DIE GEMEENTE VAN THIATIRE

In Thiatire moes almal meedoen aan afgodery om hulle werk te kon behou. 

Die feit dat daar gepraat word van “die dieptes van Satan”, dui op ‘n onheilige verbintenis aan geheime rites uit Babel en wat dalk reeds uit die valse Joodse “Sefer Yetshira” gekom het, die voorloper van die Kabbala. 

Die feit dat Isebel wat bekend was vir die Baälgodsdiens in Israel genoem word, verwys na die feit dat daar okkulte beoefen is en bordele bedryf was.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TYD, TYE EN ‘N HALWE TYD

Dit is ‘n term wat voorkom in die boek van Daniël en in die boek van Openbaring.  Daniël gee vir ons die profesie en in die boek van Openbaring word die profesie geopenbaar soos wat dit toekomstig sou afspeel t.o.v. die Volgelinge van JaHUsha, nl. die 7 Gemeentes en ook vir diè wat uit hulle sal voortkom.

Dit staan in verband met Dan. 9:24 – 27 se baie belangrike en uistaande profesie en meer spesifiek met die 2 helftes van die 70e jaarweek naamlik vers 26  en 27.

Diè profesie handel oor JaHUsha wat as Gesalfde op ‘n spesifieke tyd in die geskiedenis sou kom en dan ook die rol van Sy Teenstander aan die anderkant.  

Dit behels gevolglik ook die verkondiging van die evangelie aangaande JaHUsha aan alle volke, nasies en tale, maar nie net dit nie.  Dit handel ook oor die Teenstander se rol om die uitbreiding van JaHUsha se Hemelse koninkryk te kortwiek en vir homself te probeer kaap deur die vervolging van Gelowiges, maar uiteindelik word die Teenstander oorwin.

So het “tyd, tye en ‘n halwe tyd” ‘n fisiese en geskiedkundige betekenis asook ‘n profetiese betekenis.  Die profetiese betekenis word m.a.w. gebou op die fisiese gebeure wat histories was en diè geskiedenis moet  ondersoek word as ons insig oor die term wil bekom.

Hierdie skrywe lei die leser om te verstaan hoedat tyd, tye en ‘n halwe tyd in verband staan met die Hemelse Koninkryk se Nuwe Testamentiese Kerk (as Geestelike Israel wat ‘n Hemelse Tabernakel het)

Soos die term in die boek van Openbaring voorkom is dit ‘n profetiese tydperk wat al meer as 2 000 jaar lank aan die gang is want dit behels tegelykertyd ook die hele tydperk van die laaste gedeelte van Daniël se Beeld met die Babiloniese kop, nl. diè van die Romeinse Ryk, waar ons nou al by die tone daarvan trek. 

Van waar ons ons bevind is diè tydperk dus geskiedkundig, teenswoordig en toekomstig en nie net toekomstig soos gewilde eskatalogie dit versprei nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

FEES VAN TABERNAKELS: JAHUSHA, ONS TABERNAKEL

Omdat die huttefees die laaste van die sewe feeste was, het dit die religieuse seisoen voltooi.  Die getal sewe in die Woord verteenwoordig “voltooiing”.   Ons leer hieruit dat die Loofhuttefees die voltooide of afgehandelde werk van JaHUaH verteenwoordig in beide die teenswoordige tyd waarin ons leef en die lewens van individuele gelowiges. 

JaHUsha Messias is die tabernakel of woonplek van Elohiem.  In Hom het die volheid van Elohiem gewoon (Johannes 1:14; Kolossense 2:9) en Elohiem woon in ons midde deur JaHUsha Messias (Mattheus 18:20).

JaHUsha het beweer dat ons in Elohiem rus kon vind deur Hom.  Baie gelowiges soek JaHUaH se rus deur vir Hom te werk of iets van Hom te probeer kry.  Maar deur ‘n persoonlike verhouding met JaHUsha Messias, is Hy ons rus.  

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GROOT VERSOENDAG EN ONS GELOOFSTOETSE

Een aspek wat baie Gelowiges weerhou om JaHUaH se rus binne te gaan is …”om te weet hoe om beproewings die hoof te bied”.  

Ons ondervind almal probleme wat ons geloof beproef en ons gehoorsaamheid aan die geopenbaarde wil van JaHUaH vir ons lewens toets.  

Hoe ons gereeld op hierdie beproewings reageer, kan die verskil maak of ons JaHUaH dieper gaan leer ken of nie.  

Die Groot Versoendag is ‘n hulpmiddel wat JaHUaH ons gegee het om ons meer te leer oor JaHUsha Messias en hoe om die onvermydelike beproewinge wat elke gelowige konfronteer, te hanteer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

FEES VAN BASUINE, ONS HORING VAN VERLOSSING

Die Fees van Basuine vorm deel van die Fees van Tabernakels. Die Fees van Tabernakels was gevier aan die einde van die oesseisoen en is ook genoem die Fees van Insameling.  Teen hierdie tyd was die hele oes afgehandel en die mense het gerus.

Die betekenis is duidelik … JaHUaH wou hê dat Sy Verbondsvolk moet leer om in Hom te rus.  As Geestelike en Skriftuurlike Israel van Elohiem (Gal. 6:15 – 16) is JaHUaH se doelwit vir Gelowiges in JaHUsha Messias dus dat ons in JaHUsha sal rus vind.

JaHUaH het in die Ou Testament trompette gebruik om met Sy verbondsvolk te kommunikeer.  Hulle was altyd ontsettend bevrees as Hy direk met hulle gepraat het.   Hy het dus met hulle gepraat deur die gebruik van trompette. Vir die Volk was die geluid van die basuin dan verteenwoordigend van die “stem” van JaHUaH, asook van Sy mag wanneer daar oorlog gevoer was. 

Oorspronklik is twee silwer trompette geblaas, maar dit is later vervang met die shofar.  Dit is geblaas om die mense bymekaar te maak vir aanbidding, of om kamp op te breek en verder te trek asook om alarm te maak om gereed te maak vir oorlog.

Omdat JaHUaH so met die mense gepraat het, en basies trompette gebruik het om “hulle gevegte vir hulle te veg”, het hulle Hom begin noem: “die Horing van Verlossing“.

JaHUsha is die ware Kommandeur van die leër van JaHUaH (Open. 19:11- 16). Toe Sagaria gehoor het dat die Gesalfde (Messias) gebore is, het hy hierdie profetiese woorde gespreek …

“Geloofd sy JaHUaH, die Elohiem van lsrael, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeg gebring het, en ‘n Horing van Verlossing opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg — soos Hy gespreek het deur die mond van sy afgesonderde profete van ouds af — redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat.”  (Luk. 1:68 – 69)

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GEMEENTE VAN PERGAMUS

Pergamus was bekend as die plek waar die troon van die Satan is.

Nà die fees van Bélsasar en die val van Babel (539 v.C.) het Kores dan die afgodspriesters uit Babel verban en hulle het hulle hoofsetel in Pergamus gevestig tot 133 v.C. waarna hulle gerieflikheidshalwe die Romeinse gode aanvaar het wat in baie opsigte met hulle eie ooreengestem het

Die troon van die Satan was ’n groot altaar vir Zeus, die “hoofgod” van die Griekse pantheon.   Zeus was bekend as die heerser oor die hemele en vader van die ander gode en van die sterflike mitologiese helde.  Hierdie altaar was vlak by die tempel van Athene, die Griekse godin van wysheid en die kunste.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

MISLEIDING IN VERBAND MET DIE MERK VAN DIE DIER

Ons kan nie ‘n huis bou as ons nie ‘n fondasie het waarop dit gebou moet word nie.  Ons kan ook nie ‘n begrip van die Openbaring van JaHUsha aan Johannes kry as ons nie eers die fondasie daarvan bepaal het nie.

Wat is dan die fondasie waarop ons moet bou om ‘n begrip te kry oor die Merk van die Dier, want ons kan nie net begin stene pak voordat ‘n goeie fondasie nie gelê is nie en sê “ons word beperk in wat ons mag en nie mag doen nie” en dit dan koppel aan “nie kan koop of verkoop nie” en besluit dat iets soos ‘n inspuiting nou die Merk van die Dier is nie.  Daar is op geen fondasie gebou nie, en die geskiedenis van die tyd waarin dit geskryf is word dan ook nie in ag geneem nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

SMIRNA, DIE TWEEDE GEMEENTE

JaHUsha se woorde aan die gemeente in Smirna spreek ook duidelik tot ons vandag.

Elke brief aan die gemeentes in Openbaring, asook die een aan Smirna, eindig met die woorde: “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”

Luister gerus na wat JaHUsha aan die gemeente in Smirna gesê het, asook vir ons as Sy gemeente vandag, sodat ons kan oorwin en die kosbare beloftes van ons Meester JaHUsha Messias kan ontvang.

Hierdie DVD is vervaardig deur Kerugma Produksies, ‘n geloofsonderneming wat daarna streef om die evangelie van Jesus Christus deur middel van hoë gehalte media produkte te versprei. Vir meer inligting besoek gerus http://www.kerugma.org

Tweede Gemeente: Smirna – Neil Olwagen

POLYCARPUS, BISKOP VAN SMIRNA

Ook die Christene in Smirna is gedurende die regering van Marcus Aurelius gruwelik vervolg.   Baie is gegésel en met vuur gemartel en vir die wilde diere gegooi, maar hulle het getrou gebly tot in die dood. Hulle standvastigheid het die volk se woede nog meer gaande gemaak.  Eindelik is die negentigjarige biskop, Polycarpus, as hul slagoffer uitgekies.

Saam met Ignatius het Polycarpus die voorreg gehad om ’n leerling van die apostel Johannes te wees.   Wat hy daar geleer het, het hy vir meer as 70 jaar in sy gemeente verkondig.   Toe hy verneem het dat die woedende volk sy hoof eis, het hy homself met liggaam en siel aan die genade van God oorgegee.   Op dringende versoek van sy gemeente het hy die wyk geneem na ’n nabygeleë dorp, waar hy met vriende die tyd in gebed deurgebring het.   Drie dae voor sy gevangeneming het hy ’n gesig gesien dat sy kussing verbrand.   Hy het dit as ’n goddelike openbaring beskou, en aan sy vriende gesé:  “Ek sal lewend verbrand word.”

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GEMEENTE VAN SMIRNA

Smirna is tans Izmir.  Dit was omrent 40 myl noord van Efese aan die weskus van Klein Asië. 

Smirna beteken “Bitterheid”, want dit beteken “mirre” (Engels:  “myrrh”).  Die werkwoord is “marar” wat beteken “to be bitter or strong”.  Mirre was ‘n spesery wat baie waardevol was.  Dit was ook ‘n bestanddeel van die afgesonderde salfolie wat Moses moes maak  (Ex. 30:22 – 25) en  JaHUsha was wyn met mirre aangebied toe Hy gekruisig is  (Mark. 15:23).  Ook word lyke met mirre gebalsem (Joh. 19:39).

Mirre was dus altyd geassosieer met “bitter” omstandighede, iets wat die gemeente van Smirna goed mee bekend was.  JaHUsha bemoedig hulle omdat hy ook gemartel en gedood was, maar die dood oorwin het.

Vir Volledige PDF, kliek hier.