DIE GEMEENTE VAN LAODICEA

Laodicea se oorsprong, sover dit tans bekend is, gaan terug na een van die Hellenistiese konings in die middel van die derde eeu v.C.  Dit word veronderstel dat Antiochus II dit na sy vrou, Laodicea vernoem het, maar die oorsprong van die stad was alreeds vroeër as dit.  Cicero het in die vroeë maande van 50 v.C. in Laodicea gewoon.  

Die stad was op die kruispad van die noord-suid verkeer tussen Sardis en Pergamus en die oos-wes verkeer vanaf die Eufraat na Efese.  Laodicea het vinnig ‘n ryk stad geword, so ryk dat hulle hulleself kon herbou het sonder hulp van buite, nà die vernietigende aardbewing van 60 n.C.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE ELFDE HORING

Noudat ons gekyk het wie moontlik as die Tien Horings geïdentifiseer kan word, kom die volgende vraag na vore:  Wie of wat is die “Elfde Horing”?

Dit laat ons vanselfsprekend aan die Antichris dink, maar dadelik moet ons waarsku dat ’n mens moet oppas om nie wilde voorspellings te maak nie. Die antichris is al oral gesoek in die Westerse lande, sowel as in Rusland en China.

As die Elfde horing vir ons era kan die Antichris of dan die Seun van die Verderf van 2 Thess. 2, beide ‘n Staat met sy mense asook diè staat se politieke en/of geestelike leier op ‘n gegewe tydstip wees.

Vir Volledige PDF, kliek hier

DIE SEUN VAN DIE VERDERF IN ONS GELOOFSLEWE

Satan as JaHUaH se teenstander is ons Sielevyand en hy het gekom om alles en almal wat van JaHUaH is te bederf en te verderf. 

Hy is die eintlike Seun van die Verderf, maar hy manifesteer deur sy menslike werktuie. 

So sit hy in die “tempel” en maak asof hy Elohiem is.  Kinders van JaHUaH in wie JaHUsha se Gees woon is vandag daardie tempel wat die Seun van die Verderf se teiken is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE TIEN HORINGS VAN DIE DIER

Nadat die koppe van die dier geïdentifiseer is in die vorige dokument (sien:  DIE KOPPE VAN DIE DIER), is hierdie dokument ‘n poging om die horings van die dier te identifiseer na aanleiding van die geskiedenis wat verderaan voortgevloei het uit die oorspronklike Romeinse Ryk as die sesde kop van die dier.

Horings as uitbeelding van oorlogsmag, is deur konings op hulle koppe gedra, maar dit het later versag tot krone met puntjies.

Dit gee ons ‘n begrip van die profetiese simboliek van die horings.  Dit moet met die verskillende heersende moondhede wat nà die val van die Romeinse Ryk tot stand gekom het vergelyk word, aangesien die horings ooreenstem met die tien tone van die Beeld van Dan. 2.  Die tone val duidelik daar nog in die kategorie van die ou Romeinse Ryk volgens die droom van Nebukadneser.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GEMEENTE VAN FILADELFIA

Filadelfia beteken “broederliefde”.   Dit was ‘n stad in die provinsie van Lydië in Klein Asië (hedendaagse Turkye).  Dit was geleë aan die Hermus rivier en was omtrent 45 kilometer suidoos van Sardis (Sart-Kalesi).  Dit het ontstaan deur Attalus II (Philadelpus) en het daarom sy naam gedra.  Hy het as koning van Pergamus geheers in 159 v.C.   Attalus het die titel “Philadelphus” gekry vanweë sy lojale liefde vir sy broer Eumenes, wat hom voorafgegaan het as koning.  Die munte van hierdie tydperk toon twee identiese broers.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE KOPPE VAN DIE DIER

Die geloof in ‘n draak of monster uit die water of uit die see is so oud soos die mensdom self.  Drake word nog steeds in die Ooste vereer, maar ook is daar in Afrika stamme wat nog glo aan ‘n slang met sewe koppe wat in die water bly en jou in ‘n nare toordokter kan verander.  

Daniël sien in Dan. 7:7 ‘n monster met tien horings wat uit die see opgekom het (Dan. 7:3) wat op die latere Romeinse wêreldryk van die Nuwe Testament gedui het. 

Openbaring 12:3 sluit by Daniël 7:7 se profesie aan as die duiwel geteken word as ‘n draak met sewe gekroonde koppe en tien horings.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE GEMEENTE VAN SARDIS

Sardis was bekend as die “oninneembare” stad.  Dit was geleë so te sê op die top van ‘n berg wat net deur een pad bereik kon word.  Die stad was dus moeilik bereikbaar want die enkele pad was ook so bewaak  dat niemand daardeur kon kom nie.  Die res van die berg was so ontoeganklik, dat niemand die stad dus sommer kon inneem nie.  Tog was daar in die geskiedenis vyandige magte wat die stad ingeneem het, juis omdat die inwoners nie gewaak het nie. 

Omdat ons nie lees dat Sardis se gemeente ‘n stryd gehad het met valse profete en heidense godsdienste nie, beteken dit nie dat hulle nie ‘n stryd gehad het nie.  Hulle het ‘n ander probleem gehad … hulle het omdat hulle te veel op hulle gemak was en nie moes stry vir hulle geloof nie, sommer net geestelik verflou en soort van geestelik afgesterf.  Hulle het gedink dat hulle lewe, maar hulle was eintlik dood.  En net soos wat die onineembare stad van Sardis in die geskiedenis onverhoeds betrap is omdat hulle nie gewaak het nie, so is die gemeente wat hulle geloofslewe betref ook agterlosig.  Hulle het nie daaroor gewaak nie en wanneer JaHUsha weer sou kom soos ‘n dief, onverwags, sou hulle nie gereed gewees het nie. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE MISTIESE STER VAN JUDAÏSME EN ISRAEL AS AARDSE KONINKRYK

Die Staat Israel se Sionistiese “Dawidster” is nou verweef aan die mistiese sy van Judaïsme vanuit buite-Bybelse geskrifte soos die Talmud en die Kabbala. 

Daar is nie Bybelse gronde vir die Ster van Dawid nie, maar dit het te doen met die Stergod (met die oog op Satarnus as stergod) wat reeds volgens die Woord al in die Ou Testament deur Israel aanbid is toe Israel ‘n aardse koninkryk was (Amos 5:26 en Hand 7:42).

Diè mistiese ster word gekoppel aan die messias wat Judaïsme verwag. 

Die Jode het al in JaHUsha se tyd ‘n verwagting gehad vir ‘n Verlosser ten opsigte van ‘n aardse koninkryk, maar Hy het in al Sy gelykenisse verduidelik dat Hy ‘n Hemelse koninkryk verteenwoordig.  Dit was ‘n verborgenheid, soos ‘n skat wat ontdek moes word.

Vandag nog is daar dieselfde reuse slagyster om niè Ou Testamentiese profesië te interpreteer t.o.v. die Hemelse Koninkryk nie, maar t.o.v. op ‘n “aardse” Israel.

Die “aardse” opset korreleer egter wel met die Dier uit die aarde in Open. 13 wat JaHUsha Messias se Hemelse Koninkryk opponeer.

Daar is dus twee “paaie” om van te kies op ons geloofsreis na ons eindbestemming.  Hierdie dokument kan dien as ‘n padbordjie om die regte pad te kan identifiseer.

Vir die Volledige dokument, kliek hier.