Gen. 1:14 sê dat die ligte in die uitspansel van die hemel moet dien as “tekens” (ototh) vir “vasgestelde tye” (moedim). Diè tekens word ook die Sodiak of Diereriem genoem. Dit is ‘n sowat 20 grade breë, denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die son, die maan en planete oënskynlik beweeg.
Die sterrehemel draai elke dag van oos na wes om ’n vaste pool. Nes die son elke dag op dieselfde plek sit, so keer die sterre elke jaar terug na dieselfde plek aan die hemelruim. Dit is bedoel as JaHUaH se Evangeliese Plan in die hemelruim vir elkeen om te “lees” nog lank voordat daar boeke was, maar soos ons ook weet het astrologie hulle eie verwronge vertolking daarvan gemaak.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
