GAAN AF NA DIE POTTEBAKKER SE HUIS

In die Woord word die mens as ‘n aardse kruik uitgebeeld.  Adam is gemaak uit die stof van die aarde (Gen. 2:7). 

Die woord vir ‘n houer van klei (kleipot) is Strong’s H3627 wat kom vanaf die wortelwoord H3615 “kalah”, wat beteken “om te end”. 

Dit is soos om iets af te rond totdat dit reg is, soos wat ‘n houer voltooid en reg moet wees vir die inhoud wat dit gaan vul, gereed om gebruik te kan word.

Die Hebreeuse woord vir “bruid”, nl. “kallah” (H3618), is afgelei vanaf dieselfde wortelwoord.  Die bruid vul haar man aan en maak hom “kompleet”, volgens die betekenis van die wortelwoord.  In die begin is die vrou uit die man geneem  (Gen. 2:18, 21 – 24).

Paulus het die verloste mens beskryf as ‘n erdekruik, maar met JaHUsha se Gees van verligting as ‘n ”skat” daar binne-in (2 Kor. 4:5 – 7).

5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Messias JaHUsha as Meester, en onsself as julle diensknegte om JaHUsha se ontwil.

6 Want Elohiem wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van Elohiem in die aangesig van JaHUsha Messias.

7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van Elohiem mag wees en nie uit ons nie.

Die 6 klipkanne by die Bruilof te Kana is verteenwoordigend van die mens (die getal 6 is simbolies van die mens) wat as die Bruid van JaHUsha met Sy Gees vervul moet wees en dit word gesimboliseer  deurdat die water in die waterkanne in wyn verander het.

As deel van die Bruid van die Bruidegom, word gelowiges simbolies as verskillende kruike uitgebeeld in die Woord.  Ons is soos “klei in die hande van die Pottebakker”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE PROFETIESE BETEKENIS VAN DIE BRUILOF IN KANA

Tydens die bruilofsfees by Kana het JaHUsha sy eerste wonderwerk gedoen deur die water in wyn te verander.  Die nuwe wyn is in kontras met die water van die ou (Levitiese) gebruike.  JaHUsha het later voortgegaan om die hernude Pasga-simboliek van die brood en wyn aan hulle bekend te stel.

Wat in hierdie komende dokument beskryf word as “die Kerk”, is die Nuwe Skepsel in Messias JaHUsha as die “Israel van Elohiem” (Gal. 6:15 – 16).

Dit is dus nie bloot die fisiese Israel van die Ou Testamentiese bedeling nie (hoewel hulle ‘n voorbeeld en tipe was, 1 Kor. 10:1 – 11), want nie almal is ”Israel” wat uit fisiese Israel is nie (Rom. 9:6 – 8).

Die Israel van Elohiem in Gal. 6:15 – 16 is “in” JaHUsha wat die Hoof is, met die Gelowiges in Hom as Sy Liggaam.  Hy is as “Seun” uit Egipte geroep (Matt. 2:15) net soos wat dit met fisiese Israel as die  “seun”van JaHUaH gebeur het met die uittog uit Egipte (Hos. 11:1, Hos. 12:14, Ex. 4:22 – 23).   JaHUsha was ook in die woestyn soos wat fisiese Israel was (Matt. 4:1 -11).

Met die gebeure by die Bruilof in Kana word die verheerlikte “My Verbond” van die Melgisedekorde-priesterskap as die “beste wyn” gesimboliseer en profeties geïmplimenteer, want ‘n huweliksluiting is ‘n verbond tussen twee partye. 

Die Melgisedekorde wat deur Eersgeborenes geopereer het was onderbreek toe die Levitiese priesterorde ingestel was as gevolg van die aanbidding van die Goue Kalf terwyl Moses op die berg was. Eersgeborenes is toe losgekoop en uitgeruil met Leviete (Num. 3), maar dit sou net duur totdat JaHUsha ‘n finale regstelling en ‘n transformasie van die priesterskap as Sy “dienaars” sou kom maak het, soos wat dit hier inderdaad simbolies gebeur deur middel van die Bruilof in Kana se “dienaars”. 

Die water hier by Kana simboliseer die fisiese Levitiese bedeling en die verandering na wyn verteenwoordig die transformasie na die geestelike as die “beter wyn”.  Dit is inderdaad die “Beste Wyn” wat tot laaste gelos is.

‘n Bruilof gaan oor ‘n verbondsluiting.  Die Bruilof in Kana sinspeel op die “My-Verbond” tussen Elohiem en Sy getransformeerde Israel (Gal. 6:15 – 16) en op die Bruilof van die Lam (vergelyk Ex. 19:1 – 25) wat ‘n koninkryk VAN priesters behels, nie ‘n koninkryk MET Levitiese priesters nie (vergelyk Ex. 19:5 –  6 met 1 Pet. 2:9).  Die Melgisedekorde (beste wyn) gaan gepaard met die “My-Verbond” as die Ewige Verbond en dit staan teenoor die “‘n-Verbond” wat die fisiese en uitgediende Levitiese sisteem is (water).   Daar was van die begin af ‘n onderskeid tussen die twee verbonde.  (Sien:  VERBONDE, VERSKILLEND OF DIESELFDE)

Lees nou:  DIE PROFETIESE BETEKENIS VAN DIE BRUILOF IN KANA

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE WOORD TOT IN ONS HANDE

Ons het vandag byna elkeen ‘n Bybel of drie om vanuit te lees, maar dit was nie altyd so nie.  Hoe het die Bybel tot by ons persoonlik gekom?  Kom ons kyk kortliks wat was die laaste ent van die pad wat die Woord geloop het sodat dit vandag binne elkeen van ons se bereik is.

Die Bybelgenootskap het begin by ‘n Walliese meisie, Mary Jones, wat ‘n diep begeerte na ‘n Bybel gehad het.  Mary is gebore in ‘n tyd toe Bybels baie skaars en duur was en sy het van kleins af ‘n diep verlange na ‘n eie Bybel gehad.  Op 15-jarige ouderdom, nadat sy vir jare en jare gespaar het, het sy ongeveer 40 km te voet afgelê om ‘n Bybel te bekom.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

NIMROD, BABEL EN DIE DIER

Mens lees in die Woord van die Dier met die sewe koppe en daaruit spruit die verskillende horings. 

Dit is interessant dat profesie Babilon as ‘n “dier” uitbeeld in Daniël en in Openbaring.  Nebukadnesar as die koning van Babilon het soos ‘n dier geword omdat hy JaHUaH nie geag het nie.  

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE “VERLORE ISRAELIET” – ‘n Getuienis van bevryding uit die Hebreeuse Wortels

Hierdie is ‘n kragtige getuienis van Henru Pieters oor hoe hy in die Hebreeuse Wortels beland het en baie ywerig daarin werksaam was, maar toe kragdadig daaruit bevry is.

Henru het in sy geestelike lewe begin om na waarheid te soek. In sy soektog na antwoorde op sy baie vrae het hy baie vriende verloor en selfs verwerping van ‘n kerk ervaar. So het hy naderhand gedink dat hy deel is van die “verlore Israeliete” naamlik die sogenaamde “Verlore Tien Stamme”.

Genadiglik het hy deur goddelike ingryping ‘n oogopening gehad omdat JaHUsha hom ten spyte van al sy verwarring nie verlaat het nie, maar hom verlos het uit diè kragtige dwaling en hom weer opgerig in sy staanplek in die Koninkryk van die Hemel.

Henru beklemtoon dat sy identeit nou slegs in Messias JaHUsha is.

BOME IN DIE WOORD

‘n Boom is die grootste van alle lewende organismes.  Bome is die longe van die aarde. 

In die Woord word die mens dikwels vergelyk met ‘n boom.  Die Woord begin en eindig met die Boom van die lewe (Gen. 2:16 – 17, Open. 2:7, Open. 22:2).

Ons praat van die familieboom van mense en mens kan sê dat die Boom van die lewe die “familieboom” van Elohiem is.  Die boom van kennis van goed en kwaad aan die anderkant kom dan ooreen met die “familieboom van Satan”, hy wat die teenstander van JaHUaH is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

NUWE JERUSALEM

Die klimaks van ‘n ewigheid m.b.t. die geskiedenis wat Verlossing betref, word in Johannes se beskrywing van die nuwe Jerusalem in Openbaring 21 – 22 as ‘n voorskouing uitgebeeld.  

Die nuwe Jerusalem is die fokus vir aktiwiteit op die nuwe aarde.  Die nuwe Jerusalem is ‘n uitbreiding van die nuwe hemele en nuwe aarde wat in Openbaring 21:1 bekendgestel is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.  

DIE GESKIEDENIS VAN JERUSALEM

Die naam “Jerusalem” kom 806 keer in die Bybel voor, 660 keer in die Ou Testament en 146 keer in die Nuwe Testament;  bykomende verwysings na die stad kom as sinonieme voor. Jerusalem was alreeds gevestig as ‘n Kanaänitiese stad teen die tyd van die Chalkolitiese tydperk (ongeveer 4000 – 3100 v.C.) en het die suidoostelike heuwel beset wat tans die naam van die “Stad van Dawid” dra.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

PROFETIESE TEKENS IN DIE HEMELE TYDENS JAHUSHA SE GEBOORTE – Openbaring 12

Gen. 1:14 sê dat die ligte in die uitspansel van die hemel moet dien as “tekens” (ototh) vir “vasgestelde tye” (moedim).  Diè tekens word ook die Sodiak of Diereriem genoem.  Dit is ‘n sowat 20 grade breë, denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die son, die maan en planete oënskynlik beweeg.

Die sterrehemel draai elke dag van oos na wes om ’n vaste pool.  Nes die son elke dag op dieselfde plek sit, so keer die sterre elke jaar terug na dieselfde plek aan die hemelruim.  Dit is bedoel as JaHUaH se Evangeliese Plan in die hemelruim vir elkeen om te “lees” nog lank voordat daar boeke was, maar soos ons ook weet het astrologie hulle eie verwronge vertolking daarvan gemaak. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.