DIE HOEK VAN DIE KLEDINGSTUK VAN ‘N MAN, ‘N JOOD Sagaria 8:23

Die vertaling van Sag. 8:23 wissel in verskillende Bybels, maar die een wat die beste ooreenkom met die betekenis van die Hebreeuse woord “kanaph” (Strong’s H3671) is in: The Scriptures.

Zech. 8:23  Thus said YHWH of hosts, In those days ten men from all languages of the nations take hold, yea, they shall take hold of the edge (H3671) of the garment of a man, a Yehudite, saying, “Let us go with you, for we have heard that Elohim is with you.”      –  The Scriptures

כָּנָף kânâph,: from H3670; an edge or extremity; specifically (of a bird or army) a wing, (of a garment or bedclothing) a flap, (of the earth) a quarter, (of a building) a pinnacle: – bird, border, corner, end, feather(-ed), flying, (one an-) other, overspreading, quarters, skirt, sort, uttermost part, wing(-ed).

Dit is nie “tzitzit” nie, maar “kanaph”. Wat is die leuen en wat is die waarheid? Watter betekenis het die woord “kanaph” vir ons en watter ander verse in die Woord hou daarmee verband?

Vir die volledige PDF, kliek hier.

SHAVUOT, DIE VERLOWINGSVERBOND

Shávuot is die laaste fees van die lentefeeste.  Die feeste van Israel is die bloudruk vir die vervulling van profesie. Net soos wat die volk Israel dit aanvanklik fisies beleef het en later jaarliks moes gedenk het, is die eerste helfte van die feeste volkome deur JaHUsha vervul.  Die ander helfte, die herfsfeeste, sal grootliks vervul word wanneer Hy weer kom vir Sy Bruid.

Die Israel van Elohiem (Gal. 6:16) het ontstaan as ‘n Koninklike Priesterdom (1 Pet. 2:9, vgl. Ex. 19:6).  Dit is net moontlik as Israel op een of ander wyse aan die Koning, JaHUsha, verbind kan word.  Diè verbintenis is ‘n liefdesverhouding.

Wanneer ‘n paartjie besluit om verloof raak, word hulle ook aan mekaar verbind.  ‘n Verlowing is ‘n verbond.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE GROOT VERSOENDAG Opsomming

Daar is ‘n lang speling van sowat 4 maande tussen die eerste feeste van die jaar en die laaste 3 feeste van die jaar, waartydens die oes ingesamel moet word. 

JaHUsha het gesê dat die lande al “wit is vir die oes” (Joh. 4:35).  Dit is nou nog die tyd wat die nasies  het om in te kom (Rom. 11:25) in die “Gemeente van Nasies” as Verheerlikte Israel, die Bruid.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE VERHEERLIKTE BRUID

“… die Bruid, die Vrou van die Lam”  –   Open. 21:9

Volgens 1 Kor. 10:1 – 11 is Ou Testamentiese Israel ‘n voorbeeld van die Nuwe Testamentiese Kerk.  In die O.T. was Israel eerstens ‘n Bruid en toe ‘n Vrou.  Dit is ‘n tipe en voorbeeld van die Kerk as die Nuwe Testamentiese Verheerlikte Israel (Gal. 6:16), en wel onderskeidelik as die Bruid en die Vrou.

In die O.T. was Israel JaHUaH se Uitverkorene uit al die volke (Ex. 19:4 – 6) en het Hy Hom aan Israel verbind soos met ‘n verlowing tussen ‘n man en sy uitverkore meisie.  Die volk het toe vir Hom “ja” gesê (Ex. 19:8).  Daanà het hulle die Tien Woorde/Gebooie as verbondsteken ontvang en dis in die verbondsark geplaas. 

Diè verlowing het gebeur by Sinai, in die woestyn.  Die Bruidstydperk is dus die woestyntydperk.

Sedert Dawid egter Jerusalem as die aanbiddingsplek en hoofstad gevestig het toe hy die verbondsark na Sion in Jerusalem toe gebring het (wat gepaard gegaan het met feestelike aanbidding, vgl. 1 Kron. 15 – 16 met Jer. 33:11 en Open. 19:9), is daar dikwels deur die profete na Jerusalem as “die Vrou” van JaHUaH verwys, meestal as die ontroue Vrou.  Dit behels die inwoners van Jerusalem, nl. die volk.

In die N.T. vind daar ooreenkomstig ook ‘n “verlowing” plaas in Hand. 2 (soos by Sinai) met die verheerlikte Israel as “Uitverkorene” (Heb. 12:18 – 24, Joh. 15:16 – 17, Ef. 1:4).  Die Bruid is diè wat “ja” gesê het toe hulle JaHUsha as die Messias aanvaar het soos wat Sy dissipels gedoen het en daarna het hulle die Gees ontvang terwyl hulle in Jerusalem gewag het.  Die uitstorting van die Gees is die teken van die verlowing, want die Gees is die Pand of bewys daarvan soos wat ‘n ring dit vandag is (Ef. 1:13 – 14).

As Bruid is elke gelowige in JaHUsha nou nog“in die Woestyn”, want ons Bruidegom is eers na Sy Vader se huis toe om te gaan plek berei vir Sy Bruid (Joh. 14:2 – 3), maar as Hy weer kom met die blaas van die laaste basuin om haar te kom haal, vind die Bruilof/Bruilofsmaal plaas (Open. 19:9) en die Bruid word nou ‘die Vrou van die Lam’.  Die Vrou van die Lam word die “nuwe Jerusalem” genoem(Open. 21), soos wat ou Jerusalem eens die Vrou was.  Hierdie vrou is nie ‘n ontroue vrou nie, maar is afgesonder en sy was haar haar klere en maak dit wit in die bloed van die Lam (Open. 7:14).  Die Vrou kry dan ook haar man se Naam (Open. 22:4), sowel as bruidskatte en Sy regeer saam met Hom, want Hy is die Koning van die konings.

Toepassing 

Ou Jerusalem het gehoereer.  Die profete het dikwels oor Jerusalem as die ontroue vrou wat gehoereer het geskryf en Hosea moes ‘n hoervrou trou as illustrasie.  JaHUaH het toe van Sy volk geskei (Jer. 3:8 – 10) en toegelaat dat sy weggevoer word, weg uit Jerusalem, weg uit Israel, weg van Hom af.  Maar Hy sal weer genadig wees vir die wat Sy Seun se versoening vir hulle sou aanvaar.  Hulle sal weer Israel kan wees, nie Ou Testamentiese Israel nie, maar wel die Verheerlikte Israel, die Israel van Elohiem (Gal. 6:16) … nie in ou Jerusalem nie, maar as die nuwe Jerusalem van daar bo, Gal. 4:22 – 31 (vgl. ook Ef. 2:19 – 22 met Open. 21:9 – 14). 

Daarom het die Vader Sy Gees gestuur om ‘n bruid vir Sy Seun te soek (soos wat Abraham vir Eliëser gestuur het om vir Isak ‘n bruid te gaan soek het, Gen. 24).  Die Gees wat ons aanpor wanneer ons die evangelie hoor, is soos ‘n huweliksaansoek waarop gereageer moet word.  As mens die “huweliksaansoek” aanvaar word mens deel van die Bruid, die Geliefde van JaHUsha.  Gelowiges in JaHUsha word “Geliefdes” genoem (Rom. 1:7, 16:5, 8).  Johannes was die Geliefde dissipel (Joh. 13:23), en sy naam beteken:  “JaHUaH is genadig”.  Hy is ‘n tipe van die Bruid wat genade ontvang het vanaf JaHUaH en Hom daarvoor bemin.

Die Bruid as ‘n Verheerlikte Israel is wel vanuit ‘n Oorblyfsel (of wortel) van Ou Testamentiese Israel naamlik vanuit JaHUsha, want Hy was ‘n fisiese afstammeling van Dawid.  Hy is uit die wortel en geslag van Dawid, Open. 22:16.  In en deur Hom is die “bestendige genadebewyse van Dawid” (Jes. 55:3 – 9).  Vanuit Hom spruit dus die Verheerlikte Israel (Kol. 1:18), soos toe Dawid eens al die stamme van Israel bymekaar gebring het as ‘n volk toe hy vanaf Jerusalem regeer het, want as Messias is JaHUsha die Gesalfde, soos wat Dawid as tipe ook JaHUaH se gesalfde was.

Ons as die Geliefde, die Bruid van JaHUsha ons Bruidegom, sal uiteindelik in die Huis van die Vader wees.  Hy het gegaan om vir ons plek te berei en dan kom Hy ons haal vir die Bruilof (Joh. 14:2 – 3).  Daarna gaan ons vir ewig saam met Hom wees, maar nou as “die Vrou van die Lam” in die Huis van die Vader, as die ‘nuwe’ Jerusalem (Open. 21:9).

Intussen is ons ook Uitgestuurders om onder die leiding van die Gees aan ander Sy huweliksaansoek mee te deel, soos wat ‘n Eliëser in Gen. 24 dit gedoen het.

Volg nou verder ‘n baie ou preek van Horatius Bonar (1808 – 1889) wat na Afrikaans vertaal is, waarin hy alles mooi saamgevat het.

Vir die PDF, kliek hier.

DIE LOSKOPING VAN DIE AARDE Openbaring 4 – 5

Wie is waardig om die verseëlde boekrol te neem en die seëls daarvan te breek? Wie kan die aarde uit die heerskappy van die Teenstander losmaak?

Ons ken titelaktes as bewys van eienaarskap.  JaHUaH/JaHUsha was die Skepper van die aarde en dus die Eienaar daarvan, daarom is Hy die enigste Een wat na vore kan kom as daar na die Houer van die “titelakte” van die aarde gesoek word.

JaHUsha as die Skepper-Eienaar sowel as die “Naasbestaande” van Adam, is die enigste regmatige Losser, terwyl Hy as die Gelsagte Lam self ook die losprys is. 

Hy alleen is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak wat stap vir stap sal lei na Sy geopenbaarde koningskap en heerskappy oor Sy eindom as die “Koning van die Konings” en die “Heerser van die heersers”.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

“GEGENEREER” EN DIE BEVESTIGING VAN KONINGSKAP

JaHUsha is met ‘n verheerlikte liggaam as “die Seun van Elohiem” opgewek (gegenereer) as vervulling van Psalm 2.

Voordat Maria Magdalena Hom kon aanraak moes Hy opgevaar het vir ‘n rede.

JaHUsha tree uiteindelik op in Sy koninklike amp op die Dag van JaHUaH se toorn.

Vir Volledig PDF, kliek hier:

DIE SEUN VAN DIE MENS

Sou Elohiem werklik by die mense op die aarde woon?  Die hemel, ja die hoogste hemel kan U nie bevat nie.  (2 Kron. 6:18)

Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.  (Joh. 1:14)

Die verborgenheid van die godsaligheid is groot:  Elohiem is geopenbaar in die vlees.  (1 Tim. 3:16)

(Elohiem … het) … in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.  Hy wat die afskynsel is van Sy heerlikheid en die afdruksel van Sy wese en alle dinge dra deur die woord van Sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, want  … Hy het gesê:  “U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer, en weer:  Ek sal vir Hom ‘n Vader wees en Hy sal vir My ‘n Seun wees …  (Heb. 1:1 – 3, 5)

Emmanuel … Elohiem met ons.   (Matt. 1:25)

Wat die apostel Johannes verklaar het in Joh. 1 is fundamenteel vir ons geloof.  Hy het gesê dat die Woord “vlees geword het” (vers 14), maar dat diè Woord  ook Elohiem was (vers 1).  

Dit is ‘n groot misterie dat Elohiem as die Seun ‘n “mens” moes word terwyl Hy tog Elohiem is, maar hoekom was Sy inkarnasie nodig?

Vir Volledige PDF, kliek hier.

EERSTEVRUGTE

In die O.T. is die Fees van Eerstevrugte gehou op die dag ná die weeklikse sabbat (wat in die dae ná die Pasga gekom het, Levitikus 23:15).  Die eerstevrugte van die garsoes het ryp geword tydens die tyd van die Pasga (Eksodus 9:31).

Die priester sou die gerf gars voor JaHUaH wuif om dit aan Hom voor te hou as die Eersteling van die gars as graanoes (Lev 23:10 – 15).  Die volk was nie toegelaat om enige van hierdie nuwe opbrengs van die gars te eet voordat diè eerste gerf nie eers vir JaHUaH aangebied is nie.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE FEESTE – JAHUAH SE VERLOSSINGSPLAN

Die Feeste verteenwoordig die raadsplan van JaHUaH vir die mensdom.  Hierin kan ons die verlossingsplan volg vanaf die folterpaal en die reiniging van ons sondes, na die opstandingslewe en die vervulling met die Afgesonderde Gees, gevolg deur die lang pad van die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk van die Hemel aan al die nasies (Mark. 1:14 – 16, Matt. 28:8 – 20), tot by die insameling van die oes met die wederkoms van JaHUsha die Gesalfde, wat aan die anderkant ook die uitstorting van Sy toorn behels (Open. 11:18, Open. 14:8 – 11, Matt. 25:31 – 46).

Vir Volledige PDF, kliek hier.

FISIESE EN GEESTELIKE TORAH

Nadat ek in die Hebreeuse Wortels-beweging gekom het, kon ek nooit verstaan het waarom die boeke van Paulus (Sha’ul) op ‘n manier “vir” die Torah is, en op ‘n ander manier dan weer “teen” die Torah is nie.

Sommiges sou dan die Skrif op so ‘n wyse verdraai dat dit sou inpas by dit wat hulle geloofsisteem was, of aan die anderkant sou mense selfs net van Skrifgedeeltes ontslae geraak het asof dit nie bestaan nie.

Tog het ek ‘n ernstige behoefte gehad om die waarheid te kan verstaan, anders sou ek net weer terug wees waar ek begin het.

Ek het toe een oggend in die Woord gelees en toe op eenvoudige verse afgekom wat nie moeilik is om te verstaan nie, maar ek het iets daarin gevind wat diepliggend was.

Vir Volledige PDF, kliek hier.