Wanneer mense in aanraking kom met die leringe van die Hebreeuse wortels, is dit nie te lank nie voordat een of ander leermeester aan daardie kant hulle doelbewus of subtiel gaan probeer wegkry van die fundamentele boeke van Paulus asook Hebreërs ens. totdat mens naderhand aan die anderkant uitkom met so te sê geen Nuwe Testament nie.
So word mens se geloof in JaHUsha as Messias boek vir boek stelselmatig weggekalwe. Die rede daarvoor is dat die onderhouding van die wette van Moses (die Levietese wette) deur hulle groter gemaak word as JaHUsha en Sy gebooie, so sonder dat mens dit aanvanklik regtig agterkom en hierdie boeke weerlê juis die lering van die Levities-georiënteerde Hebreeuse wortels baie uitdruklik.
Vir die Volledige PDF, kliek hier:
