‘n Verduideliking deur ds. Tienie Prinsloo aan die hand van die Bybel, om elkeen wat sekerheid van redding verlang, in staat te stel om self seker te maak.
Vir Volledige dokument, kliek hier.
‘n Verduideliking deur ds. Tienie Prinsloo aan die hand van die Bybel, om elkeen wat sekerheid van redding verlang, in staat te stel om self seker te maak.
Vir Volledige dokument, kliek hier.
Die konflik in die Midde-Ooste kan veel verder terug gevoer word as 1948 met die totstandkoming van die staat Israel, al hou die konflikte oor die eeue nie noodwendig met mekaar verband nie.
Professor Lodewyk Sutton is hoof van die Departement Ou en Nuwe Testament by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy spesialiseer ook in antieke tale en kulture, het argeologiese werk in Israel gedoen en lei gereeld toere na Egipte en Israel. Hy praat oor konflik in die Midde-Ooste oor die eeue.
RSG het in vier baie kort, maar sinvolle onderhoude met prof. Lodewyk in gesprek getree oor hierdie onderwerp. Volg dit in die potgooie direk hierna.
Ons geestelike reis is ook vanaf ‘n Egipte na ‘n Jerusalem, daarom die ooreenkoms in die Hebreeuse name van Egipte en Jerusalem. Die Hebreeuse woord vir Egipte is “Mitzrayim”.
Die uitgange van beide “Mitzrayim” en “Yerushalayim” is “-ayim”. Dit is die grammatikale “dual”-uitgang in Hebreeus, wat aandui dat iets “dubbeld” is, bv. …..
As in previous periods, the dual marker in Modern Hebrew is the ending יים- -áyim, which indicates the component ‘two’. It occurs in newly formed common nouns like מספרייםmisparayim ‘scissors’, מכנסיים mix̱nasayim ‘trousers’, משקפיים mišqafayim ‘(eye) glasses’, אופנייםʾofanayim ‘bicycle’. Many of these newly formed nouns are pluralia tantum, some of which are formed in miCCaCayim pattern. A few place names are also formed in the same way, e.g., גבעתייםgivʿatayim ‘(having) two hills’, בארותיים beʾerotayim ‘(having) two wells’, as in the past (Schwarzwald 1996)
Die uitgange van die name “Mitzrayim” en “Yerushalayim” dui dus aan dat dit plekke is wat tweeledig is, omdat daar ‘n aardse Egipte en Jerusalem sowel as ‘n geestelike Egipte en Jerusalem is.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Daar is geen regverdiging vir ‘n fisiese herstel van Israel as ‘n koninkryk nie. JaHUsha het gekom as die Gesalfde (Messias/Christus), m.a.w. as Koning, vir die Hemelse Koninkryk van ‘n geestelike Israel wat versamel is uit gelowiges vanuit die nasies, soos wat Dawid deur Samuel gesalf was as die fisiese koning van die fisiese Israel (1 Sam. 16).
Die Skrif verklaar dat die Israel van die N.T. handel oor diè wat geloof het in Messias JaHUsha soos wat AbraHam gehad het wat beteken dat Israel vandag nie meer fisies is nie, maar wel geestelik en die koninkryk ook nie meer fisies is nie, maar dat dit die Koninkryk van die Hemel is wat van belang is.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Wanneer begin ‘n dag in die Woord? Hoe lank is ‘n dag in die Woord?
Dit is twee belangrike vrae om te vra en om dit so reg as moontlik te kan antwoord moet ons na die Woord self gaan en nie na hedendaagse Babiloniese Judaïsme se populêre verklaring van Gen. 1 nie.
Die gewilde opsie is om Gen. 1:5 te gebruik en dit so te verklaar dat mens sal wil glo dat ‘n dag die vorige aand begin, maar is dit reg?
Met die Babiloniese infiltrering sedert die ballingskap van Juda na Babilon, is daar voortdurende restorasie wat gedoen moet word.
JaHUsha het gesê dat daar 12 ure in die dag is. In die begin het Elohiem skeiding gemaak tussen Lig en Duisternis, tussen die Dag en die Nag, mag ons dit weer verenig as ons die lengte van ‘n dag wil bereken?
Vir die Volledige PDF, kliek hier.
Die maagdelike geboorte van die Messias was ‘n noodsaaklikheid weens die feit dat die sonde in die bloed is. Die Messias moes ’n “seun” van Adam wees maar terselfdertyd ook ‘n sondelose Man. JaHUaH het ‘n weg gevind waardeur JaHUsha as die Messias, gebore sou word uit ’n vrou (maar nie met behulp van ’n man nie) en so was Hy tog ‘n volmaakte mens wat nie in Adam se sonde gedeel het nie, aangesien Hy geen druppel bloed van Adam (d.w.s. ‘n mens) in Sy are gehad het nie.
‘n Fetus kry sy bloed wanneer die sperm van die vader ter sprake kom. Die moeder dra nie by tot die bloed of bloedgroep nie. Maria is deur die Afgesonderde Gees bevrug en nie deur ‘n aardse man nie.
In die volheid van tyd het Elohiem Sy eie Seun, wat uit ‘n vrou gebore is, die wêreld ingestuur om aan die einde van Sy lewe vir eens en vir altyd Sy kosbare bloed te stort. Daarna is daar geen offerande meer nodig nie. Die bloed van die offerdiere van die Ou Testament wat bederfbaar was, het tot niet gegaan en was spoedig weg, maar die bloed wat op Golgota gestort was, is afgesonder en onverganklik. Dis onbederfbaar en baie kosbaar. Petrus het gesê:
“Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer en goud, losgekoop is . . . nie, maar deur die kosbare bloed van Messias”. (1 Pet. 1:18, 19)
Lees die kort boekie vir meer inligting soos wat dit deur ‘n mediese dokter verduidelik word.
(Hierdie is wel ‘n vertaalde boekie van jare gelede deur dr. M.R. de Haan wat beide ‘n mediese dokter asook ‘n gelowige was, waar die regte titels van JaHUaH en JaHUsha nie in daardie tyd gebruik was nie, maar hier is wonderbare inligting hierin en ons is tog by magte om die regte titels wel in te lees volgens die kennis wat ons tot dusver gekry het.
Vir die Volledige PDF, kliek hier.
Die boek Rut het net vier hoofstukke, maar dit is skatryk aan betekenis. Mens dink aan die boek as ‘n liefdesverhaal, maar dit handel oor meer as net die liefde tussen twee mense. Dit is ‘n simboliese uitdrukking van JaHUaH se bonatuurlike liefde vir die mens.
Boas en Rut is histories en simbolies belangrike persone in JaHUaH se ontvouende plan van verlossing. Hulle verhaal is eenvoudig. Dit speel af in ‘n vredevolle tyd van die rigters, hoewel daar hongersnood was wat verby was teen die tyd dat Naomi teruggekeer het na Betlehem. Die sentrale tema is diè van ‘n weerlose weduwee sonder toekoms vir wie JaHUaH deur die skynbaar toevallige gebeure van elke dag tegemoet gekom het en ‘n rooskleurige toekoms geskep het. Opgesom is die verhaal as volg …
Naomi en Elimeleg en hulle twee seuns het tydelik na Moab verhuis as gevolg van ‘n vernietigende droogte in Betlehem. Nadat Naomi se man en beide haar seuns, Maglon en Giljon, daar in Moab afgesterf het, het Naomi as die enigste oorlewende uit haar gesin, besluit om terug te gaan na Betlehem. Haar een skoondogter, Rut, het gekies om saam met Naomi te gaan. Naomi het bitter en gestroop teruggekeer. Rut het ook alles wat sy geken het agtergelaat, veral die god van Moab en haar lot verder vol vertroue oorgelaat aan Naomi se Elohiem, sonder dat sy kon geweet het hoe dinge vir haar sou uitwerk. Vir haar was daar geen omdraai nie en dis toe daar in Betlehem waar Rut vir Boas ontmoet het wie met haar getrou het. Die boek eindig met ‘n weergawe van Rut en Boas se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders as bloedlyn vir die koningshuis van Israel wat met Dawid begin het. JaHUsha, ons Losser, is uit daardie geslagslyn gebore as die “Seun van Dawid”.
Die name in die boek van Rut is veelseggend.
Vir Volledige PDF, kliek hier.
Valentynsdag het ‘n heidense oorsprong, net soos wat Kersfees ook ‘n heidense oorsprong het. Dit is dus nie Bybels om hierdie fees te vier nie. Dit gaan ook nie regtig oor dit wat die wêreld daarvan maak nie. As mens sou weet wat diè dag werklik behels, sal ons dit nog wil vier?
En hoe verduidelik ons dit dan vir ons kinders as ons wel die lig gesien het?
Hier is ‘n eenvoudige kort video wat dit vir groot en klein kortliks opsom wat die heidense oorsprong van Valentynsdag behels.
Hierdie video is op die internet geplaas deur: Kinders-van-YHWH.
Ons gedenk jaarliks die uitsonderlike gelofte wat deur ‘n groep Afrikaanse Trekkers (sowel as ‘n Engelsman, ‘n klompie kleurlinge en swartes wat ook in die laer was) gemaak is aan die Almagtige Skepper van die hemel en aarde, onder die leiding van Andries Pretorius daar by Bloedrivier. Soos ‘n Israel van ouds het diè kernvolkie ‘n verbond met haar Maker gemaak.
Die Afrikaner het weens die omstandighede van daardie tyd vanuit Europa gekom om in “donker Afrika” ‘n lewe te kom maak. Met hulle geloof in die Almagtige God het hulle Sy lig hier laat begin skyn terwyl hulle ‘n spoor in die geskiedenis agtergelaat het. ‘n Spoor wat strek oor generasies heen volgens die omstandighede van elke tydperk.
Daardie spoor word deur Flip Buys, die hoof van Solidariteit, netjies saamgevat in ‘n nie-politiese dokument: “Die verhaal van die Afrikaners se verlede” soos gepubliseer deur Maroela Media. Dit dien vir ons en ons kinders as ‘n lig op die pad vorentoe.
Soos hyself sê:
Daar is vir my drie uitgangspunte as ons oor die verlede praat. Die eerste is om te verduidelik en nie om te verdedig nie. Die tweede gaan oor Samuel P. Huntington se stelling dat elke gemeenskap homself as die middelpunt van die wêreld sien en sy geskiedenis as die sentrale verhaal van die mensdom skryf. Daar is gevolglik nie net een “geskiedenis” nie, en ons kant van die verhaal moet ook gehoor word. Die derde uitgangspunt is dat ons die geskiedenis net kan verstaan as ons onsself in die skoene van die mense van daardie tyd plaas.
Konteks is kernbelangrik om die oorwegings wat destyds hulle besluite gerig het, te begryp.
Afrikaners leef in ’n tyd waar die skadu van die verlede steeds oor ons hang omdat ons ouers, grootouers en skoonouers apartheid ondersteun het, en ons vir die gevolge van daardie beleid verantwoordelik gehou word.
Daarom wil ek kortliks my eie familiegeskiedenis geslagmatig vanaf die Anglo-Boereoorlog gebruik om met ’n meer persoonlike inslag na ons ouers, grootouers en skoonouers se besluite te kyk, omdat dit terselfdertyd die geskiedenis van die meeste van ons se families is.
Vir die Volledige PDF, kliek hier.