van “Tussen die aande” waarvoor voorsiening gemaak is in die Ou Testamentiese Teks.

Daar was ‘n “oorskakeling” in Torah vanaf Levities na Melgisèdek.

Messias JaHUsha het die Levitiese Pasga gehou nà sonsondergang op die 13e dag, en daarna het Hy die Nuwe Verbond met die Melgisèdek-Verbondsmaal ingestel, wat Hy daaropvolgend met Sy bloed bekragtig het op die Pasga ‘tussen die aande’ (Ex. 12:6).

Ex. 12:6  “En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand;  en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.”

Teen die aand = tussen die aande  = בֵּין   הָעַרְבּיִם

בֵּין  =  tussen

עֶרֶב  =  aand (enkv.) –  Strong’s H6153

הָעַרְבּיִם  =  aande (meervoud)

Dit lyk dan asof ons Afrikaanse Bybel nie die letterlike vertaling gebruik het nie, maar dit is wel in  die Hollandse Bybel (1884) reg vertaal:

Ex. 12:6  “En gij zult het in bewaring hebben tot den veertiende dag dezer maand;  en die gansche gemeente der vergadering van Israël zal het slagten  tussechen twee  avonden.”

Dit is dus dag totdat die son sak, en dan is dit aand voordat dit “nag” word en dit alles duur dan 24 uur tot by die volgende aand met sononder.

Vir verdere informasie en agtergrond, sien ook die dokumente: CALENDAR RESTORATION, KALENDER EN PASGA en PASGA OF NAGMAAL.

Vergelyk ook: “FEESTE – KALENDER” en “TABEL VIR DIE TEKEN VAN JONA“.

Vir die Tabel, kliek hier.

EK SAL SEËN DIE WAT JOU SEËN EN HOM VERVLOEK WAT JOU VERVLOEK

Die stryd ter wille van ons siele is baie fel en die Vyand gebruik graag misleiding, stilswye en duisternis om sy doel te bereik.

Gen 12:3 is waar en dit is van toepassing.  Hoewel verskeie mense al deur die jare heen vervolg is en ‘n duur prys moes betaal, is die 96% van die hedendaagse wêreld se Jodedom” nie regte Jode uit die stam van Juda nie, maar hulle is Europese, Jafetitiese bekeerlinge tot die Godsdiens van Judaïsme.  Hulle is nie Semities nie, m.a.w. hulle is nie afstammelinge van Sem nie, maar van Jafet, aangesien hulle meestal Europese Askenasi “Jode” is, Gen. 10:2 – 3.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE WARE OORSPRONG VAN KERSFEES deur David C. Pack

Waar het Kersfees onstaan? Was dit vanuit die Woord of was dit vanuit die Heidendom? Wat is die ware oorsprong van Kersvader en die Kersboom, ens.? Was ons Messias ooit in Kersfees? Hierdie is ‘n verkorte weergawe van die boekie van David Pack wat volledig beskikbaar is op die internet.

Lees hiermee saam ook: DIE GEBOORTE VAN JAHUSHA MESSIAS TYDENS DIE LOOFHUTTEFEES.

Vir Volledige PDF, kliek hier.