Gen. 15:18 Op dié dag het JaHUaH met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag geeEk hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
Die evangelie in die Nuwe Testement rus op hierdie Verbond in Gen. 15 as ‘n fondasie en word dit dan ‘n “Ewige Verbond” genoem.
Maar kom ons kyk na die woordjie ‘ewig’. Dit is die Hebreeuse woord ‘olam’ en het nie altyd die betekenis van ‘n oneindigheid wat nooit ophou nie, maar dit beteken heel partykeer ‘n langdurige tyd wat “buite sig” is, in ander woorde: ‘n onbepaalde lang tyd.
Orals waar ‘Olam’ gebruik is, beteken dit dan nie noodwendig bloot ‘oneindigheid’ nie. As iets wel oorgedra is vanuit die O.T. na die N.T., ja dan is dit wel ter sprake. As dit nie oorgedra is nie, dan word daardie aspek in die N.T. egter geestelik vervul, soos hier met die geografiese gebied wat aan Abraham en sy nageslag belowe is.
In die Nuwe Testament sien ons dat die fokus vanaf ‘n geografiese gebied verskuif het na …. ‘n Persoon, nl. JaHUsha Messias en Hy het die Hemelse koninkryk verkondig … nie die aardse nie. Die Koninkryk van die Hemel is geestelik, net soos wat die “sterre van die hemel”-nageslag geestelik is. Die dissipels het gesukkel om dit te verstaan.
Vir Volledig PDF, kliek hier.
