Die konflik in die Midde-Ooste kan veel verder terug gevoer word as 1948 met die totstandkoming van die staat Israel, al hou die konflikte oor die eeue nie noodwendig met mekaar verband nie.
Professor Lodewyk Sutton is hoof van die Departement Ou en Nuwe Testament by die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy spesialiseer ook in antieke tale en kulture, het argeologiese werk in Israel gedoen en lei gereeld toere na Egipte en Israel. Hy praat oor konflik in die Midde-Ooste oor die eeue.
RSG het in vier baie kort, maar sinvolle onderhoude met prof. Lodewyk in gesprek getree oor hierdie onderwerp. Volg dit in die potgooie direk hierna.
