IS GEN. 15 SE GRONDGEBIED VIR EWIG

Gen. 15:18  Op dié dag het JaHUaH met Abram ‘n verbond gesluit en gesê:  Aan jou nageslag geeEk hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

Die evangelie in die Nuwe Testement rus op hierdie Verbond in Gen. 15 as ‘n fondasie en word dit dan ‘n “Ewige Verbond” genoem.  

Maar kom ons kyk na die woordjie ‘ewig’.  Dit is die Hebreeuse woord ‘olam’ en het nie altyd die betekenis van ‘n oneindigheid wat nooit ophou nie, maar dit  beteken heel partykeer ‘n langdurige tyd wat “buite sig” is, in ander woorde: ‘n onbepaalde lang tyd

Orals waar ‘Olam’ gebruik is, beteken dit dan nie noodwendig bloot ‘oneindigheid’ nie.    As iets wel oorgedra is vanuit die O.T. na die N.T., ja dan is dit wel ter sprake.  As dit nie oorgedra is nie, dan word daardie aspek in die N.T. egter geestelik vervul, soos hier met die geografiese gebied wat aan Abraham en sy nageslag belowe is.

In die Nuwe Testament sien ons dat die fokus  vanaf ‘n geografiese gebied verskuif het na …. ‘n Persoon, nl. JaHUsha Messias en Hy het die Hemelse koninkryk verkondig … nie die aardse nie.  Die Koninkryk van die Hemel is geestelik, net soos wat die “sterre van die hemel”-nageslag geestelik is.  Die dissipels het gesukkel om dit te verstaan.

Vir Volledig PDF, kliek hier.

LUISTER NA DIE STEM VAN DIE WOORDE VAN JAHUAH

1 Sam. 15:1 … luister dan nou na die stem van die woorde van JaHUaH. (1953 Afrikaanse Vertaling)

Hierdie vers is nie in alle vertalings so direk uit die oorspronklike Hebreeus vertaal nie. 

Baie vertalings laat een spesifieke woord uit, dan sê dit net ‘luister na die woorde van JaHUaH’ en dit sê nie spesifiek: ‘na die stem van die woorde’ nie, maar ‘die stem’-gedeeltekan nie sommer net uitgelaat word nie. 

Ons gaan dan so ‘n bietjie nader na ‘n paar spesifieke woorde moet kyk.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

BET-EL (Huis van El) – skematiese uitbeelding

Volgens Heb. 3:1 – 6 is daar ‘n onderskeid tussen die Huis van Moses en die Huis van die Seun.

Bet-El beteken ‘Huis van El’.   

In die meegaande skets word daar uitgebeeld hoedat die ‘Huis van El’ onderskeidelik eers die Huis van Moses was totdat die Huis van die Seun gemanifesteer het met die koms van JaHUsha Messias.  

Tog het dit in die Paradys begin en eindig dit weer in die Paradys volgens Open. 21 – 22.

Dit word stap vir stap uitgebeeld in ‘n skematiese uitbeelding van die Huis van Elohiem, saam met verduidelikende aantekeninge.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

TITELS VAN ONS VERLOSSER IN OPENBARING 1

In die eerste hoofstuk van Openbaring vind ons sewe van die titels waarmee JaHUsha beskryf word.  Elkeen van hulle leer ons iets aangaande Sy wese.  Kom ons kyk ‘n bietjie van naderby na die veelsydigheid van ons Verlosser. Hy word genoem:

  • Die Seun van die mens
  • Die Almagtige
  • JaHUaH Elohiem
  • Die Eerste en die Laaste
  • Die Owerste van die konings van die aarde
  • Hy wat was en wat kom
  • Die Ewig-Lewende

Vir Volledige PDF, kliek hier.

DIE NEIGING OM PAULUS EN HEBREËRS TE BEVRAAGTEKEN

Wanneer mense in aanraking kom met die leringe van die Hebreeuse wortels, is dit nie te lank nie voordat een of ander leermeester aan daardie kant hulle doelbewus of subtiel gaan probeer wegkry van die fundamentele boeke van Paulus asook Hebreërs ens. totdat mens naderhand aan die anderkant uitkom met so te sê geen Nuwe Testament nie. 

So word mens se geloof in JaHUsha as Messias boek vir boek stelselmatig weggekalwe.  Die rede daarvoor is dat die onderhouding van die wette van Moses (die Levietese wette) deur hulle groter gemaak word as JaHUsha en Sy gebooie, so sonder dat mens dit aanvanklik  regtig agterkom en hierdie boeke weerlê juis die lering van die Levities-georiënteerde Hebreeuse wortels baie uitdruklik. 

Vir die Volledige PDF, kliek hier:

DIE BOEK VAN MELEÁGI: AGTERGROND EN PROFESIE

Die skrywer is onbekend.  Die naam beteken:  ‘My Boodskapper’.

Die boek is ‘n dialoog tussen JaHUaH en Israel.  Dis ‘n ernstige vermaning om terug te keer na die Verbond.  Dis ook ‘n belofte van die Messias wat sal kom, asook van die Voorloper van Messias nl. Johannes die Doper.

Dis ook ‘n belangrike laaste Ou Testamentiese profesie oor 70 n.C. se verbranding van Jerusalem en die Tempel as die einde van fisiese Israel.

Vir Volledige PDF, kliek hier.

 

DIE MELGISÈDEKORDE TEENOOR DIE LEVITIESE PRIESTERLIKE ORDE

Wat ons moet verstaan is dat die Levitiese priesterskap nà die koms van JaHUsha Messias opgevolg is deur die Melgisèdekpriesterskap wat onderbreek was toe die volk die Goue Kalf aanbid het.

Die Tien Gebooie was aanvanklik die enigste Verbond met die Volk wat JaHUaH “My” Verbond genoem het.  Hierdie ‘Boek van die Verbond’ is toe binne-in die Verbondsark geplaas.

Toe Israel hierna hierdie Verbond verbreek het deur die Goue Kalf te aanbid, is ‘n Wetboek, nl. die Levitiese Wet, BYGEVOEG.. 

Hierdie Bygevoegde Wetboek is aan die kant van die Verbondsark geplaas, want dit sou tydelik wees, omdat JaHUsha sou kom om vir eens en vir altyd vir hierdie oortredinge te betaal waarop Hy toe daardie Wetboek vervul het, en die Melgisèdekorde waarin JaHUsha as die Koning en Priester opereer het toe hervat, gepaardgaande met Messias JaHUsha se Torah wat die Tien Gebooie is, SONDER die Bygevoegde wet, soos wat Hy dit Matt. 5 mooi verduidelik het.

Die Skrif bevestig al hierdie gebeure haarfyn.

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

KOMPAKTE GESKIEDENIS VAN DIE KALENDER

Om georganiseerd te kan lewe het ons ‘n kalender nodig.  Die woord ‘kalender’ behels die kunsmatige indeling van tyd in kleiner en groter eenhede, soos dit gegrond is op die hemelliggame wat Elohiem daargestel het vir diè doel. 

In die Woord is die Israeliete se feestye dan ook gekoppel aan die saai en oes van hulle graan en vrugte, waarop die volk dan bymekaar moes kom om JaHUaH as hulle Elohiem te eer, maar heidense nasies het hulle afgode vereer.

Weens hierdie afhanklikheid van gesaaides vir hulle voortbestaan het heidense nasies hulle waarnemings van wat in die ruimte aangaan gebruik om hulle afgode mee te aanbid wat hulle dan vanselfsprekend gekoppel het aan die son, maan en sterre.  Offerandes is gebring, waaronder ook mense as offers.  Daarom het JaHUaH Israel uitdruklik beveel om nie die hemelliggame te aanbid nie.

Die sterrekundiges van die verskillende bevolkings het hierdie kalenders beraam.   Die bewegings van die son, die maan en die sterre was hulle natuurlike riglyne.  Aanvanklik het die maan met sy baie opvallende veranderings gesorg vir maankalenders.  Die meeste eertydse kalenders was dus maankalenders (bv. Indië, die Midde-Ooste, later ook Griekeland en Rome), maar Egipte het weer ‘n sonkalender gehad wat gepaard gegaan het met die Nyl se vloede wat broodnodig was vir wanneer die plantseisoen vir hulle sou kon begin.

Vir die Volledige PDF, kliek hier.

VALENTYNSDAG

Valentynsdag is in wese heidens. Dit kan op geen manier op DEUR Gelowiges in JaHUsha gevier word nie en word selfs deur ander godsdienste verbied. In Indië word ’n Hindoe wat Valentynsdag vier, vervolg. So ook Moslems in Saoedi-Arabië.

Die handelswêreld het Valentynsdag so beset, dat niks wat ’n mens ook al mag sê, dinge sal verander nie.   Nie eens Bybelse aanhalings nie.   Daar word soveel geld uit Valentynsdag gemaak, dat kritiek as geestelike oorgevoeligheid afgemaak word.

Dis te verstane dat dit vandag, veral in die tydsgewrig waarin ons verkeer, belangrik is om aan verhoudings te werk, veral getroudes.   Dis belangrik dat ons vir mekaar tyd moet maak, maar ons kan op ’n spesiale dag besluit waarop ons ons geliefdes wil bederf sonder om Valentynsdag of die simboliek van die ou Babiloniese afgodery daarvoor te gebruik.

Vir Volledige PDF, kliek hier.