SEUNS VAN BELIAL

Hofni en Pinehas, word “seuns van Belial” genoem.  Hulle het nie aan JaHUaH behoort nie.  Hulle het Hom nie “geken” nie en het in rebellie nie Sy torah gehou nie terwyl hulle as priesters in die Huis van JaHUaH gedien het. 

Hulle is vir ons tipes van die Torahlose van 2 Thess. 2 wat in die geestelike tempel sit wat as seun van die verderf geopenbaar sal word voor die wederkoms van JaHUsha.

So sal mens Torahloos wees as mens nie die Torah van Messias JaHUsha hou nie, maar wel die Torah van Moses probeer hou … wat die Eindtydse lokval van Satan is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE WURGGREEP VAN DUISTERNIS

In Hand. 16:9 – 40 kry ons ‘n skriftuurlike voorbeeld van hoe Duisternis die werk in die Koninkryk van Lig wil blokkeer deur ‘n persoon met ‘n namaaksel van die Afgesonderde Gees te stuur as ‘n strik en ‘n hindernis, terwyl diè persoon self ook ‘n slagoffer van Duisternis is.  Hoe Paulus die situasie onderskei en hanteer het, is vir ons geestelike riglyne t.o.v. ons roeping as Gestuurdes, maar ook t.o.v. die een wat ‘n slagoffer is en smag na vrymaking uit die mag van Duisternis.

Paulus-hulle was op pad om te gaan bid, word toe genooi na gelowige Lidia se huis, en dis toe dat hulle die slavin met die waarsêende gees teëkom.  Paulus het onderskei dat dit ‘n gees vanaf die Vyand is en het dit aangespreek om die slavin te verlaat.  Daarna het hulle as gevolg daarvan ‘n weerwraakaanval ondervind, maar het dit oorwin sonder om self in die vyand se mag te kom soos wat die bedoeling sekerlik was.

Na afloop van alles het hulle weer voortgegaan met hulle onderbreekte missie en na Lidia se huis toe gegaan om die koninkrykswerk voort te sit.

Ons ontleed stap-vir-stap wat diè gedeelte vir ons in die praktyk leer, beide in die rol van die gelowige as ‘n Gestuurde/Apostel en in die rol van die slavin as gebinde slagoffer.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

GEESTELIKE VERNUWING

deur Dr. Louis Kroon

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom. 12:2

In hierdie video verduidelik dr. Louis Kroon prakties vanuit die Woord hoe om geestelike vernuwing te verkry te midde van gevestigde patrone van gekontamineerde denke. In sy eie woorde sê hy:

“As gelowige glo ek dat die waarhede wat vir ons in die Skrif opgeskryf is, mense werklik vrymaak en hulle ook help om hulle volle potensiaal te ontwikkel.

Dr. Louis Kroon

DROME EN GESIGTE AS PADWYSERS

In Hand. 2 lees ons van die uitstorting van die Afgesonderde Gees toe die dissipels toegerus was met verskillende tale om die goeie nuus aangaande JaHUsha aan die mense daar teenwoordig te kon vertel in elkeen se eie taal.  Drome en gesigte is ook soos ‘n “taal” waardeur die Gees met mens kommunikeer en  Petrus het die profeet Joël aangehaal toe hy aan die mense wou verduidelik het wat gaande was.

Weens Hand. 2:16 – 18 het drome en gesigte ook op ons as Geestelike Israel betrekking. Deur drome kan ons dikwels instruksies vanaf JaHUaH kry.  Ons kan ook gewys word op ons foute of gewaarsku word wanneer ons op ‘n verkeerde pad is en wat die beste manier is om vorentoe te beweeg van daar af (Job 33:16).  ‘n Droom kan deur JaHUaH gebruik word om ‘n dieper indruk van Sy wil te maak, soos wanneer ‘n seël of iets dergeliks in was gedruk word om ‘n afdruk te maak (Job 33:16). 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE VYFTIGSTE DAG

Vyftig dae nàdat die Eerstelinggerf van gars gewuif is moes die Fees van weke gevier word deur o.a. twee gesuurde brode as Eerstevrugte te wuif in die tyd van die koringoes.  As die einde van die garsoes dus in sig is, dan is die oes van die koring die volgende fokus en daarvoor moet hulle 7 weke aftel (49 dae) en die dag nà die 49e dag word die Fees van Weke dan gevier as ‘n sabbat op die vyftigste dag. Ons kyk in hierdie studie wat die profetiese betekenis van die vyftigste dag is.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE EWIGE VERBOND SE SHAVUOT

In hierdie studie oor die Ewige Verbond gaan ons eers na Hebreërs in die Nuwe Testament, dan na Abraham in die Torah en dan na Daniël se sewetalle of “shavuot” wat soos ‘n brug tussen die twee funksioneer.

Abraham en Daniël 9 het iets belangriks in gemeen met betrekking tot JaHUsha as die Geslagte Lam wat soos ‘n Bersèba vir ons is. 

Ons moet in die Woord grawe om diè Put van lewende water te ontdek.    

Vir Volledige PDF, kliek hier.

‘N GROOT STEM SOOS VAN ‘N BASUIN

Die blaas van die laaste basuin hou o.a. verband met die eerste opstanding en is ‘n toekomstige tydperk waarna ons as Gelowiges uitsien, maar dis ‘n proses om daar te kan uitkom.  Om die groter prentjie in hierdie verband te kan verstaan moet ons gaan kyk hoe die sewe basuine van Openbaring geanker is in die Torah en wat Paulus vir ons dan op grond daarvan na vore gebring het en dit dan weer vergelyk met dit wat JaHUsha “geopenbaar” het aan Johannes daar op Patmos. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE TWEELING VAN DIE EINDTYD IN BARENSNOOD VIR EERSGEBOORTEREG

Daar is ‘n tweeledige magsstryd tussen Lig en Duisternis wat al hoe meer na die oppervlak kom wat pynlik is vir ons as die bewoners van hierdie wêreld.  Dit manifesteer soos geboortepyne soos wat ‘n tweeling in een skoot is en stoei oor watter een eerste gebore moet word. Daar was twee stelle tweelinge wat vir ons beduidend is, nl. diè van Rebekka en diè van Tamar. 

Hierdie 2 tweelinge in die Torah hou verband met die groter profetiese plan wat vir ons aandui hoedat daar ‘n oorgang vanaf ons huidige Era sal wees na die volgende Era, nl. ons “Ingang in die Beloofde Land” (Open. 21 – 22) wat die Koninkryk van Elohiem is. 

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE KOP-AAN-KOP BOTSING BY KARMEL

Ons onthou Karmel as die plek waar Elia deur middel van ‘n publieke kompetisie die volk laat verstaan het wie is die ware Elohiem,  wie is die ware Magtige van Israel.  Dit was ‘n botsing tussen die vals profete van Baäl en Ashera en die Een Ware Elohiem van Israel.

Dit gaan by Karmel oor die Denke van die gelowige, m.a.w. hoe mens iets insien of verstaan. Vir ons is die Karmelkonflik “tussen ons ore”.

Vir Volledige PDF, kliek hier